Archive | February, 2012

9 dae…

13 Feb

Nee, dis nie ‘n nuwe Deon Meyer waarvan julle nog nie weet nie. Dit is nou 9 dae na my verjaarsdag op 4 Februarie. Verjaarsdae is die ideale geleendheid om so bietjie stock te vat van wie, wat en waar ek is. Partykeer vat die proses ‘n bietjie langer as ‘n dag…. somtyds tot 9 dae.

Ek is geseën om elke dag my lewe met 3 ongelooflike girls te deel. Dit is wonderlik om die daaglikse ontwikkeling en mensword van ‘n baba te kan beleef. ‘n Verjaarsdag is nie ‘n dag om depressief te word omdat jy ‘n jaar ouer geword het nie; dit is ‘n wonderlike teken dat jy nog lewe! Lewe bly ‘n voorreg, dit is nie ‘n reg nie.

Ek het werklik gewonder oor hierdie post, totdat ek gehoor het Whitney Houston is oorlede. Hier was ‘n vrou, geseën met ‘n stem wat onder die heel bestes in geskiedenis sal tel. Gewapen met haar stem, en ‘n ongelooflike vokale range kon sy mense na asem laat snak, en dan weer tot trane stuur. Maar weereens is daar die bewys; sy was maar net mens. Ons moet vrede maak met die feit dat dood my konstante metgesel is – binne ‘n oogwink kan my lewe, in my dood herskryf word.

Dit is wanneer jy besef dat jy ter enige tyd kan sterf, dat jy kan besluit om werklik te begin lewe. Elke dag voluit, sonder enige spyt – solank jy leer uit jou feite. Elke nuwe jaar gegun, gee jou die geleendheid om te streef daarna om ‘n beter mens te word. ‘n Nuwe geleendheid om daardie emmerlysie af te stof en die dinge te doen waaroor jy droom – of al van vergeet het.

Ek glo dit begin alles by liefde. Om eerstens jouself te leer liefhê. Daardie liefde gaan oorvloei en jy gaan dit deel – met jou familie en vriende. Liefde en geluk word nie gemeet in materiële dinge wat jy besit nie, maar in of jy liefhet – en of ander jou liefhet. As ek nou doodneerslaan – Hoe gaan ander my onthou? Dit is om te besef dat jy meer geseënd is as biljoene ander mense op hierdie aardbol. Dit is ‘n besef dat jy moet ophou bekommer oor wat jy nog wil hê, en dat jy dankbaar moet wees vir wat jou beskore is.

En hoe het Whitney my vandag gehelp? Luister na hierdie woorde….dit is waar dit alles begin…

 

As jy wil…

1 Feb

As jy wil voorskryf hoe ek my kinders, in my huis grootmaak, kan jy dalk maar begin bydra tot hul opvoeding, etes en verblyfkostes.

Om ‘n wet te wil skryf wat dit onwettig maak vir kinders om by die huis ‘n pak slae te kry, gaan nie kindermishadeling stopsit nie. Daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen ‘n velverdiende hou op die agterent, en kindermishandeling.

Ek het groot geword met pak slae by die huis en by die skool, en dissipline was nie so ‘n probleem as wat dit vandag is nie. Mooi praat en sielkunde werk dalk vir ‘n klein persentasie kinders, maar daar is ‘n groter gros wat ‘n bietjie meer oortuiging as net ‘n skewe woord of ‘n stouthoekie nodig het.

As jy een keer met jou mond gepraat het, en die kind verstaan nou iets is verkeerd, praat jy die tweede keer met jou plathand. Dit is maar net hoe dit is. Daar is bitter min meer irriterend as ouers wat hulle asems mors en oor en oor en oor…..Nee liefie, moenie dit doen nie. Los nou dit uit. Pasop, jy gaan dit breek. Moenie so gil nie….blah blah blah.

Ek het met slae grootgeword, en ek dink ek is heel ok.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers