Ek weet nie wat dit is nie, maar hel, daar is mense wat so goedgelowig is dat dit teen die wet moet wees. Is dit maar net ‘n produk van onsekere tye? Is dit maar net ‘n nagevolg van ‘n oormaat slegte nuus? Miskien gryp mense na elke halmpie goeie nuus wat na hulle kant toe kom.
Wat het geword van ‘n knippie sout? Wat het geword van as iets te goed lyk om waar te wees, is dit heel moontlik te goed om waar te wees?
Miskien is ek net van nature sinies, en is ek gelukkig want dit was ingebore. Want hel mense, ek weet nie of ek moet lag of huil nie, want hierdie vrou hoort aan die bo-punt van een of ander lys (en as daar nie so ‘n lys is nie, moet hulle een begin).
Jinne, as dit ek was het ek my bes pobeer om dit uit die koerante te hou. Dit is een ding as jou bure weet jy is stupid, maar hel, nou weet die hele land.
Dit is seker nie mooi om te lag nie, maar ek gaan definitief ook nie saam met haar huil nie.
Onlangse ondersteuners: