Ek wonder….wonder…wonder…
I
Ons almal ken die belaglike omstandighede rakende Daryl Peense wat skuldig bevind is op die klag dat hy die President aangerand het by perdewedren deur ‘n bietjie whiskey naby hom te mors. Ek skud nogsteeds my kop in ongeloof, maar genoeg van dit.
Daryl was die geleendheid gegun om ‘n R2,000 skulderkenningsboete te betaal. Hy het egter voet by stuk gehou dat hy onskuldig is. Vir die beskerming van sy eer, en wat hy glo reg is, het hy die saak beveg. Hy word Woensdag gevonnis. Sy regskoste is al oor R100,000.
Ek wonder of ek die R2,000 sou betaal het? Ek wonder of ek dan met my gewete sou kon saamleef? Ek wonder wat sou die beste voorbeeld vir jou kinders wees; Betaal die boete van R2,000 en alles verdwyn, of, staan by jou beginsels en beskerm jou eer, en jy staan ‘n bitter goeie kans vir finansiële ondergang?
II
Ek betaal my petrol wat ‘n stukkie belasting insluit. Ek betaal elke jaar my motorlisensie. Ek betaal my belasting. Gedeelted daarvan moet gaan vir die instandhouding van ons paaie. Toe gaan SANRAL en besluit namens my dat ek graag ekstra geld sal wil betaal, deur middel van tolgelde op die Gauteng hoofweë.
COSATU staan voet-by-stuk saam met die Gautengse padverbruikers. Die grootste persentasie bestuurders kan skaars kop bo water hou. Waar moet hulle nou ekstra tolgelde vandaan kry?
COSATU stel voor dat almal aanhou om die hoofweë te gebruik, maar sonder om die elektroniese skyfies vir betaling aan te skaf, of om enige rekening te betaa wat in die pos arriveer. Siviele Massa Aksie.
Ek wonder waar die punt is waar jy ophou om die voorbeeldige burger te wees, en die staan by ‘n standpunt veroorsaak dat jy ‘n wet gaan oortree?
Onlangse ondersteuners: