Archive | 8:33 vm

Die week en ditjies en datjies.

9 Mei

Dit is amptelik Vrydag en om die week af te sluit het ek dit goed gedink om ‘n paar gedagtes oor nuus die week neer te skribbel.

 

Pres. Thabo was soos gewoonlik weer in die kaka. Hy besluit toe mos nou sommer om van die Scorpions ontslae te raak, voor die vrystelling van Judge Sisi se report. En hoekom is daar solank gesloer met die vrystelling, want Judge Sisi het in die verslag gesê die Scorpions moet bly. Mmmm, laat mens dink Judge Sisi is die enigste een wie niks weg te steke het vir die Scorpions nie! Miskien as hy die Scorpions behou sal hulle nie R30,000 se aluminium uit sy dak uit wegdra terwyl hy lekker lala nie!

 

Kom ons beweeg vinnig aan na my tweede mees gunsteling persoon. Minister Manto het die ontwikkelde lande by ‘n konferensie in Parys uitgetrap omdat hulle nie aan die Millenium Development Goals voldoen soos hulle belowe het nie. Hulle moet blykbaat 0.7% van hulle GDP skenk aan ontwikkelende lande, en staan huidiglik op ‘n skamele 0.2%. Manto, my vriendin, jy dink nie dalk hulle het gesien watter kak in jou department aangaan nie? Die Mpumalanga fiasco maar net een voorbeeld? Hulle wil dalk nie meer gee nie, want hulle kan nie regtig uitfigure wat met die geldjies gedoen word nie? Moenie worry nie, cheers met ‘n Johnnie, dit sal jou laat beter voel!

 

En toe ewe skielik het Eskom genoeg krag vir ons almal. Alhoewel dit die koudste week nog die jaar was en almal seker hulle heatertjies en warm kombersies aangeskakel het. Nou waar de moer kom die krag nou vandaan? Of is dit nou skielik nadat daar syfertjies bekend geword het dat ons 6.1% meer, ja MEER, elektrisiteit as laas jaar uitgevoer het, en o ja, 22.4% MINDER ingevoer het. Huh? Dit maak mos nou nie sin dat ons ewe skielik genoeg het nie, hierie wiskunde som tel not te donner op. Eskom ons watch julle! Daar is wel ‘n groot persentasie landsburgers wat nie fokken stupid is nie!

 

Persoonlik is die uwe demoerin nog so siek soos ‘n hond. Ek glo wel ek sal oorleef en die vet hoef nog nie ingeroep te word nie. Baie depressing hierdie week was natuurlik dat ek, met ‘n erkende en swaarverdiende universiteitsgraad, moes uitvind hierdie week dat daar biljoenêrs in die metro-polisie is. Waar de moer gaan ek verkeerd?