Kerstyd….elke dag

23 Dec

Christene vier op 25 Desember die geboorte van Jesus. Die twee weke rondom Kersfees skep gewoonlik ‘n gemoed van vrede, liefde en welwillendheid….ons kan darem sê vir ten minste twee weke in die jaar, want die ander 50 weke laat gewoonlik veel na wense oor.

As jy nou mooi daaraan dink is dit nie moeilik om hierdie feestydgevoel oor te dra aan die res van die jaar nie. My Cristenskap vereis van my twee dinge : Liefde vir my God, en dan naasteliefde. In naasteliefde is daar so baie in opgesluit. Ek glo my naaste is elke liewe persoon wat ek op ‘n daaglikse basis in kontak mee kom. Sekere van hulle bekend, soos jou gesin wat jy elke dag sien – andere onbekend, soos ‘n verkoopspersoon wat ek net vandag gaan sien, en dalk nooit weer nie.

Naasteliefde vereis nie dat ek hand aan hand met die verkoopspersoon of ‘n vervreemde niggie deur die strate moet huppel nie. Dit vereis dalk net van my bietjie respek en verdraagsaamheid….met ‘n tikkie selfbeheersing in sekere gevalle.

Daar is talle maniere om die onbekende naastes elke dag “lief te hê”. ‘n Glimlag en vriendelike woordjie vir die kassier agter die toonbank wat al vir 8 ure op haar voete staan en tilslaan; Glimlag en met belangstelling uitvra na die skoonmaker op kantoor se kinders; Glimlag en drukkie van die Oom, wat alleen sonder besoekers in die hospitaalbed langs jou lê, se hand; Glimlag en surprise die ou met die brood en melk agter jou in die ry, en betaal dit vir hom – gooi sommer ‘n chocolate by van die rak af; Glimlag en sluk jou lelike woorde as jy iets leliks aan iemand wil terugsê – dit sal hulle uitboul.

Die aantal maniere om op eenvoudige maniere lief te wees vir jou naaste is eindeloos. Jy het nie ‘n oorvol bankrekening nodig nie. Jy hoef nie Moeder Teresa te wees nie. Gee gaan nie altyd om geld nie; Gee kan ook bietjie van jouself wees.

Ek wil almal uitdaag om hierdie wonderlike gevoel van liefde en welwillendheid om Kersfees oor te plaas na hulle alledaagse lewe in 2012. Om goed te doen, en daarna te streef om altyd beter te wees; veroorsaak dat jou liggaam ‘n goeie gemoed huisves. Gelukkige mense is ook gesonder mense – en feit is, dit is lekkerder om rondom gelukkiger, vriendeliker mense te wees.

My wense is dus nie net vir ‘n vreugdevolle, vredevolle en liefdevolle Kersdag nie, maar ook vir 2012. My wense is nie net vir JOU nie -maar ook vir JOU naaste.

Gaan voort en deel die vreugde van Kersdag – nie net op 25 Desember nie, maar vanaf 1 Januarie tot 31 Desember….en elke dag daarna.

En dan natuurlik….my gunsteling Kerslied…..His law is love and His gospel is peace……

Geseënde Kersjaar aan elkeen.

Tags: ,

7 Responses to “Kerstyd….elke dag”

  1. Reinhardt December 25, 2011 at 2:57 nm #

    Ek moet beaam wat jy sê! Mens kan soms so baie doen deur so min te doen, iets so eenvoudig en klein wat ‘n groot verskil in iemand anders se lewe kan beteken. Baie mooi geskryf!

  2. Toortsie December 27, 2011 at 4:10 nm #

    Eerste???? Kannie wees nie!!
    Ek HOU sommer BAIE van hierdie inskrywing!!

  3. attie December 27, 2011 at 5:24 nm #

    Soveel ruimte vir kreatiewe naasteliefde – hieraan kan ons werk.

  4. Pikkelik December 30, 2011 at 12:25 nm #

    ‘n Voorspoedige, wonderlike Nuwe Jaar vir jou! ♥♥ xxx

  5. Son December 31, 2011 at 5:45 nm #

    Deleifin – net die mooiste vir 2012 vir jou en jou familie. Mag 2012 die jaar van baie skryf wees :-)

  6. Charms Januarie 2, 2012 at 12:29 nm #

    OK nou het jy sommer vir my ‘n nuwejaarsvoorneme gegee! Ek gaan dit definitief beoefen en my en ander se jaar sommer beter maak – al is dit net ‘n bietjie op ‘n slag. Voorspoedige jaar vir jou en jou drie meisiekinders.

  7. demoerin Januarie 3, 2012 at 7:17 vm #

    Dankie vir die goeie wense! Ek weet sommer 2012 gaan great wees vir ons almal!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers