Ek het ‘n snotneus……en wat my Ouma sou genoem het, ‘n daggahoesie.
Ek het ook ‘n klomp werk op my lessenaar, wat weens die snotneus, en daggahoesie langer as gewoonlik vat om te voltooi. Miskien is ek net nie lus nie. Die jury is nog uit op die een.
Sport gewys was die naweek ‘n in-die-hek-duik ramp…eers die Bulle, en toe die Bokke….en toe Bafana, wat eers gedink het hulle het nie in die hek geduik nie, maar toe wel eintlik gedoen het…..
Maar dit is genoeg depressiewe gedagtes………
As jy bietjie tyd op jou hande het, hier is ‘n oulike projekkie.
Lekker speel.
Onlangse ondersteuners: