21 April…en die bulle het gewen

21 Apr

Al wat ek nou al van Saterdag af in my kop het is daardie Halleluja liedjie uit Shrek uit. So ‘n lekker gevoel om die hart en sommer ‘n ou huppeltjie in die stap. Nee, I did not get lucky, ek het nie die lotto gewen nie en nee, ek het nie (uiteindelik) die girl van my drome ontmoet nie. Die enigste rede daarvoor is…..die Bulle het gewen. Geluk my ou spannetjie, kom ons kyk of ons dit so kan hou!

Ai, nogal snaaks hoe as dinge nie goed gaan nie, mens sommer voel om op te gee. Of dit nou die Bulle of Lions in die Super 14 is, of dit nou studies of enigiets anders is soos verhoudings. Seker ook maar menslik dat mens net altyd wil hê goed moet voor die wind gaan, baie wind in die seile en ‘n rooiwarm sunset in die verte. Dit is sekerlik eintlik goed dit is nie so nie, want dit is juis die tye wat dit nie goed gaan nie wat jy jouself en ander goed leer ken. Agterkom van watter stoffasie jy nou eintlik gemaak is.

Die snaakse ding is, dit wat gewoonlik soos ‘n berg in die verte lyk, eintlik maar net ‘n molshoop hier aan die anderkant van die pad is. Dit is ook in hierdie tye wanneer dit lyk asof die kak-en-stront rivier jou gaan wegspoel wat jy met jou werklike vriende kennis maak. Die wat gaan rondhang en seker maak jy vang daardie life-jacket.

Dit is in hierdie tye wat jy agterkom watter maatjies daar is vir die ride, en watter nog daar gaan wees as die rollercoaster weer tot stilstand kom.

Daarom dat dit so belangrik is om nie net jouself te ken nie, maar ook die ander om jou wat gaan help om jou potholes te vul wanneer jy nie self kan nie. Moet nooit die waarde van WARE vriende onderskat nie.

Advertisements

One Response to “21 April…en die bulle het gewen”

  1. meermin April 21, 2008 at 2:30 nm #

    die sharks het hulle eerste game verloor!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: