Archive | 7:47 vm

Wat is JOU nommer?

1 Nov

Die VN het gister simbolies persoon nommer 7 miljard op ons aardbolletjie gevier. ‘n Skrikwekkende getal. Stel jou voor 78,000 volgepakte FNB/Soccercity Stadions. Toe wonder ek nou wat is my nommer, en in my soeke kom ek toe af op hierdie oulike webwerf van die VN, 7billionandme. Klik op “Get Started”.

Volgens die berekeninge is ek ongeveer nommer 4,044,253,744 van die huidige 7 miljard wêreldpopulasie. Ek is nommer 78,388,974,429 van die begin van geskiedenis af. Sedert my geboorte het die populasie van Suid-Afrika verdubbel. Sedert my geboorte het ongeveer 820,824 spesies uitgesterf.

Syfers kan pret wees. Syfers kan skrikwekkend wees.

Ek dink 78,388,974,429 sal nogal cool lyk op ‘n T-hemp.

 

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers