TSDS….1.Lust

7 Mei

Sjoe, skop ons nou sommer af met die moeder van die dood sondes – Lust. Ek het bietjie gesukkel om mooi beskrywende Afrikaans te kry, maar dink tog lustig, lus, drang of sommer lieshongerte(dink die een is nogal oulik) sal doen.

 

Daar bestaan heelwat definisies, wat almal neerkom op ongeveer die volgende: Dit is ‘n obsessiewe drang of begeerte na die plesiere van die vlees. Nou wat obsessief is moet jy maar vir jouself besluit, maar ek dink almal behalwe, dalk die Pous en ‘n paar Klooster-gangers, is hier in die kaka!

 

Wat ek egter glo die werklike probleem hier is, is hoe die lustigheid jou verhouding met ander mense (en julle sal ook later sien, diere) aantas. Dit is hier waar ek altyd aan my ouma se woorde dink: TE veel van ‘n goeie ding is ook nie meer so lekker nie. Soos wanneer jy te veel sweets eet en jy opeindig met maagpyn.

 

Nou ja, nou weet ons jy is obsessief oor die vlees-plesiere. “So what” sal jy dalk sê?

Dit bring ons nou by die uiteinde van sulke ongesonde obsessies, as hulle nie beheer kan word nie. Jou lewe word so totaal oorgeneem deur een of ander seksuele obsessie, en wanner dit onbevredig is lei dit tot sommige of dalk almal van die volgende: verkragting, seksuele verslawing(mmm…klink lekker), bloedskande, owerspel, diere-seks en dies meer.

 

Nou ja, ek dink dit is hier waar die stront die fan tref en baie mense met kak gestort word. Kyk, sekere goed is nou maar net verkeerd. En jy kan dit nie goed of wegpraat nie. As die skoen jou pas, trek hom aan – and don’t shoot the messenger!!

 

Josef Fritzl – Jy kan nie met jou dogter seks hê en kinders verwek nie. Dit is bloedskande. Eintlik sommer net fokken siek as jy my vra.

 

Aha – hier is die tammaletjie. Die een waarvoor almal ‘n honderd verskonings het. Owerspel. Jy mag nie met ‘n ander se man/vrou in die bed spring nie. Jy mag nie jou man/vrou verneuk met ‘n skelmpie nie. Dit is verkeerd. Klaar. Daar is nie verskonings wat dit kan regverdig nie. Ongelukkig is daar nou heelwat van die wat gereeld in die publiek uitkom, so voorbeelde is daar hope van. Vat nou maar die onlangse Steve/Janine en Jurie/Robby sages.

 

Verkragting is nou al so alledaags dat ons dit nie eers meer as ERG beskou nie. Dit is sad, ek wens dat manlike verkragters se totties afvrot en die tannies (ja, daar is van hulle ook) se koekies toevrot. Gelukkig aan die anderkant lees ons nie baie van bestiality (diere-seks) nie. Ek kan byvoorbeeld aan geen voorbeelde dink nie, so as een van die lesers wil bieg, skryf jou se naampie hier onder, en nee, parras tel nie.

 

Ek weet nou ook nie so lekker van die seks-verslawing nie, maar as julle so ‘n dame ken, ek sal haar graag wil ontmoet en uithelp met die praktiese, stelselmatige vermindering van die verslawing.

 

Wat die obsessiewe handelinge egter erger maak, is die onskuldige partye wat daarby ingesleep word. Die vrou van die man wat rondspeel, jou dogter en kinders (aka kleinkinders) Josef Fritzl, die verkragtingslagoffers en dies meer. Hierdie is die mense wat dikwels onwetend of onder dwang deel van die gemors word, en wat dikwels so ‘n sielkundige klap van die windmeul kry as dit uitkom, dat hulle lewens totaal opgefok word.

 

Dit laat my nou dink aan – Dink voor jy doen. Daar is soveel goetertjies betrokke in die neem van so ‘n besluit bv. Om saam met jou sekretaresse die mattressmambo te oefen, (ek kan nog steeds nie verstaan hoe iemand byvoorbeeld ‘n Zebra sal wil bykom nie). Dit is hier waar die lus, drang, en ja, lieshongerte vir ‘n oomblik opsy geskuif moet word en jy baie, BAIE, mooi moet dink aan die gevolge vir jouself, die skelmpie, jou vrou en ja….somtyds die Zebra.

 

Mason Cooley het gesê :”Love begins with an image, lust with a sensation”

Advertisements

19 Responses to “TSDS….1.Lust”

  1. platterfuss Mei 7, 2008 at 8:11 vm #

    Sjoeeeeeeeeee! Gewigtig (maar waar) so vroeg innie more!!!!!!

    Hehehe @ seksverslaafde dame….. my ouma het altyd gesê die wat ‘so’ is het ‘n wit lewer……

  2. rosalindfranklin Mei 7, 2008 at 11:19 vm #

    Lust = wellus, vleeslike lus, begeerte, belustheid, sinlikheid; sug, begeerlikheid
    Eksteen, L.C., editor, Groot Woordeboek / Major Dictionary, (Cape Town: Pharos Dictionaries) 1997.

    Nou ja. Dit raak verkeerd as jy begin begeer wat jy nie durf hê nie en dan vat jy dit net. En dan raak dit mag.
    Vir my is verkragtig glad nie lust of seks nie. Dit gaan totaal en al oor mag en beheer van ‘n ander persoon. Iemand wat verkrag het ‘n erge probleem met mag/beheer/krag en die vernedering van ‘n ander persoon. Die mense in kriminologie sal dit ook vir jou vertel.

    Terug by lust….en woeps nie sommer rond en bont nie. Mens dink, allamagtig.

  3. demoerin Mei 7, 2008 at 11:26 vm #

    RF, sjoe dankie vir daai hele lys.
    Ek glo tog nog dat ‘n vleeslike wellus wat onbevredigend bly kan lei tot verkragting. Dit is natuurlik nie die enigste rede vir verkragtings nie.

  4. Pikkelik Mei 7, 2008 at 11:59 vm #

    Baie goed geskryf. Maar dink jy werklik al die kloostergangers is onskuldig? Maar ja ‘n aaklige waarheid. Ons samelewing is besig om die gees te gee….

  5. Wipneus! Mei 7, 2008 at 12:04 nm #

    Ek het definitief vandag ‘n nuwe woord geleer…lieshonger 😆

    Ek stem daardie Fritzl man is siek…”weird” storie daardie 😯

    Verkragting: ja – nee sny af!

  6. demoerin Mei 7, 2008 at 12:57 nm #

    Wee jy pikkelik, ek dink ons sal naief wees om te glo alle kloostergangers is onskuldig, wel wie weet, dalk nog die Pous ok!

  7. Emil Mei 7, 2008 at 1:23 nm #

    Wow, en daar klap en toe ‘n post oor die seksuele en hoe vroomheid soms die direkte oorsaak van die lelike losse sedes kan wees agv van te min inligting, onderdrukking en dies meer. Kyk, die daad van verkragting is beslis ‘n euwel – die oorsake daarvoor is ‘n nuwe debat. Dit is maar weinig in die kriminologie bewys dat die altyd direk verband hou met blootstelling aan pornografie en dies meer. Rosalind het ‘n stuk van die waarheid beet – daarmee sê ek nie dat hierdie verband tog soms ook voorkom nie. Daar is wel in die sosiale sielkunde bewys dat verkragting ‘n sosiale fenomeen is (veral hier) daar waar mans beide kollektiwelik en individueel oor hulle manlik uitgedaag word – disenfrenchised manhood, of so iets. Dit het baie meer te doen met die herwinning van gesag en mag oor die “moeder” beeld – vreeslike komplekse debat – werd om ‘n gesprek of post daaroor aan te knoop.

    Daarmee wil ek darem ook nie hê mense moet soos ape aangaan nie. Maar die realiteit is dat Lust daar is – beter om gewapen te wees met inligting.

    Die Fritz-vent is regtig abnormaal – sal interesant wees om hierdie gevalletudie in die hande te kry na die sielkundiges met hom klaar is.

    Die Pous is beslis nie onskuldig nie! Dit is eintlik menslik onmoontlike, fisiologies, biologies en sielkundig, om nie drange te hê nie en so af-en-toe hand aan eie lyf te sit nie. Nee jong, ek dink die kloostergangers is onskuldig nie.

    Goeie een, demoerin. Paar parras moet kom lees!

  8. neykie Mei 7, 2008 at 1:24 nm #

    plein weg siek om saam jou dogter te wil slaap en kinders by haar te verwek

  9. demoerin Mei 7, 2008 at 1:46 nm #

    @ Emil. Stem, sal nogal interessant wees om te weet hoe Fritzl se kop tick. Alhoewel ons weet dit is in sy moer in verkeerd, is die hele denke agter die dade tog nog interessant bv. CI en Cold case ens.

  10. Emil Mei 7, 2008 at 4:00 nm #

    Nee jong, demoerin in, ek stem met neykie – mens slaap darem nie saam jou dogter nie – ek is eerder geintreseerd in hoe ‘n mens iemand vir so lank kan toesluit, en of dit met die doel was om haar te misbruik, of uiteindelik net daarop uitgeloop het. Ek dink hierdie is maar ver van “lust” af – eerder gruwelike euwel.

    Kan nie wag vir die volgende sonde nie. Ek dink ek is aan almal ewe skuldig.

    Is daar nie nou 11 of 12 nie sondes nie? Dog die Pous het ‘n paar nuwes bygevoeg.

  11. KruidjieRoerMyNie Mei 7, 2008 at 4:06 nm #

    Fritzl = Duiwel in die kinderBybel

    Verkragting is vollop in die diereryk. Kyk maar na Leeus en dis net een voorbeeld. Daar gaan dit glad nie oor lust nie, maar meer in die lyn van wat Emil sê. Ek dink enige ding wat verkrag, kan maar geklassifiseer word as ‘n dier.

  12. demoerin Mei 7, 2008 at 4:51 nm #

    @ Emil, blykbaar ‘n paar modernes genoem, maar klink my gekoppel aan een van die oorspronklike 7. Dit lyk of die mense van RK self nie weet wat om daarmee te doen nie. hahaha

  13. Emil Mei 7, 2008 at 4:59 nm #

    😆 omdat daai dinge so lekker is sonder om noodwendig verkeerd te wees? Ek dink hulle weet dit!

  14. Dellie Mei 7, 2008 at 5:51 nm #

    Wat is die verskil tussen LUS en LISTIG?

  15. Rustig Mei 7, 2008 at 8:41 nm #

    Alle Katolieke gaan hemel toe! Die pous en priesters tree vir hulle in en met so hup stoot van Maria ook. Is die arme protestante wat so swaar kry, niemand om vir hulle te bid nie. Ek bly al ag jaar in Katolieke land en moet se dat hulle baie meer losbandig leef as ander lande waar groter geloof verskeidenheid.

  16. rosalindfranklin Mei 7, 2008 at 8:42 nm #

    Dellie, dit is nie ek wat so slim is nie, dit is die oulike woordeboek wat ek gekoop het hoor!

    LUS=1. Begeerte na iets, verlangste. 2. Persoon of saak wat iem. se bewondering of genoeë veroorsaak. 3. Genot, plesier. 4. Sinlike begeerte om iets te eet.

    LISTIG, =e; =er, =ste. Geslepe, met lis, bedrieglik. listigheid.

    Probleem as mens ‘n listige mens kry wat lus is……

  17. Dellie Mei 7, 2008 at 9:11 nm #

    Rosa, dis PRESIES dit waaroor ek gewonner het. ‘n Listige mens wat lus is… 😉

  18. demoerin Mei 8, 2008 at 7:02 vm #

    @ Emil, dit lyk nie of hulle regtig weet of Biskop Girotti bedoel het om nog sondes by te voeg, en of sy bedoeling was om ‘n aantal sondes te lys met die bedoeling om uit te wys dat daar sondes is met ‘n sosiale impak. Die sluit sluit bv in pollution, genetiese manipulasie, obscene wealth, veroorsaking van armoede, dwelm smokkelary, eksperimente wat moreel debatteerbaar is, en tenakoming van human rights. Ek hoop nie oom Bob is karoliek nie…hy het groot probleme.

  19. demoerin Mei 8, 2008 at 7:04 vm #

    @ Rosa & Dellie. Sjoe, ja nee, ‘n listige lus kan probeleme veroorsaak. Ons praat nie hier van net 10 heil Mary’s nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: