Archive | 7:21 vm

Rigting

14 Oct

Dit voel of ek nie kan rigting kry nie, en geen padkaart of GPS gaan hiermee kan help nie. Miskien is ek net ‘n bietjie moeg, einde-van-die-jaar-griep, of so iets. Feit is, ek is net nie lus nie.

En om dit te kroon is daar elke week ten minste een storie in die nuus wat my baie ontstel. Hierdie week is dit Louise de Waal se ontvoering, verkragting en moord. Die poephol het homself oorgegee, maar dit maak geen verskil aan die feit dat hy moer siek in die kop moet wees nie, veral as jy in ag neem dat hy ‘n heel normale voorstedelike bestaan saam met sy vrou en 6 jarige dogtertjie gevoer het. Dan is daar ook nog die kans dat hy met nog ten minste 10 ander sake verbind kan word.

En dan nog “to ad insult to injury”….TROMPETGESKAL…is hierdie arsehole ‘n veroordeelde seksmisdadiger. In 2007 is hy skuldig bevind daaraan dat hy 3 minderjarige dogters onsedelik aangerand het by ‘n bushalte. Maar hy het weggekom met ‘n opgeskorte vonnis en ‘n bietjie gemeenskapsdiens. Die feit dat die polisie dadelik geweet het waar om hom te gaan soek Woensdag, bevestig aan my dat hy moontlik al klaar in hulle visier was.

In my opinie, het die hof en polisie vir Louise de Waal gefaal. Hulle het haar familie gefaal. Hulle het die ten minste 10 ander verkragte jong dames wat moontlik met hom verbind word gefaal. Hulle het die gemeenskap waar hy gebly het tussen ander mense met jong kinders gefaal.

MAJOR FAIL!

PS Jy kan bly wees ek het nie The Citizen in my hande nie, wat blykbaar is jou naampie daarin…en ek sou nie skroom om dit hier te post nie. Ek hoop jy maak goeie vriende met BUBBA in die tjoekie – onthou om die vaseline in te pak.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers