Archive | 8:56 vm

Die week in ‘n neutedop…

23 Mei

Xenophobia besprekings het die week die prys gewen. Kyk, oral op die blogosfeer kon jy iewers ‘n brokkie daaroor optel. Luister vanoggend dat die geeërde Charles Nqakula gevra het die geweld moet asseblief ophou. Mnr. Nqakula, as jy jou departement goed run met daai tax-geldjies van my sou jy nie sulke stront moes kwytraak nie. 42 moorde in ‘n week. Wake up and smell the fucking roses, dit klink vir my soos Suid-Afrika se daaglikse moordsyfers. Ja, dit waarmee ons elke dag saamleef.

Dit is tyd dat julle julle dik-gevrete-vet-gatte van julle stoele af lig en uitvind wat die gemiddelde Suid-Afrikaner elke dag deurmaak! Daai wêreld beroemde konstitusie van ons belowe aan my, as belastingbetaler die reg van sekuriteit….of is die ding nie die papier werd waarop dit gedruk is nie? Ek is hierdie week herinner aan die beloofde reënboogland…..is daar ‘n pot goud aan die einde van die reënboog? Of dalk net ‘n briefie wat sê – SUCKER!

Die hele wêreld was aan die tag die week, van songs in geboorte jare tot Mej Suid-Afrika wenners. Ek het geleer daar is baie ooms en tannies in die blogosfeer(koes), dat een om ander tannie met die naam Vera Johns in my jaar gewen get en dat die beste song van alle tye, Bohemian Rhapsody, my geboortejaar deel. Verder was daar ook ‘n tannie met die naam Glenda Kemp, en ‘n slang met die naam Oupa…maar dit is ‘n storie vir ‘n anner dag.

Ek het geleer die Irish het nog steeds die vermoë om hul name met planke te slaan, en ons praat hier van hard en aanhoudend as jy na hulle Eurovision inskrywing kyk. Ek sal ook blykbaar nie die beste butler ooit uitmaak nie en daar is honde wat na Bowzer van Sha na na faam vernoem is. Hitler het ook blykbaar nie baie van varke gehou nie.

Daar was lepels en zips met garingdraadjies en ‘n baie goeie inskrywing van hoe jy dit wel kan regkry om jouself feitlik toe te skyt. Dit sou nou wees as jy daai behoefte het. Ek het bietjie van kloning gelees en gewonner oor die wurmpies wat die bosparinne wil kloon. Sorry girls, batterye gaan nie ‘n plaasvervanger vir die regte ding kan wees nie, en my order vir ‘n Eva Longoria Kloon is geplaas…..my precccciousssss….

Net die lees van James Blunt se Goodbye my Lover wil my na ‘n stomp mes laat gryp, en ek wonner nog steeds oor ‘n flippen hek met ‘n sign op. Help, wat is die storie agter die hek? Ek het ook geleer daar is heelwat foto’s uit ons verlede wat ons wel, liewerste daar in die verlede sou wou los. Ek het blykbaar ‘n 1 uit 10 kans vir flue die jaar, ek is amptelik nou ‘n statistiek. Wat is die kans vir ‘n tweede keer wonner ek?

Ek gaan nou my I’m DOF sign om my nek hang en bietjie ondersoek instel na die opspoor van ‘n kiekie van tannie Vera Johns…..ek is jaloers op die ander blogosfeer mense se mooi kiekies van die tannies in hul geboorte-jare.

Advertisements