Archive | April, 2008

Huiswerk vir die laaang naweek.

30 Apr

Ek soek asseblief in 1000 woorde hoe jy ou leer weer mooi en glad kry.

Geniet die lang naweek!

Advertisements

TSDS…The Seven Deadly Sins

30 Apr

Te danke aan Pope Gregory the Great is daar iewers in die 6de eeu ‘n lysie opgestel van die sewe sondes wat tot jou ewige dood in die hel gaan lei. Sonder om nou ligsinnig te klink, dink ek tog ons moet bietjie na hulle kyk. Ons volg nie almal die Rooms-Katolieke geloof nie, en my intensie is nie om op tone te trap nie, maar tog is daar menige mense in die publieke oog wat BAIE bekommerd moet wees. En ter selfde tyd kan ons dan ook sommer bietjie in ons eie spieëls kyk.

Dit blyk dat die lysie nie as geheel ‘n oorsprong in die Bybel het nie, alhoewel gedeeltes uit Galasiërs en Spreuke saam wel die lysie, en nog meer, opmaak. Sommige sal mens sê is voor die hand liggend, ander dalk ‘n bietjie wishy-washy. Teenoor die dodelike sondes is dan ook natuurlik die virtues waarna ons moet streef. Ek sien die mooi woord is deug, dink ons almal ken virtue beter.

Omdat dit vandag Woensdag is, dink ek dit gaan ‘n goeie idee wees om elke Woensdag so bietjie nader ondersoek in te stel. Ons sal eleke week na enetjie kyk, bietjie self-ondersoek instel en dan natuurlik kyk na voorbeelde van mense wat BAIE worried moet wees, of aan die anderkant….alreeds brand. Neem nou ons vriend Hitler byvoorbeeld, ek wonder hoe erg dit is as jy almal oortree?

In elk geval, hier kom die lysie. Pen en papier gereed:

Lust, Gluttony, Greed, Sloth, Wrath, Envy en Pride. Ek sal ook elke week aan mooi beskrywende Afrikaanse woorde dink.

Behalwe die kerklike verband is die SDS al menigmaal in boeke, bv Laurence Saunders, en in flieks, bv Seven, gebruik. Dit is nou maar net ‘n topic wat daartoe leuen om bespreek te word, en ten minste hoef ek dan nie op ‘n Woensdag te brain storm vir ‘n topic nie!haha

Ek hoop almal sien al uit daarna. Ek dink dit gaan vet pret wees. Somtyds ernstig, ander kere bietjie tong-in-die-kies…en ja, daar gaan ongelukkig vinger gewys word. Daar is so baie pragtige voorbeelde in ons alledaagse lewe.

Gryp vas daai hoedjies, ek dink ons gaan op ‘n lekker roller-coaster ride!

 

Verwag die onverwagte

30 Apr

Zen…30 April

30 Apr

Never under any circumstances take a sleeping pill and a laxative on the same night.

Zen…29 April

29 Apr

A closed mouth gathers no foot.

29 April….fondasies

29 Apr

Demoerin is vandag demoerin. Ons sal bietjie later met ‘n ompad by die rede uitkom. Eers gaan ons so bietjie oor fondasies praat.

Ja daardie ding wat die begin, die middelpunt, die steun is van enige gebou. Kyk, ek is nou nie ‘n bouer, argitek of ingenieur nie. Wat ek wel glo is dat ons almal weet hoe belangrik die fondasie is, wel dit is natuurlik as jy nou nie jou huis inmekaar-in-gedonner wil hê nie.

Waar lê my fondasies? Nie in my voete nie! Waar my fondasies as menswees lê, is in daardie eerste en belangrike vormingsjare, van geboorte tot ek sou sê matriek. Kyk daarna is daar nou nie eintlik hoop meer nie, en moet jy nou maar happy wees met die tipe persoon wat jy is.

Dit is gedurende hierdie jare wat jou ouers en onderwysers ‘n baie belangrike rol speel. Dit is tog in hierdie tyd wat jou brein soos ‘n spons is wat kennis opsuig. Dit is ook wanneer baie belangrike lewensbeginsels deur middel van opvoeding oorgedra word. Ouers en onderwysers (skool en sondagskool) lê spreekwoordelik die fondasies waarop jy nou jou menswees gaan bou.

Respek vir ander, reg en verkeerd, redenasie vermoëns en dies meer is nie die tipe goedjies wat in boeke kennis opgetel gaan word nie. Dit is lewenslesse!

Wat hartseer is, is dit is asof hierdie lesse besig is om uit die bus uit te val. Ouers het nie meer tyd nie, en omdat hulle kinders so ongemanierd is stel die onderwysers nie meer belang nie. TV, playstation, rekenaars en Wii het hulle plekke as die nuwe stiefouers ingeneem. Nou dink ek dit is hier waar die stront die fan tref……die nuwe stiefouers leer nie die kinders die regte lewenslesse nie! Is daar iemand wat aan die jeug verduidelik dat die werklike lewe nie gebeur soos in die playstation game nie? Dat jy nie net ‘n geweer kan uitpluk en iemand skiet nie? Dat jy nie met elke tweede persoon in die bed kan spring soos in die soapies nie?

Wel dit is nou maar net ‘n gedagte. En nadat ons nou getop het oor lewenslesse, maniere, respek en so aan:

Wil ek vir die moer sê wat my kar Saterdagaand by Lusito Land gestamp het, en net so gelos en weggery het sonder om eers ‘n nota te los…FOK JOU.

Laaaang Naweek.

25 Apr

Mag almal ‘n bedonnerde lekker, pret gevulde, alkohol induced….sluwe onderwater gutter seks gevulde naweek hê. Soet wees.