8 April….paar dae iewers verloor

8 Apr

Sjoe, en toe verloor of vergeet ek ‘n paar dae. Bulle het, weereens verloor. Ai my Bulletjies wat gaat aan? So naby. Geluk aan die Cheetahs, en aan die Sharks…dank julle sterre. Dit lyk nie of ek daglig buite gaan sien die week nie, maar nou ja, mens moet seker darem so nou en dan jou botter verdien.

Wonder ek toe nou gister, hoe gaan dit met persvryheid in die wêreld van ons. As jy nou byvoorbeeld aan Zim dink, klink maar of dit daar heel beroerd gaan. Die staat is aan beheer van die erkende tv uitsendings en koerante. Nou het die stemtellers weer ge-ondertel (hoop daar is so ‘n woord). Gebeur dit nog oral in die wêreld? Ek meen, die land wat besig is om ekonomies die planeet aarde oor te neem, die Chinese, klink my het ook nie ‘n goeie trackrecord so vêr free and fair reporting aagaan nie.

Blykbaar berig geen van die Chinese koerante en tv stasies oor die Tibet betogings wat in Londen en Parys gebeur het nie. Kan die Chinese so gullable wees, en nog erger, hoe vêr kan die staatsbeheer gaan voordat hulle soos ‘n klomp poepholle lyk?

Wat ons terug bring na mooie, sonnige Suid-Afrika. Ja die landjie aan die suidpunt van Afrika waar alles blykbaar hunky dory gaan. Hoeveel van die leuens en denials op die tv en in die pers is ‘n probeerslag om op hulle manier die reënboognasie te brainwash? Hoeveel stupid mense is daar buite wat vir die stories val?

Wonder nou maar net.

Advertisements

6 Responses to “8 April….paar dae iewers verloor”

  1. meermin April 8, 2008 at 12:19 nm #

    SHARKS BO!! Ek is een van die SHARKS SE GROOTSTE ONDERSTEUNERS!

  2. demoerin April 8, 2008 at 12:24 nm #

    Ai meermin, wil nou nie erken nie, ek voel so oor die bulls!

  3. Dellie April 8, 2008 at 2:48 nm #

    Komaan, ‘n bul se bloed bly blou, makie saak of hulle wen of verloor nie! Ek bly ‘n bul! 😆

  4. nem April 8, 2008 at 5:11 nm #

    wat sal n man nou se ZIM is gefok. Die donners weet net nog nie hoe nie

  5. Obelina April 8, 2008 at 7:12 nm #

    Ai Demoerin, voel ook so oor die bulle. Die Zonkies??? Voel jammer vir die mense in Tibet. Seker die vredeliewendste nasie op hierdie planeet.

  6. demoerin April 9, 2008 at 4:39 vm #

    Ok Ok, ‘n bul se bloed bly altyd blou!! Ek ondersteun die bulle al vir solank ek kan onthou!!
    nem, dit is so fokken sad oor Zim, nou word die MDC ondersteuners weer van hulle plase af weggejaag? Mense regte is totaal opgedonner, en ja, nou sit Mbeki nog steeds met sy quiet diplomacy!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: