Archive | November, 2011

WEW…28.11.2011

28 Nov

Ek wonder….wonder…wonder…

I

Ons almal ken die belaglike omstandighede rakende Daryl Peense wat skuldig bevind is op die klag dat hy die President aangerand het by perdewedren deur ‘n bietjie whiskey naby hom te mors. Ek skud nogsteeds my kop in ongeloof, maar genoeg van dit.

Daryl was die geleendheid gegun om ‘n R2,000 skulderkenningsboete te betaal. Hy het egter voet by stuk gehou dat hy onskuldig is. Vir die beskerming van sy eer, en wat hy glo reg is, het hy die saak beveg. Hy word Woensdag gevonnis. Sy regskoste is al oor R100,000.

Ek wonder of ek die R2,000 sou betaal het? Ek wonder of ek dan met my gewete sou kon saamleef? Ek wonder wat sou die beste voorbeeld vir jou kinders wees; Betaal die boete van R2,000 en alles verdwyn, of, staan by jou beginsels en beskerm jou eer, en jy staan ‘n bitter goeie kans vir finansiële ondergang?

II

Ek betaal my petrol wat ‘n stukkie belasting insluit. Ek betaal elke jaar my motorlisensie. Ek betaal my belasting. Gedeelted daarvan moet gaan vir die instandhouding van ons paaie. Toe gaan SANRAL en besluit namens my dat ek graag ekstra geld sal wil betaal, deur middel van tolgelde op die Gauteng hoofweë.

COSATU staan voet-by-stuk saam met die Gautengse padverbruikers. Die grootste persentasie bestuurders kan skaars kop bo water hou. Waar moet hulle nou ekstra tolgelde vandaan kry?

COSATU stel voor dat almal aanhou om die hoofweë te gebruik, maar sonder om die elektroniese skyfies vir betaling aan te skaf, of om enige rekening te betaa wat in die pos arriveer. Siviele Massa Aksie.

Ek wonder waar die punt is waar jy ophou om die voorbeeldige burger te wees, en die staan by ‘n standpunt veroorsaak dat jy ‘n wet gaan oortree?

 

Maandag was dalk blou…

22 Nov

….maar Dinsdag, 22 November, is swart…pikswart

Ek het ‘n reg om te weet.

Geskei

16 Nov

My liggaam sit hier agter my lessenaar.

My gees sit nog hier……

Ek voel soos ‘n geskeide eier.

WEW…08.11.2011

8 Nov

Ek wonder wanneer gaan daar iets gedoen word om hierdie roekelose bestuurders, in diens van die staat, kort te vat.

Dit is depressing. Daardie seun, as hy oorleef, gaan heel moontlik nooit ‘n normale lewe kan lei nie. So absoluut onnodig.

Jou status as bloulig-brigade bestuurder, en daardie flippen blou lig op die kar, gee jou nie die reg om ander padgebruikers se lewens in gevaar te stel nie. Daardie blou lig gee jou nie carte blanche op die paaie nie. Die politici moet hulle vet gatte vroeër uit die bed uitkry, sodat hulle vroeg genoeg kan ry. Daarmee kan hulle ‘n voorbeeld stel deur hulle bestuurders aan te moedig om in die normale verkeersvloei te bestuur.

STEL DIE VOORBEELD, OF IS DIT TE VEEL GEVRA?

(PS, ek vat ‘n mini-break, vir ‘n troue in die berge…..sien julle volgende week)

 

Musikale Spele

3 Nov

In die laat 70′s het ‘n taamlik onbekende Suid-Afrikaanse girl-group ‘n song opgeneem wat Willie Nelson vir The Righteous Brothers geskryf het. Hulle het internasionale roem verwerf met hulle opname, en die song was nommer 1 op verskeie internasionale trefferperades. Die band se naam was Clout, en die song – niks anders natuurlik as Substitute nie!

VS

Bietjie meer as 30 jaar later het Arno Carstens ‘n industriële alternatiewe elektronies groep (so iets) op die been gebring met die naam – Bhelltower. Hy het besluit om Substitute op te neem; met so ekstra knippie sout en chilli vir oemf natuurlik. Interessant is dat hy vir Cindy Alter, die oorspronklike Clout sanger, uitgenooi het om aan die projek deel te neem. Die eindproduk klink snaaks in vergelyking met die oorspronklike Clout weergawe, maar tog hou ek daarvan.

MERKE…GEREED…LUISTER…STEM!!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers