29 April….fondasies

29 Apr

Demoerin is vandag demoerin. Ons sal bietjie later met ‘n ompad by die rede uitkom. Eers gaan ons so bietjie oor fondasies praat.

Ja daardie ding wat die begin, die middelpunt, die steun is van enige gebou. Kyk, ek is nou nie ‘n bouer, argitek of ingenieur nie. Wat ek wel glo is dat ons almal weet hoe belangrik die fondasie is, wel dit is natuurlik as jy nou nie jou huis inmekaar-in-gedonner wil hê nie.

Waar lê my fondasies? Nie in my voete nie! Waar my fondasies as menswees lê, is in daardie eerste en belangrike vormingsjare, van geboorte tot ek sou sê matriek. Kyk daarna is daar nou nie eintlik hoop meer nie, en moet jy nou maar happy wees met die tipe persoon wat jy is.

Dit is gedurende hierdie jare wat jou ouers en onderwysers ‘n baie belangrike rol speel. Dit is tog in hierdie tyd wat jou brein soos ‘n spons is wat kennis opsuig. Dit is ook wanneer baie belangrike lewensbeginsels deur middel van opvoeding oorgedra word. Ouers en onderwysers (skool en sondagskool) lê spreekwoordelik die fondasies waarop jy nou jou menswees gaan bou.

Respek vir ander, reg en verkeerd, redenasie vermoëns en dies meer is nie die tipe goedjies wat in boeke kennis opgetel gaan word nie. Dit is lewenslesse!

Wat hartseer is, is dit is asof hierdie lesse besig is om uit die bus uit te val. Ouers het nie meer tyd nie, en omdat hulle kinders so ongemanierd is stel die onderwysers nie meer belang nie. TV, playstation, rekenaars en Wii het hulle plekke as die nuwe stiefouers ingeneem. Nou dink ek dit is hier waar die stront die fan tref……die nuwe stiefouers leer nie die kinders die regte lewenslesse nie! Is daar iemand wat aan die jeug verduidelik dat die werklike lewe nie gebeur soos in die playstation game nie? Dat jy nie net ‘n geweer kan uitpluk en iemand skiet nie? Dat jy nie met elke tweede persoon in die bed kan spring soos in die soapies nie?

Wel dit is nou maar net ‘n gedagte. En nadat ons nou getop het oor lewenslesse, maniere, respek en so aan:

Wil ek vir die moer sê wat my kar Saterdagaand by Lusito Land gestamp het, en net so gelos en weggery het sonder om eers ‘n nota te los…FOK JOU.

Advertisements

13 Responses to “29 April….fondasies”

  1. platterfuss April 29, 2008 at 9:16 vm #

    Hehe! Jy MAG maar de moer in wees…….

  2. Wipneus! April 29, 2008 at 9:33 vm #

    De Moer In, jy mag maar De Moer In wees 😆 oor die kinders, ek kon dit nie beter gesê het nie! Goeie skrywe. Jammer oor jou kar, stupid mens!!

  3. demoerin April 29, 2008 at 10:40 vm #

    Voel darem of die pilletjies begin help…hahaha

  4. Dellie April 29, 2008 at 11:35 vm #

    Ai, mag daai ou se hol vreeslik begin jeuk en sy vingers in vishoeke verander… 👿

    Jy sien, sy fondamente is nie reg nie, anders sou hy vir jou ‘n briefie gelos het…

  5. demoerin April 29, 2008 at 2:36 nm #

    Ja Dellie, nou al vandag gedink daaroor, en al weet baie van ons wat die verskil tussen reg en verkeerd is, voel baie ook maar fokkol!

  6. Roer April 29, 2008 at 3:13 nm #

    Ai tog. So brandewyn kol kan lol. Jammer om te hoor… Regtig. 😀

  7. Leon April 29, 2008 at 4:48 nm #

    Kyk, om ‘n ander ou se kar te stamp is bad. MAAR om dan weg te ry sonder ‘n briefie, DIT is laag en gemeen. Ja, mag hy nooit weer skes hê nie sonder om ‘n holkramp te kry. Hoe lusser hy kry, hoe seerder moet dit word. Seerder as ‘n Durbanse Curry special hot die volgende dag ! Eish, ek voel jammer vir jou want karre is nie meer cheap vandag nie.

  8. Rustig April 29, 2008 at 4:52 nm #

    Ek dink die ouers moet so bietjie reg gesien word vir die kak kinders wat hulle groot maak. Hulle is tog die oorsaak hoekom die gebroedsels so rond moer.

  9. Emil April 29, 2008 at 10:32 nm #

    Hey maat – het seker al met die meeste van ons gebeur. As dit dalk enige troos is, gee ek jou my spesiale prys vir die spesiale post. Only in spirit, want daai wyn is donners duur. Nice post – jammer oor jou motor.

  10. demoerin April 30, 2008 at 6:44 vm #

    @ Rustig – Stem, hoog tyd dat ouers verantwoordelikheid begin neem. Daai kind is aan jou toevertrou, en jy moet jou donnerse beste doen!
    @ Leon – ditto, ek ad net so 50 vloekwoorde tussenin as ek jou comment lees. haha
    @ Emil – Dankie man. Gaan vandag die rondte van die panelbeaters doen. Ek sal dan die res van die langnaweek seker intoxicated wees. haha

  11. Emil April 30, 2008 at 9:44 vm #

    Ja wel geniet dit. Of ‘n bottel wyn nou $4000 kos of R40, in hierdie omstandighede smaak hulle ewe lekker.

  12. Jasper Mei 2, 2008 at 7:33 vm #

    Grrrrr……
    Ek weet hoe dit voel. Toe ek my AUdi gekoop het moes ek 2 maande wag vir aflewering. In die tyd het Audi vir my ‘n huurmotor gereel om me rond te ry. Een of ander mak vent besluit toe om met ‘n sleepwa vol boomtakke ten my vas te ry en nie ‘n woord daaroor te rep nie. Gelukkig het die plek waar ek was CCTV gehad en die polisie en versekering het die sakie toe verder geneem.

    Dit is die prinsiep wat my de moer in gehad het dat die wetter net weggery het en gedink het hy gaan daarmee wegkom…

    Die playstation generation 😕

Trackbacks/Pingbacks

  1. A Different View of Reality » Screaming Eagle Award for April 2008 - April 29, 2008

    […] 29 April … fondasies (Afrikaans […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: