2 April – Cheers Bob

3 Apr

Ai, wat ‘n groot dag in Zimbabwe se geskiedenis. Robert Mugabe moet nou sy servette en portrette begin pak. Wie sou 28 jaar terug gedink het dat die ongelooflike mooi, en vrugbare land vandag in so ‘n panarie sou wees. Ja-nee, power is ‘n lelike ding. En as dit lekker is gaan jy klou soos kak aan ‘n wolkombers, ten alle koste.

Dit is net jammer dat die land en sy mense daaronder moes ly. Behalwe natuurlik dat die helfte van die Zimmers hulle al klaar in sonnige Suid-Afrika bevind. Suid Afrika is mos nou maar mos die land van melk en heuning van ouds. Ons borders is oop, kom maak jouself tuis. Vat die locals se jobs, want jy is desperate en sal amper verniet werk.

Dan kom ons natuurlik ook by ons nuwe oom Morgan. Heita boetie, die wêreld hou jou dop. Moenie nou opfok nie!

Ons kan seker maar net duime vashou dat alles ok gaan uitdraai. En dat die Zimmers hulle pad huistoe sal vind, maar hoe de moer fix jy ‘n 100,000% inflasiekoers? Bly ek hoef nie my kop op die blok te sit nie!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: