Ek mag dalk in 2012….

4 Jan

Ek mag dalk nog ‘n Deon Meyer lees,

of ek mag dalk ‘n bietjie meer gereeld skryf.

Ek mag dalk ‘n tattoo op my rug gaan kry,

of ek mag dalk verf koop en die mure verfraai.

Ek mag dalk van ‘n brug af bungee,

of ek mag dalk teen ‘n rotshang opklouter.

Ek mag dalk meer sport op televisie kyk,

of ek mag dalk meer buite met die kinders baljaar.

Ek mag dalk besluit om te begin draf,

of ek mag dalk meer lekker disse verorber.

Ek mag dalk vir liefie meer blomme koop,

of ek mag dalk hoop om meer soene te ontvang.

Ek mag dalk uittrek en in die reën ronddans,

of ek mag dalk op ‘n plaashek sit en tuur.

Ek mag dalk….

Ek mag dalk my emmerlysie in die braaivleisvlamme gooi,

of ek mag hom dalk raam en op die bedkassie laat staan.

Maar deur al die wense en die dalke -

In watookal ek doen, of nie doen nie:

My wens is om opreg te wees aan myself.

 

 

 

 

6 Responses to “Ek mag dalk in 2012….”

  1. MaanKind Januarie 4, 2012 at 8:44 vm #

    Jy mag dalk jou jaar geniet…

  2. Son Januarie 5, 2012 at 2:22 nm #

    Jy mag dalk Kaap toe kom om te kuier ;-)

  3. Toortsie Januarie 8, 2012 at 7:53 vm #

    Ek hou van die “opreg wees aan myself”! en dan wonder ek oor die tattoe… wat sal dit wees??
    Lekker 2012!!

  4. Xena Phoenix Januarie 9, 2012 at 2:16 nm #

    ;) En jy mag dalk meer gereeld blog.

    Welkom terug.

  5. twattie Januarie 12, 2012 at 1:44 nm #

    Ek hou ook van die ‘opreg te wees aan myself’-deel!

  6. Louwie Januarie 14, 2012 at 9:05 nm #

    En ek mag dalk meer hier kom lees, en jy by my voor ons daai emmer skop :grin:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers