Mense in glashuise moet nie klippe gooi nie. Sorteer eers die balk in jou eie oog uit. Dit is Vrydag, en ek wens ek kon iets lighartigs kwytraak, soos ‘n ligte stukkie oor my navorsing oor embalming gister….
Ek wens die mediese raad wil vir Dr. Wouter Basson uitlos dat hy merrily kan voortgaan met sy praktyk, en as ‘n naam in die geskiedenis verswelg word. Mens sal regtig dink hulle het niks anders om te doen nie.
Miskien moet hulle eerder hulself daarop toespits om die meer as 200 oorseese dokters wat in die laaste 2 jaar geregistreer en ontplooi is, se ondervinding en kwalifikasies na te gaan. As hulle met een opgeslip het, is ek taamlik seker dat daar iewers in ons staatshospitale nog ‘n paar “dokters” is; in wie se hande die mees weerlose mense in ons land is. Jinne, daai “dokter” het chirurgie gedoen!
Om te sê Dr. Wouter Basson mag nie as dokter praktiseer nie, is soos om te sê dat enige ingenieur wat ooit by Armscor gewerk het nie ’n brug mag bou nie. Dis verregaande.

Onlangse ondersteuners: