Applous….Parkeraad

18 Oct

Staande applous vir Johannesurg City Parks.

Ek het Saterdag op die ingewing van die oomblik besluit om by die Johannesburg Botaniese Tuin in Emmarentia te stop. Ek onthou van ‘n paar jaar terug dat daar ‘n enorme roostuin is, en Oktober is mos maar net die mooiste, mooiste maand sovêr dit rose aangaan.

Mens weet mos maar nooit wat om te verwag nie, veral aangesien daar nie ‘n ingangsfooi is nie. Met die inloopslap was ek heuglik verras. Die tuine is in ‘n perfekte toestand. Daar is groot stukke grasgroen gras tussen die groot bome. Die fonteine in die roostuin (waar daar blykbaar 10,000 roosbome is), is almal in werkende toestand. Daar is nie ‘n stukkie papier of leë blikkie wat rondlê nie.

En die rose is in volle blom!

Daar was oral ouers en kinders op fietse. Families wat stap met babas in stootwaentjies. Kinders op hulle scooters. Daar was oral groepies op piekniekkomberse en kampstoele in die groot groen bome se skadu. Dit is mos nou somer!

Ongelukkig het ek nie die kamera se batterye nagegaan voor ons by die huis weg is nie….maar dis mos dan net ‘n goeie verskoning om terug te gaan.

Somer is mos vir buite wees, en wat ‘n genot as daar so ‘n oase in die middel van Jozi is, om die buitelug in te kan geniet!

PS. Ek kon darem ‘n foto of drie van die prinsessies neem voor die batterye gedooi het….

Tags: , ,

9 Responses to “Applous….Parkeraad”

  1. NetJane Oktober 18, 2011 at 8:51 vm #

    Ag cute! Jou gesin is pragtig. Ek ry omtrent elke dag by die tuine verby, maar was in jare nie daar nie. Ook nog nooit by die roostuin nie. Nou weet ek wat ons hierdie naweek doen.

    • demoerin Oktober 18, 2011 at 2:21 nm #

      Definitief ‘n weeklikse besoek werd. Somer is bedoel vir buite wees, en nie voor die TV of in shopping centres nie.

  2. boerinballingskap Oktober 18, 2011 at 10:47 vm #

    It’s good to give credit where and when credit’s due.

    • demoerin Oktober 18, 2011 at 2:22 nm #

      Yip, mens moet erkenning gee waar dit toekom.

  3. Son Oktober 18, 2011 at 2:10 nm #

    Ooooo, daai poppie in pienk lyk nes soos haar pa! :-) Pragtige kinders!

    • demoerin Oktober 18, 2011 at 2:22 nm #

      …en is sy lief vir haar sussie!

  4. Xena Phoenix Oktober 19, 2011 at 8:29 vm #

    Kyk net hoe frons Lisa. En ousus lyk so trots. Ek is nou sommer nuuskierig en baie lus om ook ‘n plan te maak.

  5. toortsie Oktober 25, 2011 at 3:45 nm #

    Ja, die prinsesee is pragtig! En regtig, waar ek ook al in die land met Parkeraad te doen kry, is dit ook elke keer ‘n aangename ervaring.

  6. examentraining noord-holland Oktober 28, 2011 at 12:43 nm #

    Leuke taal dat zuid afrikaans alleen ik snap nog niet alles?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers