Die week in ‘n neutedop

16 Mei

Nou ja, die week het demoerin weer heelwat uit die blogosfeer…en die nuus geleer.

Ek het baie geleer van die son, newels en dergelike goed in die buite-ruim. Baie interessant onderwerpe waarvan ek weinig min weet. Maar ek bly ‘n gewillige student.

Verdraagsaamheid, respek en hoop het weer groot gefeature die week. Ek het myself net weer herinner dat die feit dat jy verdraagsaam en hoopvol is, dalk somtyds bietjie naief kan wees, maar tog nie beteken jy staar jouself blind teen die realiteite nie.

Verder het ek geleer van interessant goed soos rhinofeem en dat ek die reaksie-tyd van ‘n cheetah het. Gelukkig nie ‘n slak nie, wat dit sou nou ‘n heel nuwe indentiteitskrisis laat ontstaan het. Golf, swinging en boobies het ook blykbaar heelwat met mekaar te doen….ek werk nog aan die een! Almal was ook wel so bietjie siek,siek,siek die laaste tyd en daar is vele rate, van medlemon en disprins tot gemmerbrannewyn en die goue ou vicks onder die voetjies.

Daar is mense met MOER baie geld in die wêreld. So baie dat iemand $33.6 miljoen vir ‘n prentjie van ‘n vet vrou, wat lyk of sy van ‘n bank afdonner, betaal het. Ek het ook vandag gelees dat DGS se probleem nie net moegheid is nie.

Van Marmite met ingeboude kaas, en dat DIY nie net te doen het met saag,spyker en screw nie. Daar was hekse op turbocharged besems wat ‘n staatmaker vriendin aan iemand anders is. Kies jou vriende goed, want die wat eg is sal berge vir jou versit! Dan is daar ook baie oor kos gepraat, en my magie begin al weer grom.

Kerm en kla en sommer net ‘n kommin gemoanery kom natuurlik. Ja, mense, natuurlik. Daar is niks daarmee fout nie en ons doen dit almal een of anner tyd. Ons maak ons breine lui deur altyd gepoon-feed te wil word, mensies, ons moet self bietjie dink en redeneer so af en toe! Die brein moet net so goed soos die ander spiere geoefen word!

Dan het ek amper die ander dag op die foon Gespring en die Waterkloof outjies gebel toe ek hoor Lazarus is gevind. Toe draai dit nou uit Steve te wees. Shame, vals hoop.

Ek het ook gesien hoe die stilstaan van ‘n kabelkarretjie voorblad nuus kan haal. Heeeee Haaaa! En hoe jy weereens ietsie so onbenullig in sensasionele nuus kan verander. Ook hoe xenofobia besig is om die nuwe “apartheid” te word. Aan die regering, ja, gaan voort en nooi almal die land in. Gee vir hulle huise en laat die maatskappye hulle vir laer lone aanstel. Who cares. Ons het maar net ‘n 25+% unemployment rate van ons eie. Die volk raak moeg vir leë beloftes.

Dan is daar egter ‘n poephol wat so ver kan gaan om vir Winnie, Mrs. Madiba, te kan noem. Hieroor wil ek nie eers uitbrei nie!

En Ricky, ek dank nog steeds die sterre en son, en maan en newels dat Tant Hessie se perd wit, en nie fokken swart was nie.

Advertisements

17 Responses to “Die week in ‘n neutedop”

  1. Jaco Mei 16, 2008 at 9:15 vm #

    Nice opsomming. Miskien moet ek sommer van nou af my weeklikse blog fix hier kom kry, dink net hoeveel tyd ek sal spaar om my actual werk in te doen

  2. Emil Mei 16, 2008 at 9:43 vm #

    Wat ‘n lekker opsomming van die gebeure in die blogsfeer, maar jy noem dan nou niks van wyn nie!

    Ja nee lyk my xenofobie word nou kwansuis vir alles blameer. Ou Alec Irwin reken toe mos ook die kritiek op Eskom se kraguitvoerbeleid is genessel in xenofobie. Dit raak darem nou ‘n maklike verskoning vir die regering se onbevoedheid.

    Lekker naweek – ek is geintereseerd in jou opsomming oor die gebeur van volgende week.

    En ja, dankie vir Ricky Louw. Hy borg nog steeds my blog 😉 Maar skynbaar is daar nou ‘n gerug in die rondte hy drink eintlik whiskey.

  3. demoerin Mei 16, 2008 at 9:50 vm #

    Ek moet sê die opsommings is nogal pret. Ek sien self uit na volgende week!

  4. demoerin Mei 16, 2008 at 9:51 vm #

    @ Emil, sal bly wees as hulle nou iets andersa wil begin blameer, apartheid raak nou afgesaag!

  5. netjane Mei 16, 2008 at 10:02 vm #

    Nice opsomming! Ek dink ek moet net hier kom lees eerder as om ure op die ander blogs te verwyl…

  6. Dellie Mei 16, 2008 at 10:10 vm #

    Jinne, lyk my ek het ook die week oral gekuier waar jy was! Maar dis lekker om jou opsomming te lees.

    PS. Die vicks onder die voetjies het die ding gedoen. Hoop jy voel ook al beter? Miskien moet ons die virusse finaal in Tequila probeer versuip die naweek… 😆

  7. Blixer Mei 16, 2008 at 10:20 vm #

    Oulike Nando ad op die radio gehoor. Die een chip sê vir die ander dat Eskom bydra tot die uitwissing van korrupsie. ‘Hoe meen jy?’ vra Chip nr2. “Easy power corrupts, so they cut the power”

  8. demoerin Mei 16, 2008 at 10:33 vm #

    Nee maters, ‘n opsomming kan nie ander se goeie skryfwerk vervang nie!!
    @ Dellie, gisteraand die virus in wyn verdrink…dit het nogals gehelp!
    @ Blixer, Nando’s bly darem oulik!

  9. Wipneus! Mei 16, 2008 at 11:44 vm #

    Demoerin help wyn vir die verkoue virus? 😯 Dis seker die gesonde druiwe wat die ding doen …….

    My teddie lees ook jou blog, dit is hy wat gister die prentjie ‘n byskrif gegee het, al het ek hoe hard geprotesteer….
    ek sê vir hom dis my naam wat daar gaan verskyn, met so ‘n “man” byskrif….ek gaan my naam met ‘n plank slaan 😆

    Jy is reg mens leer oor baie goed as jy by almal gaan inloer…..

    Lekker naweek hou….uiteindelik het hy aangebreek….

  10. Smile Mei 16, 2008 at 11:56 vm #

    Hello Demoerin!
    Het sopas jou blog gevind! Heerlik om alles in ‘n neutedop te kan lees met ‘n humoristiese inslag!
    Sal nog baie kom kuier

  11. Pikkelik Mei 16, 2008 at 2:12 nm #

    Goed opgesom, ek dink jy moet dit ‘n permanente instelling maak. Dit was nou groot pret… 😆

  12. demoerin Mei 16, 2008 at 2:19 nm #

    Wipneus, ek weetie of die virusse geskrik het en of hulle verdrink het nie, maar ek voel tonne beter vandag!
    Hallo Smile…kom kuier weer.
    Pikkelik, dit was nogal pret, dink ek sal dit wel elke week doen!

  13. Emil Mei 16, 2008 at 2:24 nm #

    Wipneus, demoerin het om so gesond gedrink aan die Bredell’s, ek moet wyn na hom versend 😉

    Ek dink nie soseer dis die wyn alleen wat gesond maak nie, eerder die kombinasie van alkohol en medisyne 😆

  14. rosalindfranklin Mei 16, 2008 at 4:01 nm #

    Julle praat so van Nando’s op moederdag dag het hulle iets in die lyn gehad van: Now you can breast feed your mother. LOL

  15. Leon Mei 18, 2008 at 10:08 nm #

    Demoerin – is al ‘n dag laat of wat om te reageer maar nadat ek jou ongelooflike vermoeë gesien het om dinge sommer so oop te kloof na die werklike essensie het ek dit weer gelees en vir ‘n oomblik stil gesit. Daarna het ek die Glenmorangie 25 jaar gaan uithaal en geskink in die hoop om ‘n gepaste bydrae te kan maak. Jy skryf baie lekker ou maat.

  16. demoerin Mei 19, 2008 at 6:44 vm #

    @ Emil & Wipneus, as jy by die huis is blyk alkohol en medisyne ‘n wenkombinasie vir siekte te wees.hahahaha
    @ Leon, ek en 3 vriende was nou nie soooo gelukkig Vrydag aand nie, maar ons kon darem ‘n JW Black op eishhh polish!

  17. demoerin Mei 19, 2008 at 6:48 vm #

    Emil en Wipneus, as jy veilig by die huis is, blyk dit alkohol en medisyne is ‘n wenkombinasie vir verkoue!
    @ Rosa, Nando’s was nog altyd soooo skerp. Jammer ek het daai een gemis.
    @ Leon….ek is jaloers. Ek en 3 vriende kon darem Vrydag aand ‘n bottel JW Black op eishhhh polish!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: