Ek mag dalk nog ‘n Deon Meyer lees,
of ek mag dalk ‘n bietjie meer gereeld skryf.
Ek mag dalk ‘n tattoo op my rug gaan kry,
of ek mag dalk verf koop en die mure verfraai.
Ek mag dalk van ‘n brug af bungee,
of ek mag dalk teen ‘n rotshang opklouter.
Ek mag dalk meer sport op televisie kyk,
of ek mag dalk meer buite met die kinders baljaar.
Ek mag dalk besluit om te begin draf,
of ek mag dalk meer lekker disse verorber.
Ek mag dalk vir liefie meer blomme koop,
of ek mag dalk hoop om meer soene te ontvang.
Ek mag dalk uittrek en in die reën ronddans,
of ek mag dalk op ‘n plaashek sit en tuur.
Ek mag dalk….
Ek mag dalk my emmerlysie in die braaivleisvlamme gooi,
of ek mag hom dalk raam en op die bedkassie laat staan.
Maar deur al die wense en die dalke -
In watookal ek doen, of nie doen nie:
My wens is om opreg te wees aan myself.
Onlangse ondersteuners: