Josh Groban kom Suid-Afrika toe, en alhoewel ek nie so ver sal ry om na hom te gaan luister nie, glo ek wel dat hierdie jongman verantwoordelik is vir een van die mees inspirerende songs van alle tye…. You Raise Me Up. Daar is bitter min beter medisyne vir ‘n swaar gemoed. Dit is ‘n eenvoudige song, met min woorde, met eenvoudige woorde, maar woorde wat tref. When I am down…..
Daar is baie mense in ons lewens, wat baie vir ons beteken. Elke dag. Wanneer laas het jy dankie gesê?
Op ‘n ligter noot….die mense verantwoordelik vir Josh se webwerf moet dalk uitvind waar Sun City is….vroeër die week was die Google map ‘n informele nedersetting in die Oos-Kaap, ek sien vandag is ons in Amerika….
Tags: Josh Groban, Sun City, you raise me up
Baie nice liedjie.
Josh Groban is nice, in klein dosisse.
Sy publisiteitsmense dink seker ‘n mens kan van enige plek in SA na Sun City loop. Binne ‘n uur of twee.
Met leeus in die strate!?
TSK, Tannie Gypsie. Jy gaan hulle koppies natuurlik krap.
Josh Groban is lakka i like his music its nice and chilled i would go to his concert if i had the money.
Mal oor hom, en dis ‘n baie nice song!
Ek hou van Josh – in enige dosis!
Dit bly darem pragtige musiek!
Daar is musiek wat mooi ie, en lekker om na te luister – bv. The Killers. Maar dan is daar musiek wat net heeltemal in ‘n ander klas is – Gaan luister bv. na Andrea Bocelli (enige van die duette, selfs saam met Celine en ek like haar boggerol) se The Prayer.