Eksotiese vertroeteling….

20 Mei

Demoerin het gister so bietjie internet navorsing gedoen. Ek het besluit ek het ‘n pet nodig, en dat dit exotic moet wees. Ongelukkig is dit nou nie die soort wat recide in die playboy mansion nie, okkie die Russian mail-order tipe nie…daarvoor is my sak te plat, en ek sal die vertroeteling liefs vir langer as EEN aand wil hê.

Kyk, ons praat hier van regte troeteldiere…wel, nou nie dat die uit die mansion nie regte troeteldiere kan wees nie. Laat ek weer probeer….agt bene, harig, groot tande….fokkit nou klink dit weer soos ‘n nagmerrie weergawe van Medusa gekruis met Manto….grrrriiiiillllll.

Ok, laat ons tot die punt kom, trompetgeskal……Tarantula. Ek het nog altyd die fassinasie met slange en spinnekoppe gehad. Van kleins af moes Ma al gereeld my kamer deursoek om seker te maak daar is nie iets grillerigs en angswekkends iewers in ‘n boksie weggesteek nie! Met die grootword saam, en met meer common sense het die versamelsiekte ook verdwyn.

Ek bly nou maar ongelukkig in wat in ons kompleks, ‘n unit genoem word. Niks meer as ‘n glorified flat nie! Elk geval, my eerste keuse sou ‘n woef wees. Glo nie dit sou werk in ‘n eerste verdieping possie in ‘n kompleks vol klippe nie, en waar jy om elke hoek en draai by die berg kan afdonner nie!

Ek sal nou maar erken, ek is nie ‘n kat fan nie. Dadelik van my lysie geskrap! Tropiese visse en tenk skoonmaak is vir my twee frases wat een en dieselfde ding beteken! Been there, done that, gave the the whole lot away situation!

Wat ons nou weer terugbring by reptiles en arachnids…slange en lizzards klink vir my na net soveel werk. As daai nou van die lysie af is bly net spinnekoppe oor, en die enigste een wat die moeite werd is om as troeteldier aangehou te word, die Tarantula!

As babatjies 2 tot 3 keer per week kos, as volwassene 1 tot 2 keer per week. Terrarium word so elke 6 maande skoongemaak. Klink soos my tipe troeteldier hierdie.

Wat my bekommer is almal se reaksies. Dit range weer van uitlatings soos “Is jy mal?” tot “Ek kom kuier nie weer vir jou nie!”. Gaan my troeteldier my in ‘n kluisenaars-bestaan indompel?

Hel, dit is nie asof ek ‘n pofadder, krokodil of Manto in ‘n hok gaan gooi nie. Dit is ‘n harmless spinnekoppie….wat blyk baie goedkoper onderhoud verg as ‘n alla-mansion exotic pet!

Advertisements

18 Responses to “Eksotiese vertroeteling….”

  1. Wipneus! Mei 20, 2008 at 9:11 vm #

    Whaahaahaa Demoerin. Julle wil altyd die grillerigste “pets” aanhou, myne soek ‘n slang. ‘n Slang vertel ek jou, nee sê ek, ek bly nie saam slang se kind in een huis nie. Maar jy wil ‘n spinnekop as troeteldier hê, hoor jy die woord “troetel”.
    Hoe troetel mens ‘n spinnekop? Maar laat daar nou nie van my gesê word ek is ‘n nat vadoek nie……hoop jy het wonderlike dae saam jou spinnekop. Geniet jou kluisenaars-bestaan 😆

  2. netjane Mei 20, 2008 at 9:45 vm #

    Hier wil ek nog vir jou ‘n 18-jarige begin soek, maar daai spinnekop gaan probleme veroorsaak!! Ek wonder of ek en jy naby dieselfde “berg” bly, daar is net soveel in JHB…

  3. demoerin Mei 20, 2008 at 10:38 vm #

    @ wipneus, ek en my spinnekop sal maar saam oud word. hahaha. Ek dink nog steeds met gereelde hantering kan daar ‘n band ontstaan. What-ever, al wat ek weet is dat ek slange en spinnekoppe vir usre kan dophou!
    @ netjane, moet asb nie ophou soek nie! hehehe. Ek bly op die Northcliff berg.

  4. netjane Mei 20, 2008 at 10:54 vm #

    Haai! Ek amper ook, net af van die berg af. Ons is amper bure!

  5. demoerin Mei 20, 2008 at 11:04 vm #

    @ Netjane……die goeie mense bly daar rond!

  6. RdK Mei 20, 2008 at 11:53 vm #

    My een seun het net so n ding oor spinnekoppe, maar gelukkig kan ek nog Doom bekostig

  7. demoerin Mei 20, 2008 at 11:58 vm #

    Neeeeee RdK. Laat my dink aan die dag toe vriendin se 2 dogtertjies by skool moet haan aflaai. Sit eers tasse buite kar neer, kar oopmaak ens. ens. Enetjie wyer toe om sak op te tel oor dei spinnekop op die handvatsel. Huil, skreeu blou-moord. Ek “dispose” toe maar van dei dingetjie om weer rus en stilte te bewerkstellig. Sy hou toe op huil, draai om, kyk my innie oë en sê “You just killed one of God’s creatures”

  8. Meermin Mei 20, 2008 at 12:43 nm #

    Neeee hou veby met spinnekoppe en dinge, ek sal die ding met gif doodspuit, nee geen gogga’s vir my nie!! Vriende van ons het slange, kyk ek loop op esse en sesse verby daai vertrek met al die slange in!! Gril my dood net om te dink die goed is in daai huis! My bure se slang het so uit die hok verdwyn, die ding is nog steeds missing, hoop maar net die ding is nie dalk iewers in my huis nie, ek sal gil en skreeu dat die hele PTA my sal hoor!

  9. Eendjie Mei 20, 2008 at 12:57 nm #

    Gee my ‘n verkleurmannetjie of ‘n hottentotsgodjie (praying mantis) hulle is ten minste oulik. Maar ‘n tarantula?…..huh-uh, hou verby.
    😯
    Geniet maar jou Arachnid-kindjie! Terloops, wat is sy naam?

  10. demoerin Mei 20, 2008 at 1:05 nm #

    Meermin, ek is seker die slange is skadeloos.
    Eendjie, welkom en kom kuier weer. Het nog nie een gekry nie, mense sê ek moet wag vir die volgende reptile show. Sal solank my ducks in a row kry en lees oor hulle. Sal sekerlik ‘n sy wees, die girls leef langer….eintlik baie langer!

  11. Pikkelik Mei 20, 2008 at 1:46 nm #

    Ek het nou regtig ook nie ‘n vreesmanie oor spinnekoppe nie. Ek kan dit eenvoudig net nie bekostig nie, spinnekoppe is hier in ons wêreld so volop soos voëls. Maar vriend-tarantula sal sekerlik ingevoer moet word as jy ‘n ordentlike een soek. Dit klink ook vir my na ‘n bargain, dink net wat sal jy kan spaar aan goggospray! Of eet die outjies nou groter goed soos krieke? Hoe ook al, dit klink nogal vir my na ‘n heel goeie troeteldier. Dink net, jy sal nie elke liewe dag moet poef optel nie…

  12. demoerin Mei 20, 2008 at 1:52 nm #

    Uiteindelik!!! Yippeee, iemand wat saamstem! Kos hange maar van die grote af, enigiets van vrugtevlieë tot krieke! Gelukkig is hulle nogal heelwat localy beskikbaar! Ek sal wel maar geduldig wees tot ek ‘n reputable plek opgespoor het.

  13. Rustig Mei 20, 2008 at 4:29 nm #

    Nee genade! Het julle mense nie ‘n lewe nie. Wat is volgende? Vlerremuis en besem met swart kat? Ek kuier ook nie by mense wat sulke goed aanhou nie. Vriend van my het ook slange aan gehou, tot die gedierte ontsnap het. Nooit weer daar oornag nie en dit is al paar jaar terug.

  14. Wipneus! Mei 20, 2008 at 8:45 nm #

    hie hie Rustig, ek weet self nie wat gaan hier aan nie. Volgende hoor ons hy het regtig ‘n liefde vir die spinnekoppie ontwikkel…..

  15. demoerin Mei 21, 2008 at 7:41 vm #

    Rustig en Wipneus…julle weet nooit nie! Ek is al so excited, maar het haar nog nie eers aangskaf nie!

  16. Dellie Mei 21, 2008 at 5:42 nm #

    Weet jy, ek gril vir klein besies en kakkerlakke en goete. ‘n Tarantula klink en lyk vir my meer na ‘n diertjie as ‘n spinnekop. Ek skat mens sal seker kan lief raak vir die dingetjie as jy hom van kleins af het, en jy nie deel van sy dieet uitmaak nie. Maar kry maar vir jou, ek sal by Worsies hou! 😉

  17. Jennie Augustus 14, 2008 at 12:03 nm #

    Ek het so ‘n ruk terug ook nog gegril vir spinnekoppe, toe gaan besoek ek ons naaste petshop so ‘n paar keer en bekyk die tarantulas ordentlik. En weet jy – hulle word vir my al hoe mooier hoe langer ek kyk! Ek dink egter nie dat hulle ooit dieselfde kameraadskap en liefde kan gee as ‘n woef nie. As jy ‘n klein tipe woef kry, kan jy dit leer om in ‘n katsandbak draaitjies te loop. Dit werk baie goed. My twee brakkies is so geleer en is 2 regte woonstel (unit?) honde. En – as ek op vakansie gaan kan ek my brakkies in die kennels sit … wie gaan na ‘n spinnekop kyk??

  18. demoerin Augustus 14, 2008 at 12:30 nm #

    Nee jong, ek het iets nodig wat nie te veel spasie en/of maintenance verg nie. As ek nie vandag kan kos gee nie, moet more ook fine wees. Talula sal natuurlik saamgaan op vakansie…hoekom nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: