22 April…..krapblad

22 Apr

Wonner toe maar nou so in my stilligheid, wat laat ons almal tick? Hoekom is ons so vinnig om vingers te wys, pens en pootjies in ander se persoonlikhede in te klim?

Ek onthou van kleintyd af dat as jy vir iemand vinger gewys het, jy baie vinnig uitgewys is dat 3 van die vingers terugwys na jou toe!

Vat nou byvoorbeeld vir oom Bob, heel lekker donner hy voort in die landjie wat ons Zimbabwe noem, hier neffens noord van ons. Vir menige is dit swart op wit, die man is deur ‘n windmeul gemoer en die torre het almal van die rakke afgeneuk. Maar hoe nou? Hoekom is daar nog steeds mense wat aan sy dik lippe hang. Never mind hulle. Kan HY regtig glo alles wat hy aanvang is ok? Mmmm, laat mens verder dink hoekom die opposisie, en die res van die wêreld agter Morgan staan. En as ek nou ‘n koekie in die blik kan gooi, lyk dit vir my dit is net omdat hy nie Bob is nie!

Kom ons beweeg aan, nader huis toe. Trompet geskal!!!! Tannie Winnie. My magdag, ek weet ek is nie ‘n oil painting nie(en die proof is in my foto), maar wragtig hierdie vrou het ‘n snotklap van moeder natuur afgekry. Die wat vir Camilla met ‘n perd vergelyk, het obviously, ek herhaal, obviously nog nie vir ant Winnie gesiet nie. Kyk en van onderduimse plannetjies en necklaces (nie die diamant tipe nie) kan jy die vrou niks leer nie. Was al in die hof vir alles en nog wat. En tog is sy nog “around”. Nou verkies tot die ANC se exec’s. Kan een vrou so baie van die ander comrades weet? Laat mens wonder wat kan erger wees as die bedrog en moord en doodslag waarvan ons al klaar weet.

Ok, kom ons spring op SAL en vlieg so Noord-Wes van hier-af. Arriveer met mening in die wonderlike, voortreflike, ongeëwenaarde land van alle lande..die u s of a. Kyk, as daar nou ‘n volkie is waar hoogmoed al in hulle sperm aangekweek word, is dit nou hier. Alles net die beste, alles net die grootste, blah blah blah. Hulle kan hulle vliegtuigies en tankies en flippen op steroid masjiengewere vat en ‘n land van die aardbol gaan afvee…en almal sal net stilweg toekyk. Welgedaan Amerika. Ons weet daar is nou nie bewyse van die massa-distruksie wapens nie, en dit lyk so asof daai foto’tjies dalk gephotoshop is. Ag wie gee om, help julleself daar met die olietjies en so aan.

En so kan ons aangaan en ‘n draai maak by Manto-knoffel-en-aartappel-maak-vir-baba-bang, Hitler-single-handedly-roei-die-Jode-uit, Idi-moor-die-volk-amin, Queen-victoria-tannie-konsentrasie-kampie, Thabo-bob-gabba-Mbeki..ens.ens.

En as jy nou mooi terugdink, en al die mense se motiewe (so kak as wat dit was), ontleed, kan jy nie help om te dink aan die seven deadly sins nie. En watter een staan altys soos ‘n blou-met-‘n-hammer-gedonnerde seer vinger uit? Greed, en wat saam met hom gaan….money is the root of all evil.

Nou ek is jammer, maar die drie vingers wat terugwys na my toe is nie so bloed-druipend soos die een wat na die maters toe wys nie! Ek hoop hulle slaap rustig.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: