Mense in glashuise moet nie klippe gooi nie. Sorteer eers die balk in jou eie oog uit. Dit is Vrydag, en ek wens ek kon iets lighartigs kwytraak, soos ‘n ligte stukkie oor my navorsing oor embalming gister….
Ek wens die mediese raad wil vir Dr. Wouter Basson uitlos dat hy merrily kan voortgaan met sy praktyk, en as ‘n naam in die geskiedenis verswelg word. Mens sal regtig dink hulle het niks anders om te doen nie.
Miskien moet hulle eerder hulself daarop toespits om die meer as 200 oorseese dokters wat in die laaste 2 jaar geregistreer en ontplooi is, se ondervinding en kwalifikasies na te gaan. As hulle met een opgeslip het, is ek taamlik seker dat daar iewers in ons staatshospitale nog ‘n paar “dokters” is; in wie se hande die mees weerlose mense in ons land is. Jinne, daai “dokter” het chirurgie gedoen!
Om te sê Dr. Wouter Basson mag nie as dokter praktiseer nie, is soos om te sê dat enige ingenieur wat ooit by Armscor gewerk het nie ’n brug mag bou nie. Dis verregaande.
Tags: Mediese Raad, Wouter Basson
Ek stem, ek stem. Hy is ‘n gawe man, en ‘n wonderlike hartdokter.
Dit is ‘n vervolgingsmanie. Aan gesien hulle hom nie krimineel kon vervolg nie, moet hulle nou hom op ‘n ander manier laat boet.
Tree hy nie al amper af nie?
My pa se beste vriend was by hom vir een of anderse mediese rede en sê dat hy ‘n absolute briljante doktor is. Voel dat dit is tyd vir aanstap. Die huidige regering is ook glad nie so onskuldig as dit by “verkeerde” dade kom nie. Ons weet maar min van wat in die “comrades training camps” aangegaan het. Hy baie verloor, familie, aansien, praktyk ensovoorts.
Het iemand al gehoor van vervolgings wat gedoen is oor onmenslike dinge wat in Angola in ANC strafkampe gepleeg is?
Wouter moes nooit daai goeters in Frank Chickane se onderbroek gesit het nie. Is oor die hoë, fyn stemmetjie wat hy daarvan oorgehou het dat hy aandring op vervolging.
Jy sou ook as jou tottertjie so gekrimp het
LOL! Dr Wouter Basson is nie die monster waarvoor hy al uitgemaak is nei. Snaaks hoe mens anders na iemand kyk as jy die persoon eers persoonlik leer ken het. Daar is baie meer bose mense om te vervolg as hy
Amen!