WTF?

20 Mei

Ek het besluit om vandag heel rustig net lekker voort te donner. Hier en daar op iets lighartigs te comment. Toe lees ek nou terwyl ek my Mac & Cheese geniet dievolgende in Beeld…..en dan wonner hulle hoekom ons land in die kak is….en die versoening nog iewers aan die einde van die reënboog hang?

‘n 26 jarige outjie het wakker geword in sy bed met iemand wat by sy kamer probeer inkom. Gelukkig was sy deur gesluit. Nou ja, hy vat toe nou ‘n geweer en vuur 2 skote deur die deur. Inbreker nommer 1 word gedood en Inbreker nommer 2 ernstig gewond.

Trompetgeskal…in kom die grote Cosatu provinsiale sekretaris, mnr Solly Phetoe. Hy eis onwonwonde dat die outjie dadelik gearresteer moet word vir die rassistiese moord en gaan voort om hom te vergelyk met Johan Nel, die Skielik-skieter.

Is die man bedonnerd in sy kop. Links-en-regs aanhoudend deur die windmeul gemoer? Daar is iets groots fout in die land, en two wrongs does not make a right, maar oom Solly, pasop wat jy verkondig ou vriend…as daar al klaar van jou as rassistiese moordenaar gedink word…mag mense dalk net begin om aan die verwagting te voldoen.

Jy speel met vuur, die boere-volk het met gewere in hulle hande grootgeword!

Advertisements

11 Responses to “WTF?”

  1. RdK Mei 20, 2008 at 3:10 nm #

    Ja so iets maak my ook vreeslik demoerin…. (Dis die woord wat ek daagliks gebruik – dink ek en jy is naamgenote)

  2. demoerin Mei 20, 2008 at 4:42 nm #

    RdK, daar is gelukkig nie ‘n trademark geregistreer nie, en die gebruik van my naam is free en verniet solank dit kragdadiglik en met ghutspa gedoen word. hehehe

  3. Emil Mei 20, 2008 at 8:32 nm #

    Sjoe – gewigtig. Ons soek net konsekwentheid by hierdie dinge. Hoekom gaan sy edele van Cosatu nie so aan oor die mense wat in die strate brand nie. Sakndelik – sulke dinge sweep mense net meer op. Dit is eerder ‘n aanduiding van hoe swak die regering met die saak omgaan – wat verwag hulle, dat mense op hul gatte gaan sit en toesien hoe onwettige uitlanders hulle plekke toestroom, of dat mense stil-stil koppe gaan sak voor elke janrap en sy maat wat iets wil kom afvat in die middel van die nag?

    Wat my eerder pla is dat ‘n jong man soos daai met sy geweer langs sy bed moet slaap. Die idiote kyk die ware probleem so ver mis!!! Ai, cry my beloved country.

  4. Wipneus! Mei 20, 2008 at 8:51 nm #

    Ag nee, waar sit die Solly se breins? Die outjie het sy eie lewe gered. Of die misdadigers of hy. Dinge raak nou lelik in ons land.

  5. Emil Mei 20, 2008 at 10:56 nm #

    So terloops, moenie more demoerin wees vir my nie. Ek het iets kontroversieels gedoen oor kloning en stamselle en trap so liggies om tone.

  6. demoerin Mei 21, 2008 at 7:44 vm #

    @ Emil, ek kan nie wag nie…sal spesiaal mooi borsel aan my tande! hahaha
    Wat my bekommer, as die ergste al klaar van jou gesê of verwag word, gaan jy dit nie maar net dan in elk geval doen nie?

  7. Roer Mei 21, 2008 at 8:59 vm #

    Ek het ook my aptyt verloor met die lees van hierdie stukkie. Ek sal graag van daai poepol (verskoon die Armeens) wil weet hoe de &^%$#$ moes daai outjie DEUR die deur sien wat die velkleur van die inbrekers was?! Hy vergelyk dit met die Johan outjie se moorde (plakkerskamp skietery). WTH?!?!?!? Daar is GEEN vergelyking nie. WAT?!!! Sal Solly in sy bedjie gesit het en gewag het tot die inbrekers in kom sodat ons net kan seker maak die blerrie goed (askuus, inbrekers/possible moordenaars) is nie swart nie. Heaven flippen forbid! Nee wag, daar verloor ek weer my aptyt.

  8. demoerin Mei 21, 2008 at 11:54 vm #

    Bring ons net weer by die ou geval van IETS moet blameer word vir wat gebeur. ‘n Verskoning moet uitgedeel word, want tog sal geen persoon besluit om iewers te roof en steel nie. Daar MOET ‘n ander rede wees…KAK man. Hulle was diewe..punt…en as die deur nie gesluit was nie…heel moontlik moordenaars!

  9. Blixer Mei 22, 2008 at 9:45 vm #

    Selfde ou storie oor en oor! Die kamerdeur was toe!!! Dit kon enige ras gewwes het- wat soek die donners in elke geval daar?

  10. cleopatra Mei 24, 2008 at 10:08 vm #

    Eish man,ons mag nie eers meer onsself verdedig nie,dan’s ons rassisties!Dis baie pateties en flippen sad wat in hierdie land aangaan.

  11. demoerin Mei 26, 2008 at 11:20 vm #

    Cleo, dit is verby SAD!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: