Desmond se Oumagrootjie, by name Amelia, was ‘n vrou van formaat. ‘n Matriarg wat geen nonsens van haar man of kinders gevat het nie. Desmond beskryf haar as ‘n “tough old cookie”. Sy is gebore Amelia Adkins op 23 Maart 1865 op King Williams Town in die Oos-Kaap. Amelia is later getroud met Herbert Saddleton Ball, ‘n superintendent op die spoorweë, en met sy aftrede het hul Vishoek toe getrek, waar Amelia besluit het om in haar Ma, Sarah, se voetspore te volg, en Atkins Chutney op tuisnywerheid skaal te vervaardig….maar soos dit ‘n vrou van haar statuur betaam, sal dit Mrs. H.S Balls Chutney heet…. ‘n legende is gebore. Nes Ouma Greyvenstein, was daar regtig ‘n Mrs. H.S. Ball.
Amelia was ‘n bemarker van formaat en die seshoekige bottel waarin Mrs H.S. Balls Blatjang vandag nog verkoop word was haar idee, so ook die mitologiese pegasus figuur op die etiket, wat afkomstig is van die Adkins familiewapen. In 1962, op ouderdom 97, is Amelia egter in haar huis in Vishoek aangeval en is sy twee weke later oorlede. Drie van die oorlewende seuns, waarvan een Desmond se Oupa was, het voortgegaan met die bltjang bedryf, maar hulle was self al sieklik en bejaard, en het die onderneming in 1969 aan Brooke Bond Oxo verkoop, wat op hul beurt weer die handelsmerk aan Unilever verkoop het.
Ongelukkig het nie een van die Adkins of Ball familielede enigsins rykdom verwerf met die Mrs H.S Balls Chutney nalatenskap nie.
Desmond het wel ‘n kosbare besitting. Op ‘n stuk vergeelde papier, in Ouma Amelia se hanskrif het hy nog die oorspronklike oorerfde resep, net-net leesbaar. Agterop staan daar “Property of Mrs. H.S. Ball”.
Die Kapenaars het ‘n veel groter volkskat op hul drumpels, as wat Tafelberg ooit kan droom om te wees. Desmond bly nog in Vishoek, en het ‘n aantal jare gelede besluit om die familie blatjang tradisie voort te sit, en jy kan oor naweke die oorspronklike resep blatjang, sonder al die preserveermiddels, bemark onder die naam Amelia’s Chutney, by die Porter Estate Produce market in Tokai en die Triangle Market in Vishoek koop.
Tags: Amelia's, Blatjang, Chutney, Mrs H.S. Ball's

Ek wonder of dit regtig lekkerder gaan proe?
Ek dink dalk so…gewoonlik is enigiets sonder preserveermiddels lekkerder.
Fnok…ek dog dit gaan oor die biskop se oumagrootjie!
Ek sou graag daai chutney wil proe…jammer die Kaap is so veeeer van my af….
Btw, het jy nog nie oor Elizabeth Molteno iets geskryf nie?
Ek sal eers nog bietjie navorsing oor haar moet doen. Dit is die menseregte tannie? Ghandi se maatjie?
Is nou waarlik interessant! Verlang ek darem nou na lekker blatjang!
Dankie vir hierdie inligting – dit was nou regtig lekker om te lees. Ek gaan ‘n punt maak om van die chutney te gaan koop in Vishoek. Vlam – ek kan altyd vir jou ‘n bottel pos
Dankie! Please!
Sonnie, as jy gaan koop, stuur sommer vir ons ander binnelanders elkeen ook ‘n botteltjie asseblief!
Miskien kan Son begin “uitvoer” na die binneland toe.
Mmm – gee jy my nou planne