Archive | 7:39 vm

TSDS…. 3.Greed

21 Mei

Greed kom van die Latynse woord, avaritia, en het in Engels ook baie mooi name gewortel in die woorde avarice en covetous. Net soos met lus en vraatsug is dit ‘n sonde gekoppel aan TE.

 

Alhoewel gretigheid in die kerklike sin meer dikwels gekoppel word aan geld, word die volgende ook in die sak gegooi, veral in gevalle waar dit jou persoonlik gaan bevoordeel, of spesifiek ‘n ander party gaan benadeel: onlojaliteit, verraad bv, deur omkopery, diefstal veral deur die gebruik van geweld, en manipulasie van ‘n gesagsposisie. Hierdie is dan meestal vir persoonlike gewin bv. Om iemand anders te benadeel, sodat jy ‘n beter posisie by die werk kan bekom of om jou gesagsposisie te gebruik om kontrakte vir persoonlike gewin te bekom. Die godjie Mammon is almal mee bekend, en dit is ‘n definitiewe NO-NO.

 

Goed, noudat ons weet wat die definisies is, kan ons weereens aflei dat ‘n groot gedeelte van Suid-Afrika se bevolking in die kaka is. Gretigheid tot ‘n punt word gesien as voordelig, nie net vir die persoon self nie, maar ook vir ‘n land se ekonomie. Dit kan op ‘n goeie vlak lei tot verbetering, solank dit nie tot nadeel van ‘n ander persoon/persone is nie.

 

Die ding is net so, en word deur ons kapitalistiese samelewing uitgebuit, ons wil graag die nuutste, beste en duurste hê. En daar word miljarde rande elke jaar gespandeer om dit om elke hoek en draai in ons gesigte te gooi. Jou straf eendag gaan blykbaar wees om lewendig in olie gekook te word…..en ter nadenke aan vandag se consumerist samelewing heel moontlik die beste Italiaanse olyfolie wat geld kan koop, maar kook gaan jy kook boeta!

 

Wanneer is genoeg, genoeg? Thomas Adams het gesê,

“The covetous man pines in plenty, like Tantalus up to the chin in water, and yet thirsty”.

Verander hierdie najaag van geld en besittings ons in mense wat net nooit tevrede sal wees nie?

 

Wie se sakke stop jy nou eintlik vol? Malcolm X het gesê,

“You show me a capitalist, and I’ll show you a bloodsucker.”

Baie slim advertensies laat ons meer en meer spandeer op luxuries….en wie baat nou eintlik daarby….industrie!

 

Een van my nuwe gunstelinge! Inspector Clouseau uit Pink Panther,

“Ah, yes politics. Where greed wears the mask of morality.”

Need I say more. Ek glo nie daar is genoeg olyfolie in die wêreld om die se potte te vul nie.

 

Die gevolge kan ook in die alledaagse lewe al gesien word. Rodney Dangerfield het die volgende kwytgeraak,

”I told my landlord I wanted to live in a more expensive apartment. He raised my rent.”

 

En ons weet almal wat met Gollum, aka Smeagal, en sy precccioussss gebeur het. Moenie dat die gejaag na iets jou lewe oorneem nie, jy verloor dalk net perspektief en donner by die Crack of Doom af!

 

Gelukkig het ek nou nie genoeg ponde om so erg te kan aangaan nie. Drome kos gelukkig niks nie, en as ek dalk nou een Saterdag ‘n R20miljoen in die lotto losslaan mag ek dalk ‘n plekkie teen die berg kry. En ‘n plekkie by die see…en dalk een in die bos. ‘n BMW 645i en ‘n Harley sal skattig in my garage lyk. Mmmm, dan ook die geleendheid om Italië properly plat te reis…..ek voel al klaar die warm olietjies brand-brand aan my gatvelle!