Archive | 7:35 vm

Fortune se fortuin…

19 Mei

Lees ek toe nou gister in die Sunday Times van die soon to be ex, Mev. Quinton Fortune, se aansoek by die hof dat daar geldjies oor die water aan haar gestuur moet word.

In die lig van ander onlangse aansoeke, alla Sunette, wonder ek toe nou waar die lyntjie getrek moet word. Kyk, ek sê nou nie jy moet in sak en as gelos word nie, maat liewe genugtig Mev. Fortune, moet jy nie dalkies ‘n bietjie probeer “needy” klink nie?

Volgens die koerantberig benodig Mev Fortune onmiddelik R1miljoen. Dit moet betaal vir meubels vir haar twee slaapkamer, ja TWEE slaapkamer woonstel. O ja, moenie dat ek nou van die Audi S3 met all die bells en whistles vergeet nie. Silk Nappa leer en R7,000 sitplek verwarming?

Moenie dan nou van die ten minste R50,000 per maand vergeet vir “living expenses nie”. Definitief nie ‘n program van Ter Wille Van Oorlewing hierdie nie. Van die maandelikse uitgawes wat gelys is, en ek neem aan hierie is ter ondersteuning van haar eis, is soos volg (onthou dit is MAANDELIKS):

  • R12,000 vir gremering
  • R10,000 vir toiletware
  • R10,000 vir CD’s, “tapes & batteries”…moenie eers vra nie
  • R20,000 vir klere
  • R8,000 vir kruideniersware…en vir “milk & bread” ‘n verdere R900
  • R4,400 vir uiteet, fliek, vertonings en museums
  • R12,000 vir boeke en geskenke

Nou die aardige spulletjie spulletjie maandelikse uitgawes tel op tot oor die R100,000 maar sy sal “nice” wees en net die helfte vra. Nou sal ek nou net wonner, vir ‘n single vrou het sy darem maar moer baie uitgawes. Hoeveel keer gaan fliek sy? Is daar genoeg nuwe releases in ‘n CD winkel dat jy elke maand R10,000 daar kan uitgee? Kruideniersware van R8,000 per maand EN dan nog geld vir uiteet? Goeie moer, wat eet die vrou? Die batterye wil ek liewerste nie oor gis nie.

Ek is seker daarvan ‘n lysie soos die is veronderstel om te dien as bevestiging aan die judge dat jy die geld nodig het, hierdie lees soos ‘n fokken sprokiesverhaal uit la-la land.

Nou wonner ek, waar trek jy die lyn? Is hierdie maar nie net lieg sonner om te blik en bloos nie…en nog erger, is die hofaansoek maar nie soos ‘n beëdigde verklaring nie? How wena!

Advertisements