Die liefde…en potte met deksels

3 Apr

Ek denk toe nou gisteraand, met my vriend Johnnie in die hand. Gister daar by die parras was daar baie oor liefde en potte met deksels, en potte met gebuigde deksels en potte met verlore deksels gesels.

Ons het seker nou maar almal ons eie sad stories, party erger as ander. Party lyk dit my weer het die happy-jackpot geslaan. Niks om oor te kla nie en baie gelukkig met hulle partners. En dit is goed so, want so moet dit wees.

Maar wat dryf jou om jou partner seer te maak, as jy self nie gelukkig is nie. Hoekom getroud/verloof ens. bly as jy nie van plan is om die deal uit te sien nie? Hoekom agter een se rug gaan rondneuk en nog steeds voorgee alles is hunky dory? Kan net nie die goed lekker klein kry nie. Wat gee jou die idee dit is ok om so te maak? Wat gee jou die idee dit is ok om met iemand anders se lewe en vertroue te neuk?

Hierdie goed maak my bang, en miskien is dit hoekom hierdie pot nog nie ‘n nuwe deksel het nie. Ek sal erken, ek het ‘n diepgewortelde commitment probleem. Maar dit is nie my skuld nie! Ek hoop daai hijacker/moordenaars gaan opvrot in die tronk. Ek hoop hulle word 2 huge tronkvoëls se seksslawe!

Nou ja, hierdie pot het bietjie uitklop en blinkvryf werk nodig. Een stappie op ‘n slag, maar hierdie positiewe aqaurian kan nie help as om te glo dat hy wel ‘n deksel het daarbuite nie!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: