Die week in ‘n neutedop….

30 Mei

Nog ‘n maand het amptelik sy gat gesien, en ja, dit is al die vyfde een hierdie jaar. Swerwinge in die blogosfeer hierdie week was soos om die heeltyd tussen Venus en Mars, om die son en dan weer terug te travel.

 

Die Waterkloof 4 en xenophobia het weer sterk gefeature. Veral xenophobia, daaroor kon jy amper oral ietsie raaklees! Daar is ook blykaar immigrante wat nie net gaan terugsit nie en baie goeie use vir ‘n knuppeltjie het. Wat my gat se deksel is, is die feit dat die ontwortelde immigrante, wat kom uit elke land in donker Afrika, blykbaar vliegtuigkaartjies na Amerika of Kanada wil hê? WTF? En nou weier hulle nog om die kos te eet wat ander Suid-Afrikaners uit hul swaarverdiende geldjies bymekaarmaak. Nog erger, die ouers dwing hulle kinders om aan die eetstaking deel te neem? Ek is stadig maar seker besig om my simpatie hier te verloor.

 

Ek het geleer dat verbasend baie van ons met van ons kinder-kiekies oor die wêreld heen rondswerf, seker as herinnering van jonkgeid en onskuldigheid? Elk geval, ek het net weereens besef hoe oulik ek was, maar natuurlik geen patch vir hoe cute ek vandag is nie! Tricycles, strikkies, moerse strikke en Dorothy van The Wizard of Oz het ook hier gefeature.

 

Twee mammas, hul babas en oom Lewis het ‘n hele internet-ontploffing veroorsaak oor kinders. Die kinners wat nog kinners was, toe ons nog kinners was. Kyk, hierdie moet nie te vinnig met die baba en die badwater uitgemoer word nie, daar steek baie waarheid in daai gesegde. Elk geval, ek glo nog vas dat ‘n pak slae op sy tyd die nodige uitwerking het. Verder moet ouers verantwoordelikheid neem vir hul kinders se opvoeding en seker maak dat respek en maniere hoog op die leerlysie lê. Hierdie is nie boeke- of tv kennis wat jou kind somewhere along the line gaan optel nie, nee Liewe Mamma en Pappa, dit is die tipe goedjies wat jy persoonlik moet oordra, of inbliksem as dit soveel verg.

 

So gepraat van kinders, blykbaar belowe ons wonderlike, wêreldberoemde, fokken Oscar wennende, konstitusie baie regte aan kinders. Net soveel regte word aan die res van hierdie reënboognasie belowe, ondermeer is twee waaraan ek nou dink behuising en veiligheid. Is hierdie konstitusie die papier werd waarop hy gedruk is? Ek stof solank my tekkies af om te gaan toi-toi, en kan elk geval doen met die oefening.

 

Terwyl ons nou op die kinders onderwerp is. Ma, of Pa….tensy jou eks ‘n massamoordenaar of uiterste slegste uitvaagsel op twee voete is, onhou dat ouers skei, en nie die kinders nie. Moenie kinders insleep as pionne in julle fight nie!

 

Kos feature ook maar altyd en ek het geleer van ‘n wonderlike wortelsop met sjerrie as hoofbestandeel. Die sjerrie kom egter nooit by die stoof uit nie, en as ek reg onthou die sopbestandele nooit in jou maag nie? Van hotdogs sonder botter, tamatie, blaarslaai, snytjie cheddar of selfs chutney en lekker biltongtjies met ‘n vetjie aan. Blykbaar gaan Nestle my ook nou deur die ore, wel julle weet wat….en nee, ek sal nie sonder my Nescafe Gold daagliks kan oorleef nie.

 

Ek is blykbaar ook nie die enigste arme poephol met spam probleme nie. Nee, ek het nie erectile dysfunction nie…en stel stel nie belang om ‘n “grow a mountain in your pants” program deur te gaan nie. Fokkit, ek glo nie enigeen wil die flippen eruption van Mount Etna in ‘n bed beleef nie. So op hierdie onderwerp, moes ek ook lees dat mans maklik, wel amper verniet is. Daar steek nogal heelwat waarheid hierin.

 

Ek het ook geleer dat as jou lewenspad nou dieselle uitgedraai het as wat jy tien jaar terug besluit het dit gaan wees nie, is dit ook ok. Jy mag mos by die 4-way kom en kies om links of regs te draai, in plaas van reguit oor te neuk. Ek dink net die trick is hier dat as jy terugsit, en terugkyk, jy nog steeds met ‘n glimlag jouself ‘n pat op die rug kan gee. ‘n Lewe sonder drome en ideale moet maar droog wees. Daar is niks fout met droom, en daarby hoop nie. Dit maak jou nie naief nie, want solank jy besig is om te hoop, beteken dit nie noodwendig jy staar jouself blind teen die harde werklikheid nie. Somtyd raak ons bietjie depro oor dinge en omstandighede, maar dit is wanneer jy vir Jannie Jammergat in ‘n boks gooi en hom Siberië toe stuur! Drome en ideale is verniet, for free. Leer verder ook dan om, never say never te sê. Tweehonderd jaar terug was vlieg na die maan, fokkit selfs vlieg van Jozi na Durbs geag as onmoontlik. En sou enige verwysing hierna jou die nar van die week gemaak het. Wel nie net dit nie, jy sou heel moontlik as heretic op ‘n brandstapel beland het!

 

Verder het ek geleer dat poverty dikwels ongelukkig byproduk is in enige land met ‘n suiwer kapitalistiese sisteem. Daai Kimberley gat tussen die hets en het nies word dikwels net groter. Winsbejag in die Corporates, en vingers in die tills in die parlement veroorsaak dat die wat die geld, en kans, en mag het om iets te doen…..bitter min tyd het om iets te doen terwyl daar na eie gewin omgesien word. Oorlog moet dan ook een van die roots of all evil wees, en dit het my laat wonner of daar ‘n ingbore geen is wat ons so maak. Voorbeelde hier kan wees Amerika wat Irak inval, maar ook jou sonde met die bure?

 

Daar was ook ‘n lekker gesprek oor genadedood gevoer. Die onderwerp het egter soveel uitgangspunte en sienswyses dat comments daaroor vir dae sal kan aanhou. Myns insiens, in gevalle waar dit wel  meriete dra, moet dit ‘n persoonlike besluit wees. Die persoon wat ly self, of dan die naaste familie. Ek kan nie verstaan wat enige regering hiermee te doen het nie. Is aborsie nie nou maar ook aan persoonlike besluit oorgelaat nie?

 

Ek het ook geleer dat gestremdes baie erg is oor hul parkeerplekke(en dit moet so wees), Leon gebruik nie net karre as duikbote nie – maar ook as stootskrapers-cum-boomontwortelers, en ook dat leeukoud iets met ‘n amper afgevriesde Stanley Morton Livindstone te doen het?, Jou kaste kan baie geraamtes huisves as jy eers begin springclean, Die Reitz-alla-piepie koshuis kan in ‘n monument vir rekonsiliasie verander word, Dustin Hoffman dink die huwelik is onnatuurlik(yeah right, vir mormons ja!), Ons los vingerafdrukke op mense se lewens oral waar ons gaan(ietsie om aan te dink hier!), Amsterdam het ‘n groot boombedryf(ja, nie net bekend vir dagga-muffins en walletjiestraat nie!) en dat uncle Bob nie meer so lekker kan sien nie(sekerlik die rede hoekom hy al hierdie kak aanjaag, want hy kan nie sien wat hy doen nie!). O ja, dit was ook National Sanitation and Hygiene Week, terwyl Pretoorsland se strate onder vullis versteek was.

 

Daar is ook blykbaar nuwerwetse boererate. My gunsteling was dat as jy dit nie met ‘n hammer kan regmaak nie, dit moontlik ‘n elektriese fout is. As jy op jou rug slaap en snork is dit blykbaar iets te doen met hanging balls, butt-holes an vapour-locks. “Never pee on an electric fence”, het herinneringe van kleintyd opgeroep, ons gaan nou nie hieroor uitwy nie. 

 

Ons sal afsluit met ‘n warped Chinese saying:

“Boy who goes to bed with sexual problem wakes up with solution in hand”

 

Nou is ek moeg, ek gaan bietjie lê!

Advertisements

22 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. demoerin Mei 30, 2008 at 7:37 vm #

    O kaka, van twee goedjies vergeet……die links(en ek gan not te donner nou edit nie), en geluk aan RL en vroulief met die kleinding…en hy beter vinnig die naam post want ek raak al klaar gewoond aan die naam Mandla…hahaha

  2. meermin Mei 30, 2008 at 8:09 vm #

    deoerin jy kan my niks vertel van spam en gemors comments nie! Net gister ‘n sekere dame wat my net nie wil in vrede los nie, weereens haar comments gedelete, maar wat sy nie besef nie – is haar I P adres kom elke keer by ons comments wat net ons sien!! So ook haar mail adres! Ja die maand het ook sy gat gesien (oeps daar vloek ek – glo baie skynheilig en kinderagtig)!! Die maand het sy * verlede gesien, klink simpel klink net dieselfde as gat of moer of bliksem nie, vloek ek soos ‘n matroos nou op jou blog!!

    DEMOERIN geniet ‘n moerse lekker befokte heerlike naweek!! Eet nou vir ‘n slag ‘n bord boerekos, take aways is nie kos nie, dit is gemors kos!! Koop ‘n respekte boek of twee, en leer kook, dit is maklik as jy kan lees kan jy kook!!

    DIKKES!!

  3. Zee Mei 30, 2008 at 8:26 vm #

    Jinne demoerin, maar jy som alles mooi op hierso!

    Miskien moet jy dit elke week vir ons doen, so overview!

  4. Emil Mei 30, 2008 at 8:44 vm #

    Aha, die uistaande hoogtepunt van my week! En dit stel nie teleur nie.

    Lekker naweek en geniet maar ‘n paar bottels rooies. Na hierdie opsomming kan niemand jou beskuldig van “sloth” nie!!

  5. demoerin Mei 30, 2008 at 8:58 vm #

    Meermin, kook vir een is nou nie regtig ‘n hoogtepunt in enige dag nie, ek kan darem my pad in die kombuis vind!
    Zee, dit is vir my pret, ek dink dit is nou die derde/vierde Vrydag
    Dankie Emil, ek is so bly as iemand my beveel om te gaan drink…ek voel dan nie so skuldig nie!

  6. Zee Mei 30, 2008 at 9:18 vm #

    Cool man, onthou ek maar nou eers onlangs hierso begin lees!

  7. meermin Mei 30, 2008 at 9:19 vm #

    demoerin haar comments is nou nie meer spam nie as jy wil gaan lees!!

  8. RdK Mei 30, 2008 at 9:36 vm #

    Demoerin dit is regtig lekker om jou blok te lees – die hele week mooi opgesom.
    Geniet die naweek – lyk of ons lekker weer iets van die verlede is.

  9. Wipneus! Mei 30, 2008 at 10:39 vm #

    Ek is mal oor jou hoogtepunte van die week inskrywings. Moet asseblief nooit ophou hiermee nie.
    Alhoewel ek êrens so 1 of 2 verloor het…. sal moet gaan soek.

  10. Pikkelik Mei 30, 2008 at 10:54 vm #

    Baie lekker, nou moet ek gaan soek, ek het so ‘n paartjies gemis. Ai demoerin, jy moet tog kom dat tannie jou leer om te link…. 😆 Ek wag vir volgende week s’n!

  11. demoerin Mei 30, 2008 at 11:08 vm #

    @ meermin, ek volstrek by my comment oor die duiwel…hahahaha
    @ Rdk & Wipneus, dit is ver pret
    @ Pikkelik, die waarheid is ek was te lui om te link, moenie nou lui wees om te soek nie!

  12. Dellie Mei 30, 2008 at 11:20 vm #

    Dankie! My fix vir die week gekry. 😉

    Ek is ook baie gatvol vir die spam wat ek kry vir Viagra, aangesien ek nie ‘n tottie het nie. Ek wil ook nie nagemaakte Rolex horlosies koop nie. Tsk.

    Lekker naweek!

  13. netjane Mei 30, 2008 at 11:26 vm #

    Jissie man, ek hou van hierdie post van jou! My score op die lees is nie so goed soos laasweek nie, ek moet my sokkies optrek, my blog addiction laat my in die steek!

  14. Eendjie Mei 30, 2008 at 11:39 vm #

    Nog een meer rede om uit te sien na Vrydae.
    Dankie Demoerin. Lekker naweek vir jou!

  15. Rustig Mei 30, 2008 at 1:04 nm #

    Skoon uitasem gelees! Gister nuwe span gekry van Aghmed Suleiman Bin Laden of s o iets. ‘n Moerse elle lange relaas oor die wonders van Islam. Asof ek nou regtig belangstel. Wat volgende sal die mense nog aan dink.
    Soos gewoontlik Demoerin, weereens goed saam gevat.

  16. kaalvoetinireen Mei 30, 2008 at 1:23 nm #

    Dit was nou lekker om te lees! Thanx!

  17. demoerin Mei 30, 2008 at 3:32 nm #

    Dankie vir die lees julle. Moet sê Dellie ek begin nou die Rolex crap ok kry! Ek gaan lekker rus die naweek met ‘n wyntjie, biertjie en whiskeytjie of twee, drie, vier….ag, who’s counting?

  18. Spoooook Mei 30, 2008 at 4:30 nm #

    Hoe sal ons nou se:
    ‘All in a nutshell’

    Thanx! 😉

  19. Jo-Ann Schou Mei 30, 2008 at 8:04 nm #

    Ek weet jy was lui, maar links asb! Jy het hier soort van ‘n treffersparade en ek hou van! Lekker naweek! Self besig met ‘n lekker rooie…

  20. demoerin Junie 2, 2008 at 6:41 vm #

    Spook & Jo-Ann, bly julle het dit geniet. Ek belowe links vir die week!

  21. RdK Junie 3, 2008 at 2:38 nm #

    en hoekom gaan hier niks verder aan nie??

  22. demoerin Junie 3, 2008 at 2:48 nm #

    How RdK, ons is darem nou al 2 posts verder. Volgende neutedop word eers VRydag gekraak!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: