Musikale Spele

3 Nov

In die laat 70′s het ‘n taamlik onbekende Suid-Afrikaanse girl-group ‘n song opgeneem wat Willie Nelson vir The Righteous Brothers geskryf het. Hulle het internasionale roem verwerf met hulle opname, en die song was nommer 1 op verskeie internasionale trefferperades. Die band se naam was Clout, en die song – niks anders natuurlik as Substitute nie!

VS

Bietjie meer as 30 jaar later het Arno Carstens ‘n industriële alternatiewe elektronies groep (so iets) op die been gebring met die naam – Bhelltower. Hy het besluit om Substitute op te neem; met so ekstra knippie sout en chilli vir oemf natuurlik. Interessant is dat hy vir Cindy Alter, die oorspronklike Clout sanger, uitgenooi het om aan die projek deel te neem. Die eindproduk klink snaaks in vergelyking met die oorspronklike Clout weergawe, maar tog hou ek daarvan.

MERKE…GEREED…LUISTER…STEM!!

2 Responses to “Musikale Spele”

  1. boerinballingskap November 3, 2011 at 2:00 nm #

    Ek is seker maar ‘n ou tradisionalis, maar ek hou baie meer van die oorspronklike.

  2. Xena Phoenix November 3, 2011 at 4:16 nm #

    Ek verkies ook Clout se weergawe. Die ander een klink (vir my in elk geval) half onheilspellend.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers