Melankolies….ai so ‘n lekker woord

12 Mei

Die woord melankolies rol darem so lekker oor die tong. Wel, demoerin is so bietjie melankolies en dalk bietjie depressief en ook hartseer vanoggend.

Grotendeels weens die feit dat ek my vriende se ouers se Troosdiens vandag gaan bywoon. Is Troosdiens nie ‘n mooi woord nie, baie mooier en meer beskrywend as memorial service, of gedenkdiens sou ek dink.

Elk geval, Emil hoop jy het al die melankolie en depressie oorkom. Die post vandag gaan dus kort en kragtig wees, ek is net nie lus nie.

As ek enigsens moes aangaan, gaan dit elk geval net ‘n klomp vuurspoeg wees. Enigste troos wat ek het, en dalk waarna ek uitsien, is dat ek dalk daai verslaggewertjies daar gaan raakloop vandag.

Emosioneel mag ek dalk nie voorbereid wees vir die hartseer nie, maar boy-o-boy, ek is REG vir daai sensasie-soekende skrywertjies. Hoop net hulle is reg vir my, hierdie stoompot prut nou al vir ‘n week.

Advertisements

11 Responses to “Melankolies….ai so ‘n lekker woord”

  1. meermin Mei 12, 2008 at 7:18 vm #

    demoerin is dit nie dalk Vrydag vandag nie?

  2. demoerin Mei 12, 2008 at 7:27 vm #

    hahaha meermin. sterkte met die goldy in die keel. Sukkel nou al vir meer as ‘n week om van myne ontslae te raak!

  3. Emil Mei 12, 2008 at 8:58 vm #

    Voorspoed, demoerin. Dankie vir die deel van eerlike, dieper gevoel. ‘n Mens kan altyd intellektueel met dinge omgaan en vertroosting in iets soos filosofie vind – maar ‘n mens kan nooit die harde werklikheid van die realiteit om ons weg redeneer nie. En nee, terwyl ek nog onreg, misdaad en onverdraagsaamheid in die gesig staar, is ek bevrees, bly ek belas met hierdie melankoliese SAD wintersgevoel wat nie eers ‘n paar bottles Pinot Noir my kon bevry het van nie.

    My enigste ware fix en redding lê in ‘n donker post vir bosparra, ‘n uiting gee aan my donker monsters. Ek vertrou en hoop jy vind ‘n soortgelyke uitlatingsklep.

    Dis darem al amper Vrydag!

  4. demoerin Mei 12, 2008 at 9:18 vm #

    More Emil, amper Vrydag…sjoe dit is nou positief. Kan nie wag vir hierdie week se parra-post nie! Klink interessant!

  5. meermin Mei 12, 2008 at 9:22 vm #

    ek is nou so de moer in, hierdie donnerse private numbers wat mens bel, ek kry nou al die afgelope week ‘n oproep van so private number, as ek antwoord – wat ek gewoonlik NIE doen NIE, word die foon in my oor neergesit, nou kan die donners sel foon maar lui en lui en lui in sy moer in, ek sal die ding nie antwoord nie!! Eish man hoe kry mens hierdie potskuurder uit jou keel uit??

  6. Jasper Mei 12, 2008 at 11:30 vm #

    Sterkte met die troosdiens. Vat die kamera saam vir die sensasie soekers. Ek wil sien hoe lyk een wat effens verinneweer word…

    Meermin ek stem
    as iemand nie wil he ek moet sien wie bel nie dan het hy of iets om weg te steek of iets om te smous

  7. Pikkelik Mei 12, 2008 at 11:47 vm #

    Sterkte… Ek sal aan julle dink en wees maar jou ou selwers. demoerin, dermoerin….

  8. Emil Mei 12, 2008 at 2:25 nm #

    Ditto meermin – dis normaalweg verdomde call centers wat een of ander stupid polis aan ‘n mens wil afsmeer – jy kry kwalik tyd om “voertsek” te sê so gaan hulle aan met praat. Dis om van nog SADder te word!

  9. Wipneus! Mei 12, 2008 at 8:50 nm #

    Demoerin ek hoop jou dag het darem goed verloop. So diens is maar ‘n hartseer storie.

  10. demoerin Mei 13, 2008 at 6:44 vm #

    Terugvoer. Ongelukkig dink ek was hulle under-cover as hulle wel daar was. Miskien lees een van hulle die blog en het hulle geweet ek wag vir hulle, of ek kon hulle dalk nie tussen die 1000 mense uitken nie?….hahaha
    Wee julle, maar dit was egter ongelooflik, die Ds. het oor vrede gepraat, en jy kon dit egter daar aanvoel. Dit was of hierdie wonderlike kombers van vertroosting oor almal was!

  11. Wipneus! Mei 13, 2008 at 9:33 vm #

    Miskien het hulle hier gelees en daardie avatar gesien, ek sal ook dan maar liewer in ‘n hoekie gaan wegkruip.
    Bly die diens het vertroosting gebring…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: