Ek wonder wanneer gaan daar iets gedoen word om hierdie roekelose bestuurders, in diens van die staat, kort te vat.
Dit is depressing. Daardie seun, as hy oorleef, gaan heel moontlik nooit ‘n normale lewe kan lei nie. So absoluut onnodig.
Jou status as bloulig-brigade bestuurder, en daardie flippen blou lig op die kar, gee jou nie die reg om ander padgebruikers se lewens in gevaar te stel nie. Daardie blou lig gee jou nie carte blanche op die paaie nie. Die politici moet hulle vet gatte vroeër uit die bed uitkry, sodat hulle vroeg genoeg kan ry. Daarmee kan hulle ‘n voorbeeld stel deur hulle bestuurders aan te moedig om in die normale verkeersvloei te bestuur.
STEL DIE VOORBEELD, OF IS DIT TE VEEL GEVRA?
(PS, ek vat ‘n mini-break, vir ‘n troue in die berge…..sien julle volgende week)
JOu eie troue?
Ek dink die blouligbende moet meer gereeld tot orde geroep word. Hulle voel ‘n veer en dink hulle is onaantasbaar. Dalk moet politici sommer self van die Gautrein gebruik maak.
Jong, ek is sommer die week befok vir roekelose bestuurders – het ‘n VET brief vir die Burger gestuur, toe stuur hulle dit terug en sê dis baie interessant, maar ek moet dit korter maak, want dis 700 woorde en hulle soek net 250 – Nou hoe del hel verminder mens jou woede na 250 woorde toe?!