Archive | 7:39 vm

Net-net goed genoeg…

16 Jan

Wel, dit is hoe dit met my blog gaan….ek volg nou hoofstroom Suid-Afrika na. Ten minste skryf ek iets, al het ek laasweek nie ‘n woord gesê nie. Ek is ook te lui om ‘n gepaste foto te soek. Julle kom mos hierna toe om te lees, nie om prentjies te kyk nie.

Ek swoeg nou al met die gedagtes van die dag wat die matriekuitslae bekend gemaak is. Die minister kondig in orgasmiese styl aan dat die slaagsyfer weereens gestyg het! En almal klap hande en juig en sing en gryp mekaar vir ‘n quickie agter die gordyne by die konferensie…want hel maters, dis mos uitstekend!

Eintlik is dit kak. Want ja, daar is die wat poog daarna om hulle beste te lewer en die onderskeidings in te ryg, maar daar is ook die wat help om die slaagsyfer elke jaar op te stoot, want net-net bo 30% is goed genoeg. En dit is ‘n pot stront. En weet jy wat? Jy kan dit sien in die alledagse lewe, dienste wat gelewer word is net net goed genoeg sodat jy nie daaroor kan kla nie. Bafana Bafana speel vir ‘n draw, en nie ‘n wen nie. Goeie Fok! Jy speel mos om te wen! ‘n Draw is erger as om te verloor!

Daar word generasies se net-net goed genoeg mense uit die skole losgelaat. En dis nie net hul punte wat net-net goed genoeg is nie; hulle denkwyse is ook so, want die minister en die hele onderwysstelsel sê dit is ok om net-net goed genoeg te wees.

En nou pla dit my dat ek nie ‘n foto het nie, want net-net goed genoeg is nie genoeg nie. Dis kak.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers