Ek sak my kop in skaamte…

6 Mei

In my soeke na ‘n feel good storie in die koerante, en glo my ek moes SOEK om een op te spoor, het ek op die artikel van Natalie du Toit afgekom. Die gestremde swemmer, wat die eerste gestremde in geskiedenis geword het, wat gekwalifiseer het vir die Olimpiese Spele.

 

Kyk, as dit nou nie vir jou ‘n warm gevoelente hier om die hart besorg nie, moet jy versekerwaar ‘n donnerse klip wees. So is daar seker nog voorbeelde van gestremdes wat hoë vlakke in hulle sport bereik, neem nou maar vir Oscar Pistorius byvoorbeeld.

 

Hierdie wonderlike mense het my aan ‘n paar goedjies laat dink.

 

Tel jou seëninge elke dag. Jong, maar dit is maklik om die trap oop te maak en te laat waai. Te moan, kerm en kla soos ‘n ou vrou met ‘n nat broek. Dit is te warm, dan is dit weer te koud, die huisbak is gebreek en nou moet ek trappe klim, die kinders se speelgoed lê al weer die hele wêreld vol….blah…blah…blah.

 

Die lees van die nuus elke dag behoort genoeg rede te wees om jou seëninge te wil tel.

Wees bly as jy gesond is, wees bly as jy nog al jou ledemate het, wees bly om nog jou familie voltallig te hê.

 

Klou vas aan jou drome. Natalie wou van 6 jarige ouderdom aan die Spele deelneem. Sy het nie die droom laat vaar nie. Nou kan sy ten spyte van omstandighede wel gaan deelneem. Al is jou drome die laaste ding wat jy nog besit, moet daar niks in jou pad staan om dit vir altyd te koester nie! En een ding wat almal moet onthou, is jy is NOOIT te oud nie.

 

Hou die wenstreep voor oë. Ai, hoe maklik is dit nie om handdoek in te gooi as alles nie plain sailing is nie. Die sleutelwoord hier is deursettingsvermoë. Daar gaan altyd dingetjies wees wat jou goed deurdenkte planne van roete af gaan stuur. Dit beteken egter geensins dat jy nie nog steeds die eindpunt kan sien nie, jy gaan hom nou net van ‘n anderkant af benader. Die eindresultaat en die ongelooflike lekker “wen” gevoel gaan nog steeds dieselfde wees. Die hiccup gaan heel moontlik veroorsaak dat dit net ‘n bietjie later gaan gebeur.

 

Wees geduldig. Geduld is nou nie juis die ding wat ons voor bekend is in ons alledaagse lewens nie. Alles moet mos nou gebeur, en as dit nie nou kan gebeur nie, basta daarmee. As jy nie ryk erf of al jou geld aan lotto spandeer met die hoop om te wen nie, gaan jy ongelukkig moet geduldig wees, hard werk en jou drome as eindpunt by die wenstreep voor oë hou.

 

Natalie, ek salueer jou, en glo jy gaan met Suid-Afrika, en my, beste wense na die Olimpiese Spele toe. Dankie dat jy nie opgegee het nie, en dat ek deur jou voorbeeld my eie lewe ‘n bietjie kan spring clean.

Advertisements

10 Responses to “Ek sak my kop in skaamte…”

  1. meermin Mei 6, 2008 at 9:47 vm #

    demoerin dit is goed geskryf, jy weet ons kla oor alles, van dit en dat, ek like nie my bene nie, ek like nie my lyf nie, maar hierdie mense het ‘n gebrek, en hulle presteer so goed! Geniet jou dag.

  2. Wipneus! Mei 6, 2008 at 11:05 vm #

    Ek het baie respek vir mense wat bo hulle omstandighede uit styg. Goeie inskrywing!

  3. Riaan Oosthuysen Mei 6, 2008 at 1:21 nm #

    Drome is baie belangrik. Die dag wat jou drome sterf, daardie dag kan jy netsowel saam sterf.

  4. Stefaans Mei 6, 2008 at 2:53 nm #

    Lekker een Demoerin! Ons waardeur min wat ons het en moan is maklik..totdat jy gestremd raak of sien hoe ander dit wel regkry om positief te bly

  5. RdK Mei 6, 2008 at 3:40 nm #

    Hello demoerin en almal – ietsie anders – ek hoor jy het so bietjie griep – ek het n baie goeie resep – koop n bottel old brown sherry en 2 disprins drink alles vannaand (hele bottel obs) more weet jy nie of dit griep of babbies is nie – maar oormore is jy gesond waarborg.

  6. demoerin Mei 6, 2008 at 3:55 nm #

    @ RdK, dankie vir die reseppie. haha. sal nogal snaaks wees as ek by die apteek moet opdaag en hulle sê, Mnr, jy dink jy het griep, eintlik is jy babbalas. haha. Nee, ek werk hard aan more se stukkie. Elke woensdag gaan ons na een van die 7 deadly sins kyk. Dit gaan prettig wees!!

  7. Pikkelik Mei 6, 2008 at 6:59 nm #

    Goed geskryf, dis baie, baie waar… Ons moan tog so maklik oor elkedagse bollie…

  8. meermin Mei 7, 2008 at 7:18 vm #

    ek kan nie comment op jou lust nie, want die werk blok dit – reken seker dit is porn! Ek sal maar my bek hier hou!!

  9. demoerin Mei 7, 2008 at 8:59 vm #

    haha meermin.

  10. ICE Mei 8, 2008 at 4:05 nm #

    Ek stem saam ons moet ophou kla!

    Thanx vir die reminder!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: