25 April….death microwaved

25 Apr

Kyk, as jou dag met oogdruppels voor jou tandeborsel begin moet jy seker nou maar weet dit gaan kak wees.

Ek wil begin met twee verskonings. Die eerste aan die leser wat vandag hiernatoe gekom het om iets insiggewends te lees. Jammer, ek is nog nie gereed met my Aids kuur of plannetjies om Afrika te red met ‘n atoombom nie. Tweedens aan my liggaam….sorry.

Ja nee ou liggaampie, trek brein jou toe nou ‘n lekker vuil streep vanoggend. Die feit dat hy my oë oopgemaak het vanoggend beteken geensins ek is wakker nie. Die woorde crestfallen and overtrotten, en deur ‘n trok getrap, gehaak en saamgesleep het vanoggend heel nuwe betekenis. Fokkiiiit (smile, dink aan Monique wat daai laaste iiiit stukkie altyd so ‘n oktaaf hoër sê).

So gepraat van Monique, dit is haar verjaarsdag vandag en gisteraand se little get together is die one and only reason dat ek nou soos “death warmed up” voel. Wel ek moet erken die rooiwyn en siggarette het seker ook iets daarmee te doen. Weereens wil ek myself herinner aan wat Josh so ‘n week terug vir my gesê het, volgende jaar hierdie tyd gaan jy die party onthou en nie hoe kak jy gevoel het die dag daarna nie.

Mmmmf, yeah right, op die oomblik voel dit heel onmoontlik. Dit is asof daar ‘n donga vuur agter elkeen van my oë sit….en die grootste wonderwerk is dat my brein tog slaag om een of ander signal by my vingers uit te kry en ek actualy samehangende sinne hier tik. Ek hoop.

Wel terwyl my brein nou ‘n stadige, maar tog goeie, recovery in ICU maak, en hopelik een of ander tyd vir die res van my liggaam laat weet, “ons gaan dit maak”, sit ek nou en lekker plannetjies beraam.

Hulle seg mos wie laaste lag, lag die lekkerste. Ek sal jou wys brein, more vat ek jou Lusito Land toe. HAHAHAHA.

Fokkkiiiit, praat ek met myself?

Advertisements

12 Responses to “25 April….death microwaved”

  1. Roer April 25, 2008 at 8:03 vm #

    Suffer wetter! Suffer!! Nee, maar sterkte. 😉

  2. demoerin April 25, 2008 at 8:42 vm #

    haha. die enigste response wat ek op die oomlik kon aanmekaarsit. Die veearts sê ek sal leef en ons hoef nie te dink aan uitsit nie!

  3. platterfuss April 25, 2008 at 8:54 vm #

    Jy weet wat….. Jy moes jare terug al begin blog het!!!

    Ek ‘laaik’ om hier te kom oge wys!!!! Seriaaaaaaaaaaaaasly so!!!!!

  4. Nem April 25, 2008 at 9:20 vm #

    hehhehehehe het laas Sondag so gevoel.. my vrou het Saterdag verjaar en ons het ‘n skaap op dit spit gegooi……… nou eers herstel… ek moet mos dis Vrydag!

  5. Emil April 25, 2008 at 11:44 vm #

    Eina – ek voel Donderdae oggende so!

  6. Wipneus! April 25, 2008 at 12:27 nm #

    whaaahaaha, die donga vuur agter jou oge klink regtig nie lekker nie, gryp die brand blusser!

  7. Von April 25, 2008 at 1:10 nm #

    Jy gee sowaar ‘n nuwe betekenis aan “the day after the night before”! Babbeleer maar in vrede (en vinnig) – dis amper weer naweek!

  8. demoerin April 25, 2008 at 1:14 nm #

    Dankie vir die inloer Wipneus en Von. Nee jong, waar ek nou hier sit is ek klaar weer gereed vir more se porra party!!

  9. me April 25, 2008 at 1:57 nm #

    Nou-wat-nou…? Jy moet mos nou-al van beter weet…??!!

    I don’t do drinks — het my redes…

  10. demoerin April 25, 2008 at 2:00 nm #

    Ai me, laat my nou voel soos ‘n stout seuntjie. Sallie weer nie, nie vandag nie in elk geval. Wel more…haha

  11. Jasper April 25, 2008 at 3:49 nm #

    Beneweld…..
    Hoe lyk die oge dan nou soos twee rotkwassies in paartyd?

  12. sonkind April 25, 2008 at 9:31 nm #

    Ag nee wat, moenie worry nie. Dink net “all work and no play, makes Demoerin a dull boy!” 😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: