15 en 16 April…..die oortreffende trap

16 Apr

 

Wanneer op die meter gaan kak na kakker en uiteindelik kakste. Seker maar ‘n goeie ding ek het nie ‘n inskrywingtjie gister gemaak nie. Ai, daar sou nie genoeg tekens op die keyboard gewees het om die vloekwoorde te verberg nie.

 

Al ooit so ‘n dag gehad waar alles in die oortreffende trap gebeur. ‘n Dag waar die werk soos ‘n papierbom ontploffing op jou lessenaar lê. En jy weet nie waar om te vat en waar om te los nie. Almal is op jou rug, en dit is dringend.

 

So bring elke dag maar ook sy eie nuwe dingetjies. Ons weet soms nie of ons kom of gaan nie, jy het nie die save knoppie gedruk voor die power-shedding ingeskop het nie, toe jy by die werk indraai besef jy jy gaan buite sit vir ‘n uur wat jou access kaart is nog in gister se baadjie sak, Greece verwag van jou om creative accounting in jou report te doen, die bulle wil net nie wen nie…blah…blah…blah.

 

Maar gister aand lê ek toe nou, uiteindelik, in die bed en dink voor ek my oë toemaak. Hoe GROOT en BELANGRIK is ons daaglikse probleempies nou eintlik. Moet ek nie eerder ophou kla en dankbaar wees dat ek wel ‘n werk, en kar, en huis, en aandete….en ‘n bed het nie?

 

Dalk is kla nou maar net ‘n ingeboude human flaw. My probleempies is mos nou vir my belangrik. En dit is so ja, maar ek moet ook dalk nie toelaat dat ek my seëninge agter nie pot stront wegsteek wat ek hier in my brein opkook nie. Hoe groot is die ongelukkigheidjie nou eintlik? Gewoonlik eintlik maar klein as jy in die greater scheme of things kyk.

 

Ek kon ‘n Zimbabwiër, Keniaan, Tibetaan, Irakees…..of ‘n boorling van Israel of Palestina gewees het. Sekerlik het die mense, ons praat nou van die gewone burgers, baie meer bollie op hulle borde.

 

Miskien moet ek begin om na my ou probleempies in die reverse te kyk…..

Kakste, Kakker, Kak.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: