WEW…28.11.2011

28 Nov

Ek wonder….wonder…wonder…

I

Ons almal ken die belaglike omstandighede rakende Daryl Peense wat skuldig bevind is op die klag dat hy die President aangerand het by perdewedren deur ‘n bietjie whiskey naby hom te mors. Ek skud nogsteeds my kop in ongeloof, maar genoeg van dit.

Daryl was die geleendheid gegun om ‘n R2,000 skulderkenningsboete te betaal. Hy het egter voet by stuk gehou dat hy onskuldig is. Vir die beskerming van sy eer, en wat hy glo reg is, het hy die saak beveg. Hy word Woensdag gevonnis. Sy regskoste is al oor R100,000.

Ek wonder of ek die R2,000 sou betaal het? Ek wonder of ek dan met my gewete sou kon saamleef? Ek wonder wat sou die beste voorbeeld vir jou kinders wees; Betaal die boete van R2,000 en alles verdwyn, of, staan by jou beginsels en beskerm jou eer, en jy staan ‘n bitter goeie kans vir finansiële ondergang?

II

Ek betaal my petrol wat ‘n stukkie belasting insluit. Ek betaal elke jaar my motorlisensie. Ek betaal my belasting. Gedeelted daarvan moet gaan vir die instandhouding van ons paaie. Toe gaan SANRAL en besluit namens my dat ek graag ekstra geld sal wil betaal, deur middel van tolgelde op die Gauteng hoofweë.

COSATU staan voet-by-stuk saam met die Gautengse padverbruikers. Die grootste persentasie bestuurders kan skaars kop bo water hou. Waar moet hulle nou ekstra tolgelde vandaan kry?

COSATU stel voor dat almal aanhou om die hoofweë te gebruik, maar sonder om die elektroniese skyfies vir betaling aan te skaf, of om enige rekening te betaa wat in die pos arriveer. Siviele Massa Aksie.

Ek wonder waar die punt is waar jy ophou om die voorbeeldige burger te wees, en die staan by ‘n standpunt veroorsaak dat jy ‘n wet gaan oortree?

 

8 Responses to “WEW…28.11.2011”

  1. Bileam se Donkie November 28, 2011 at 1:38 nm #

    Die tolhekke en die 22e se lawwe beskerming van inligtingswet laat my wonder waar ons toi toi klasse kan kry- dis weer tyd vir ‘n nuwe struggle…

  2. Xena Phoenix November 28, 2011 at 4:09 nm #

    Vroeër van jaar het ‘n student los gekom nadat hy Zuma ‘n vinger gegooi het. Is ‘n glas drank soveel erger?

    Natuurlik is daar die mors van drank om in berekening te bring. Dit IS onvergeeflik.

  3. Toortsie December 6, 2011 at 10:49 vm #

    Ja, soms kan mens net jou kop in ongeloof skud, en skud en skud skud skudskudskudskud… tot ek heeltemal mal in my kop is!!

  4. Skryfblok December 7, 2011 at 8:24 vm #

    “Dissent is the highest form of patriotism” — attributed to George Washington.

  5. Son December 7, 2011 at 3:45 nm #

    Hoe kan ‘n wet ‘n wet word / wees as almal net doodeenvoudig besluit dis ongeldig? Ons (wit) mense sit nie genoeg vertroue in massa-aksie nie. Ons moet REGTIG meer saamstaan. Ag fok tog, ek mors my asem

  6. Louwie December 10, 2011 at 6:00 nm #

    Xena, ha-ha dit is snaaks. Die mors van drank is onvergeeflik. Briljant. Wat soek ons Prez in elk geval by `n perdewedren terwyl die land brand? Miskien nog `n bruid daar waar die meisies so pronk in hulle vreemde gewade? Daar is strorte by so `n renbaan, is daar?

Trackbacks/Pingbacks

  1. Sewe Skandes, Sondes of Sommernet « Kouevuur - December 6, 2011

    [...] De-Lief-In [...]

  2. Sewe skandes… | Toortsie en Kameel - December 6, 2011

    [...] Seegogga; Chess; Demoerin; Jan Twak; Jagter (hoog tyd dat jy ‘n slag weer skryf!!); Klippie; Olga; Roer; Maankind; [...]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers