TSDS…. 3.Greed

21 Mei

Greed kom van die Latynse woord, avaritia, en het in Engels ook baie mooi name gewortel in die woorde avarice en covetous. Net soos met lus en vraatsug is dit ‘n sonde gekoppel aan TE.

 

Alhoewel gretigheid in die kerklike sin meer dikwels gekoppel word aan geld, word die volgende ook in die sak gegooi, veral in gevalle waar dit jou persoonlik gaan bevoordeel, of spesifiek ‘n ander party gaan benadeel: onlojaliteit, verraad bv, deur omkopery, diefstal veral deur die gebruik van geweld, en manipulasie van ‘n gesagsposisie. Hierdie is dan meestal vir persoonlike gewin bv. Om iemand anders te benadeel, sodat jy ‘n beter posisie by die werk kan bekom of om jou gesagsposisie te gebruik om kontrakte vir persoonlike gewin te bekom. Die godjie Mammon is almal mee bekend, en dit is ‘n definitiewe NO-NO.

 

Goed, noudat ons weet wat die definisies is, kan ons weereens aflei dat ‘n groot gedeelte van Suid-Afrika se bevolking in die kaka is. Gretigheid tot ‘n punt word gesien as voordelig, nie net vir die persoon self nie, maar ook vir ‘n land se ekonomie. Dit kan op ‘n goeie vlak lei tot verbetering, solank dit nie tot nadeel van ‘n ander persoon/persone is nie.

 

Die ding is net so, en word deur ons kapitalistiese samelewing uitgebuit, ons wil graag die nuutste, beste en duurste hê. En daar word miljarde rande elke jaar gespandeer om dit om elke hoek en draai in ons gesigte te gooi. Jou straf eendag gaan blykbaar wees om lewendig in olie gekook te word…..en ter nadenke aan vandag se consumerist samelewing heel moontlik die beste Italiaanse olyfolie wat geld kan koop, maar kook gaan jy kook boeta!

 

Wanneer is genoeg, genoeg? Thomas Adams het gesê,

“The covetous man pines in plenty, like Tantalus up to the chin in water, and yet thirsty”.

Verander hierdie najaag van geld en besittings ons in mense wat net nooit tevrede sal wees nie?

 

Wie se sakke stop jy nou eintlik vol? Malcolm X het gesê,

“You show me a capitalist, and I’ll show you a bloodsucker.”

Baie slim advertensies laat ons meer en meer spandeer op luxuries….en wie baat nou eintlik daarby….industrie!

 

Een van my nuwe gunstelinge! Inspector Clouseau uit Pink Panther,

“Ah, yes politics. Where greed wears the mask of morality.”

Need I say more. Ek glo nie daar is genoeg olyfolie in die wêreld om die se potte te vul nie.

 

Die gevolge kan ook in die alledaagse lewe al gesien word. Rodney Dangerfield het die volgende kwytgeraak,

”I told my landlord I wanted to live in a more expensive apartment. He raised my rent.”

 

En ons weet almal wat met Gollum, aka Smeagal, en sy precccioussss gebeur het. Moenie dat die gejaag na iets jou lewe oorneem nie, jy verloor dalk net perspektief en donner by die Crack of Doom af!

 

Gelukkig het ek nou nie genoeg ponde om so erg te kan aangaan nie. Drome kos gelukkig niks nie, en as ek dalk nou een Saterdag ‘n R20miljoen in die lotto losslaan mag ek dalk ‘n plekkie teen die berg kry. En ‘n plekkie by die see…en dalk een in die bos. ‘n BMW 645i en ‘n Harley sal skattig in my garage lyk. Mmmm, dan ook die geleendheid om Italië properly plat te reis…..ek voel al klaar die warm olietjies brand-brand aan my gatvelle!

Advertisements

13 Responses to “TSDS…. 3.Greed”

  1. Pikkelik Mei 21, 2008 at 10:35 vm #

    Kom ons wees nou eerlik. Wie in vandag se lewe, buiten die lottowenners en die outjies wat dik geërf het, en die wat al ‘n besigheid het van 19toet af, kan nog al die luxeries bekostig? Ek praat van bekostig, nie op skuld lewe nie. Miskien is dit eerder die probleem, mense is so gretig om alles te Hê, dat hulle soveel skuld maak en later so in die k…nyp is dat hulle alles verloor. Dan begin hulle weer van voor af en die sirkel hou net aan en aan en aan…. Baie goeie inskrywing.

  2. Wipneus! Mei 21, 2008 at 10:44 vm #

    Wow! ek het jou inskrywing geniet. Drome kos niks maar my handsak en skoene verslawing brand-brand ook al hier aan my gatvelle. Dis net met hierdie verslawing wat ek dit bietjie verloor, verder doen ek nogal nie te sleg nie 😉

    Ernstig, greedy mense en kontrakte is nie nou graag iets waaroor ek op die oomblik praat nie. Ons het dit aan ons gatvelle geproe, spook nog met hofsake. Geld en besittings verander mense oornag in skurke.

  3. platterfuss Mei 21, 2008 at 10:54 vm #

    Elke dag meer en meer weet ek hoekom ek hier kom inloer…..

    I LIKE!!!!!!!!! Erg!

  4. demoerin Mei 21, 2008 at 11:51 vm #

    @ pikkelik, interessante siening as jy so daarna kyk, word skuld in dei volk se kele afgedruk om juis die swakheid van gretigheid te bevredig?
    @ wipneus, baie waar..snaaks hoe mense sommer blyk nuwe persoonlikhede daarmee saamkry! Dit is sad.
    @ platter, dankie.

  5. Emil Mei 21, 2008 at 12:41 nm #

    Ag hel, en daar is ek toe ook skuldig aan hierdie een. 3 uit 3 – ek dog by bohemiese bestaan red my van hierdie sonde – moes jy nou plekkie by die see en Harley in een sin noem. Ek’s verdoem!

    Ons vergeet so maklik dat die aarde ons meer as genoeg bied, net nie genoeg vir ons eie gulsigheid nie.

  6. Meermin Mei 21, 2008 at 12:57 nm #

    DANKIE LEKKER INSKRYWING HOOR!!

  7. demoerin Mei 21, 2008 at 1:53 nm #

    @ Emil-mmm…klink vir my soos Gandhi daai? Baie waar in elk geval!
    @ meermin….sjoe, nog tyd vir blog so tussen die nuwe speelding deur?

  8. Emil Mei 21, 2008 at 4:09 nm #

    Ek dink dit was Gandhi – het iewers die verwysing – kan nie onthou nie. Maar dit is tog waar. Sal jy asseblief volgende keer oor ‘n sonde skryf wat ek kan vryspring 😆

    Een van die nuwe 7 sondes is genetiese manipulering 😉

  9. demoerin Mei 21, 2008 at 4:22 nm #

    @ Emil, hang af hoe voel jy oor Sloth?

  10. Emil Mei 21, 2008 at 5:29 nm #

    Oh shit!

  11. Dellie Mei 21, 2008 at 5:55 nm #

    Whahaha @ Emil! 😆

    As mens eers op ‘n punt was waar jy basies alles waarvoor jy gewerk het verloor, besef jy dat daar nie waarde aan aardse goed is nie. Jip, dis seker lekker om die nuutse vuurwa op die mark te bestuur, maar my ou skedonkie bring my ook waar ek wil wees. En ek kan die nuus net so lekker kyk op my gewone ou tv-tjie, het nie ‘n flatscreen nodig nie.

    Drome oor daai lotto-pryse is natuurlik ‘n heel ander saak… 😉

  12. demoerin Mei 22, 2008 at 6:49 vm #

    Dellie, hoop sake lyk sommer vinnig beter aan jou kant. Bring dinge egter bietjie in perspektief.

  13. Dellie Mei 22, 2008 at 9:18 vm #

    Thanx Demoerin, dinge lyk al lankal baie beter. Maar het nog nooit weer die nodigheid gevoel om te “splash” nie. Soos jy sê, sulke gebeurtenisse bring beslis perspektief. Dan besef mens wat is eintlik belangrik! 😉

    Wysheid met die grysheid… 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: