TSDS…. 2.Gluttony

14 Mei

In ons soeke na die uitleg van die sewe doodsondes slat ons nou nommer 2 vandag, Gluttony, letterlik in die broodblik. In Afrikaans sekerlik beter bekend as vraatsug of ooreet. In my boekies sal dit bekend staan as Kersfees-sonde. Dis elke keer op Kersdag wat ons totaal en al oorboord gaan met tafelpote wat wankel onder die gewig van elke lekkerste-lekker dissie. Nogal snaaks ironies.

 

Elk geval, die woord gluttony is afgelei van die Latynse woord, gula. Nou hoor nou die mooi beskrywing, gula in Latyn beteken om gulsig te sluk…oulik! Hierdie is weer een van daai TE-gevalle. Meeste gevalle verwys gluttony na die ooreet of vraatsug tot die punt waar dit vermorstend word. Partykeer word gluttony dan ook nou baie weier getrek en word dingetjies soos die obsessiewe uitsien na etes, of die konstante geniet van lekkernye en uitermatige duur kossoorte ingesluit.

 

Waarop daar dan gesinspeel word is dat jy te dikwels, te veel of te duur eet. Wat dit nou eintlik sondig maak, is die feit dat terwyl jy nou soos ‘n koning in jou eie huis, of by ‘n restaurant eet, daar mense is wat nie die gelukkie beskore is nie. En as jy dit nou TE doen word daar paralelle met vermorsing getrek.

 

Nou baie van die volgende stem ek nou nie noodwendig mee saam nie, maar volgens my beste maatjie, Wikipedia, het Pous Gregory the Great gestel dat vraatsug op die volgende maniere gepleeg kan word: tyd (om agter die lekker aan voor gestelde tye te eet), kwalitiet (om altyd te soek na lekkernye en die allerduurste ter gratifikasie van jou “vile sense of taste”), stimulante (die konstante soeke na die verbetering van die kossmaak met speserye en souse), hoeveelheid (die eet van meer as wat nodig is), gretigheid (om te gulsig te eet).

 

Nou waarna toe nou, dankie sê ek is nie Rooms-Katoliek nie is net ‘n begin. Maar tog laat dit my nog wonder, veral as dit kom by vermorsing en gulsigheid. Sê ons nog dankie vir wat ons elke dag beskore is? Gee ons eerder oorskiet weg aan behoewendes, of gaan dit op die maklike manier asblik toe? Al voel ek nou nie sleg oor die prawn in linkerhand, en die Franse champers in die regterhand nie, doen ek ten minste iets om ander in hongernood te help?

 

Maar nou ja, terwyl ons almal nou in die kaka is, en die prawns, salmon en champers op Kersdag vir my wink in die verte, dink ek dit goed om die reseppie te plaas vanaf http://www.boerekos.com. Gaan loer maar gerus in, baie cheap bestandele wat jou nie vraatsugtig sal maak nie. Bly net weg van die lamsvleis afdeling, verskriklik duur deesdae.

 

Malvapoeding

Saturday, January 13 2007 @ 09:38 PM CST
Geskryf deur: Dalene

Beslag:4t Botter
1k Strooisuiker
2 Eiers
2 ½ t fyn Appelkooskonfyt
1t Koeksoda
½ k Melk
1t Bruinasyn
1k Koekmeelblom, gesif
Knippie Sout

Sous:

1k Room
¾ k Suiker
125 g Botter
½ k Kookwater
1t Vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n groterige oondvaste bak goed met botter of margarien of spuit met ‘n kleefwerende kossproei.
Room die botter en strooisuiker. Voeg die eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die appelkooskonfyt by. Roer die koeksoda by die melk en voeg die asyn by. Voeg dan die gesifte meel en sout om die beurt met die melk by die botter-en-suikermengsel. Skep die beslag in die voorbereide bak. Bak ongeveer 45 minute lank in die voorverhitte oond, of tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die middel van die poeding kom.

Sous:
Meng al die bestanddele vir die sous en verhit tot kookpunt. Giet die sous oor die gaar poeding sodra dit uit die oond kom.

Sit voor met vla of roomys.

 

 

Bon Appetit!

Advertisements

17 Responses to “TSDS…. 2.Gluttony”

  1. Blixer Mei 14, 2008 at 9:15 vm #

    Mag dalk een van die 7 doods sondes wees, maar wat is lekkerder as om ‘n groot familie saamtrek te he oor kersfees en vir ure lank te kuier aan tafel oor heerlike kos. Ons familie hou ook gewoonlik ‘n paas ete met vis en koring en ongesuurde brood- natuurlik is daar rooiwyn.

  2. platterfuss Mei 14, 2008 at 9:35 vm #

    Eishhhhhhhhhhhhhhhh!

    Frok! Ek DROOL nou skoon!!!!!!!

  3. demoerin Mei 14, 2008 at 9:43 vm #

    Stem blixer en platter, moes die dalk later in die dag gepost het. Nou gaan ek die hele dag aan kos dink. En weereens dankie sê ek is nie RK nie, na laas week se Lust, die week se Gluttony….nee jong

  4. Dellie Mei 14, 2008 at 12:31 nm #

    Daar is niks so lekker soos ‘n lekker bord kos nie. Maar ek dink darem nie ek maak myself skuldig aan vraatsug nie. Dis net soms, op ‘n Sondag, as ek daai tweede ou skeppietjie gaan vat, dat ek by myself dink: mens, nou doen jy sonde…

    BTW, ons lief Malvapoeding. Met roomys oor. Lekker! 😉

  5. Meermin Mei 14, 2008 at 12:59 nm #

    EN NOU? As jy resepte uit deel? Lekker man, lekker! My seun sal ‘n hele bak bruinpoeding alleen opeet, dan verdwyn die vla ook, alles in sy spensie in!! My oorlede ouma het altyd gesè ONTHOU NET JY LEEF EENKEER, EET TERWYL JY KAN WANT AS JY DOOD IS, EET DIE WURMS JOU!!

  6. Wipneus! Mei 14, 2008 at 1:03 nm #

    hie hie Demoerin dankie dat jy my so help om binne my kos begroting te bly. Die storie vreet deesdae ‘n goeie hap uit my beursie uit. Vraatsug nee ek glo nie, behalwe as ons nou van Lindt sjokelade praat, dan moet julle my maar verskoon, ek word gewoonlik dadelik in die gulsige boksie gesorteer 😉

  7. demoerin Mei 14, 2008 at 1:53 nm #

    Ag meermin, besluit met die sewe sondes saam is ons almal so diep in die kaka, ons kan net so veel voort gaan en lekker eet!
    Wipneus, Lindt Pistaccio!!

  8. Johan Swarts Mei 14, 2008 at 7:02 nm #

    damn, dan’s ek heeltemal geskroef…gormendizer is engels vir smulpaap, vraat, hy wat gulsig eet. hehehe….

  9. Emil Mei 14, 2008 at 11:25 nm #

    Hel, ek voel skoon sleg dat ek nou eers inloer, maar so is dit maar.

    Het gisteraand malva poeding gehad – mmm … het gisteraand hierdie sonder gepleeg, beide kos en wyn in Moya by Spier – hoe kan ‘n mens dan nou met ‘n 200m buffet tafel.

    O ja, ek het vandag ‘n critic van my ook uitgewys hy’s/sy’s seker verslaaf aan kos 😉 Ek is dus nie alleen met hier brassery nie.

    Goeie een – twee sondes in twee weke – hemels … uuuhh … hel, ek’s gedoem.

  10. Emil Mei 14, 2008 at 11:26 nm #

    Ai, wys jou om nie middernag te probeer slim wees nie. Moet lees “het gisteraand ook hierdie SONDE …” 😳

  11. Roer Mei 15, 2008 at 6:17 vm #

    Dis nou nie iets wat ‘n mens moet lees met ‘n mond vol kos en ‘n hand vol burger nie… (en dis nie ‘n persoon nie 😉 ).

  12. demoerin Mei 15, 2008 at 6:50 vm #

    @ Johan, welkom, kom loer weer in. Ja nee, kan sien die boere is nie katoliek nie!
    @ Emil, hold onto your hats, volgende week kyk ons bietjie na greed!
    @ Roer, die maag moet ook gevoed word, sodat die vingers kan tik!

  13. Emil Mei 15, 2008 at 1:36 nm #

    Nee wat, demoerin, ek dink ek is veilig by daai een. 2 uit 3 – my odds verbeter.

  14. demoerin Mei 15, 2008 at 1:40 nm #

    @ Emil, ja, gelukkig is daar net 7…..daar is wel 5 oor! hahahaha

  15. rosalindfranklin Mei 15, 2008 at 5:58 nm #

    Ag neem gedroom gereeld (in my slaap) oor ‘n outydse buffet met ALLES in en dan vreet ek. Heerlik.
    Geen sonde om ‘n hele pizza op te eet nie.

    Mens wat nie lekker eet nie, nou ja….hulle geniet ook nie ander lekker dingetjies nie. Maar as iemand kos geniet…wel-wel-wel 🙂 wink-wink

  16. demoerin Mei 15, 2008 at 6:52 nm #

    Is dit nie die lekkerste lekker om te sien hoe ander mense hulle kos geniet nie?

  17. Zee Mei 22, 2008 at 8:55 vm #

    Ai, lees jou orals raak en besluit toe om hier te draai. Wat ‘n verassing vir die lekker reseppie. Liefie gaan darem ‘n surprise kry Sondag. Hy is juis so mal oor gebakte poeding (FYI…. ek suck in die kombuis so enige reseppies wat maklik lyk try ek uit)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: