23 April…verlede en toekoms

23 Apr

Ek voel so kaka as ek elke dag hier sit en moan, maar ek voel ek moet nou vandag once and for all die chips op my skouer polyfilla. En ek hoop op een of ander ongelooflike manier kan hierdie stukkie miraculously in vriende soos Jon Q se hande beland.

Ek is nie sorry oor my opvoeding nie. Ek het hard gewerk om deur skool en varsity te kom. Gebasseer of wat ek weet en my ondervinding het ek ‘n cool job losgeslaan. Toe ek geleer het, het jy en jou makkers getoi-toi. Het julle nog gemumble oor iets wat in 1976 gebeur het in plaas van om julle vingers uit julle holle uit te trek en te leer. As ek dan nou so gelukkig was om ‘n “beter” skool by te woon as die swart-bevolking, erken jy mos nou teenoor my dat die hele flippen parlement ‘n klomp mamparras met sub-standaard geleerdheid is.

Ek is nie sorry dat ek ‘n werk het nie. Ek is eintlik baie bly daaroor. Ek is nog een van die gelukkige wit mans wat werk op meriete kon kry. Nie oor watter kleur my vel is nie, maar op die hoeveelheid grysstof wat ek tussen my ore het. AA was om gelyke geleendhede te skep. Kry wit en swart nie nou al vir meer as tien jaar dieselfde skoolopvoeding nie? Waar het die AA verander in beter geleendhede vir swart, as ‘n jong wit persoon deiselfde skool- en varsity opleiding as die swart persoon gekry het. Mmm, dit ruik vir my so na rassisme die. Jammer ek het vergeet, daar is nie iets soos swart-wit rassisme nie, net wit-swart.

Ek is nie sorry dat ek nie ‘n rassis is nie. Wel nog nie. En glo my ek sit met meer as genoeg rede om die KKK te join. Maar weereens leer my “superior” opvoeding aan my dat jy nie kan veralgemeen nie. Maar glo my, dit maak my nie ‘n engeltjie nie….as jy jouself soos ‘n poephol gedra, of jy nou wit, swart,geel groen of fokken oranje is…..ek gaan jou nie laaik nie.punt.

Ek is nie sorry dat ek belasting betaal nie. Dit is mos maar nou wat elke goeie landsburger van ‘n land moet doen. En welgedaan aan SARS wat elke jaar net meer en meer invorder. My probleem is waarvoor daardie ponde aangewend word. Mmmm, laat ons sien hoe dit my lewe raak. Ek het ‘n kar, maar die paaie is vol gate en petrol pryse mik vir die maan. Ek het ‘n blyplek, maar somtyds nie elektrisiteit nie, gelukkig nog water (Sorry government maar die water het niks met julle te doen nie). Ek kan hospitaal toe gaan, maar dit is te danke an die mediese fonds wat ek voor betaal. Ek sal so oor 30 jaar of wat kan aftree maar ek het my eie polisse en pensioenfonds. IEMAND HELP.

Ek is nie sorry dat ek wit is nie. Sorry my pelle, dit het so gebeur. Nie omdat ek kon kies nie, nie omdat ek by geboorte in ‘n spesiale dye gedompel was nie. Dit is nou maar net so. Ek het fokkol met apartheid te doen gehad en ek is perongeluk aan wit ouers toevertrou. LIVE WITH IT.

Ek is nie sorry dat die parlement die goeie plan gehad het met BEE nie. Wat wel jammer is, is dat dit in hulle gesigte gebackfire het. Staar nou maar die waarheid in die gesig, na 10 jaar is daar nou ‘n selektiewe paar, ek herhaal, paar stinkryk swartes wat net al hoe ryker word, en miljoene meer armes wat armer word. Kry julle prioriteite reg. Ek sal nie in die oggend in die spieël kon kyk, as ek weet ek sit in ‘n posisie weens leë beloftes nie.

Ek is nie sorry dat ek nie vir die ANC stem nie. Ongelukkig is ek nou maar ‘n persoon wat return op my investment verwag. ‘n Skop onder die gat of ‘n mes in die rug is nou nie die tipe return wat ek in gedagte het nie.

Ek is nie sorry dat ek hier sit en moan nie, partykeer het mens dit nodig om weer bietjie perspektief te kry.

Wat ek wel oor sorry is, is die miljoene mense wat met beloftes om die bos gelei word, die mense wat weens geweld voor oop grafte moet staan, die mense van Zim wat honger ly want hulle president is te slapgat en powerhungry om te besef sy tyd is verby, die mense wat honger ly want ons eie president is te slapgat om sy mond oor Zim oop te maak.

 

Advertisements

14 Responses to “23 April…verlede en toekoms”

  1. Nem April 23, 2008 at 9:48 vm #

    Baie goed gese maar ek dink jy het ‘n ton goed vergeet om te noem. Soos

    dis cool om die wit afrikaner te vloek en skel maar dis nie PC om iets te se van ‘n swart man nie

    dis cool om ‘n wit man se plaas te vat (ok koop sonder keuse) en dan dit op te F*K

    dis cool om wette te he wat die wit man benadeel (pre 1994 was dit rassisme)

    dis cool om swart “only” organisasies te he maar dir Voortrekkers is nie PC nie

    dis cool vir ‘n swartman om te se hy haat die wittes maar jy is ‘n rassis as jy wit is en dit se van ‘n swartman

    dis cool om as die staat ‘n saak verloor net eenvoudig die wet te verander

    dis cool om ‘n consultant te wees want die employees werk nie (kan nie) meer werk nie

    dis cool om ons geskiedenis te verdraai

    DAN vra mense my nog waarom ek GATVOL is..

    ps dankie vir die een.

  2. demoerin April 23, 2008 at 10:47 vm #

    Dankie vir die bydrae, Nem. Ja, altyd nog ‘n plekkie vir nog ‘n comment.

  3. Ina April 23, 2008 at 11:31 vm #

    Daar is baie van ons wat dieselfde voel. Die punt is ons kan nie teen hierdie regering baklei nie dit is soos om windop te poep. In ons organisasie is on 87 werknemers waarvan ons net 7 blankes is. Net in hierdie maand het nog 3 van die wittes bedank want kan nie die eng bestuurstyl hanteer nie. Hulle word vervang met PDI’s so wat bly van ons oor. Ek is so gatvol ek kan my polse kou. SA is die enigste land waar daar meer beskerming vir die krimineel is as vir die wetsgehoorsames. Ons betaal vir hul etes en slaap plek.

    Bring die doodstraf terug dan sal die goed weer leer van maniere

  4. Scorpio April 23, 2008 at 11:35 vm #

    Sjoe, hoe kalm raak ek nou na die lees. Het dit nodig gehad na daai pot snot van “vuurvliegie”. Thanks, sal weer hier kom loer.

  5. platterfuss April 23, 2008 at 11:37 vm #

    Jy MAG maar blog….. /me likes!

    Hehe! En as jy wil k@k en kerm en en en, mag jy, want dis JOU blog………

  6. demoerin April 23, 2008 at 12:40 nm #

    Dankie vir die inloer almal. Snaaks dat ek nogal al vroeg vanoggend aan ‘n antwoord op die vuurvliegie crap gedink het. haha

  7. Nem April 23, 2008 at 1:27 nm #

    hahaha Demoerin … is jy dalk een van die dae die nuwe huis vir Gatvol Parras.

  8. Scorpio April 23, 2008 at 1:32 nm #

    waar woorde daai Nem, baaaaaaie waar!!!! die mense probeer nou hard vure doodslaan, maar of dit ga help, weet ek nie.

  9. demoerin April 23, 2008 at 1:33 nm #

    Almal altyd welkom vir ‘n kuiertjie, maar fi=ok ek dink dit moet harde werk wees om die parras die hele dag besig te hou!

  10. sonkind April 23, 2008 at 2:28 nm #

    Sjoe, jy slaan die spyker mooi dead centre op sy kop, maar die hartseer ding is dat ek hierdie mooi land nog steeds nie wil verlaat en steeds teen alle redelikheid in hoop ons kan dinge regmaak.

  11. demoerin April 23, 2008 at 3:44 nm #

    Weet wat jy sê sonkind. Noem dit nou maar stupid positief of wat ookal. My roots lê nog steeds hier, en nêrens ander nie! En ek hoop en bid elke aand vir ons land en sy mense.

  12. neykie April 23, 2008 at 3:47 nm #

    you go!!!! Sonkind ek stem ek sal nie hierdie land verlaat nie…. dis ons sin

  13. Emil April 23, 2008 at 9:07 nm #

    Ek dink (natuurlik) nie dat die vuurvliegie ding so erg crap was nie. Dit is maar my beskeie mening vanuit die wit geledere oor hoekom ‘n poephol soos John Q te kere kan gaan. En ek glo die oordonnerde reaksies bewys seker maar die punt.

    Dis ons almal se land – wit en swart. Ek het net so baie bestaansreg hier as enige ander want ek is hier gebore. Maar omdat ek hier gebore is, kan ek my nie losmaak van die realiteit dat ek sal moet aanpas binne ‘n omgewing wat my glad nie meer bevoordeel nie – anders as baie ander kan ek kies om te waai, maar ai – die weer in die res van die wereld is so sleg, en wie wil nou ‘n Aussie word -interessant dat almal wat waai so kerm oor die behoud van Afrikaans, maar natuurlik gaan na plekke waar daar nie Afrikaans is nie.

    Nes jy, demoerin, is ook gelukkig om ten spyte van al die regstellende snot steeds elke dan en wan ander geleenthede te kan aangryp omdat ek kan – en hard daarvoor werk en soms dit maar self ook skep.

    Scorpio – nie nodig om vure dood te slaan nie – dit brand nie. Maar ek hoop almal stem darem saam dat elke opinie net dit is – ‘n opinie. En ek vir een is nie skaam oor myne nie.

    demoerin, die post is goed – vertaal in Engels en stuur dit vir John – hy glo mos nie in Afrikaans praat nie.

    Ek hoop ek is welkom vir kuiertjies!

  14. demoerin April 24, 2008 at 6:43 vm #

    Emil, altyd welkom vir ‘n kuiertjie. Die wonderlike ding van die blogsfeer is dat ons gelukkig is om nog ‘n groot mate van persvryheid te hê, sonder om te worry of ons gefire gaan word.haha
    En weereens sal ek beklemtoon, dit is wonderlik dat ons ‘n eie opinie kan hê. Ek glo nog vas dat dit is wat die mens so wondelik maak. Ons gelukkig dat ons nie in ‘n land soos Zim vasgekluister sit en nie boe of ba mag sê nie. Ten minste nie iets TEEN ZanuPF nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: