80 met nege nulle…?

2 Jun

Lees ek toe nou gister in die Rapport oor die verskriklike behuissingsprobleem wat ons land aan die knaters beet het. Nie net is dit een van die pre-1994 verkiesingsbeloftes nie, maar daar word ook nou aangevoer dat dit een van die oorsake is van die onlangse xenophobia opvalmmings.

Verskeie redes word hiervoor aangevoer, ondermeer dat die probleem geërf is vanaf die vorige regering wat in die 1960’s ophou huise bou het (Die blaam hier is niks nuuts nie). Daar blyk ook al meer mense na stede toe te trek op soek na werk, en hulle het dus huise nodig. Nou daar word aangevoer dat die 2,6 miljoen geboude huise, huisvesting aan 13 miljoen mense verskaf. Ongeveer 5 mense per huis.

Daar is natuurlik ook die probleem van buitelanders wat wel in van die huise woon, locals wat hulle huise onwettig aan buitelanders verkoop, locals wat terugtrek plakkerskamp toe en hulle huise uitverhuur en dan natuurlik staatsamptenare (kan julle dit glo?) wat ook van die huise bekom. Al hierdie onregmatighede is blykbaar in ondersoek-stadium, want seg sy, vir die polisie in ‘n land vol moord en doodslag is dit nie ‘n prioriteit nie.

Die Minister wil dan hierdie jaar R21 miljard hê om huise te bou. Kom ons sê dit is R50,000 per huis, dus kan ons sodoende nog 420,000 huise bou en aan omtrent 2,000,000 mense dakke oor hulle koppe gee. Ons trek dan dus teen volgende jaar by omtrent 15 miljoen landsburgers wat in die huise bly, ongeveer 30% van ons bevolking. Nou sê die minister die mense gaan dalk nog 30 jaar moet wag om almal geholpe te raak, fok, ons gaan mense moet invoer om na 30 jaar in al die huise te bly!

Somtyd lees ons net vinnig deur ‘n artikel, dink ag shame wat ‘n penarie en lees dan verder. Wat vir ons gevoer word daar word as vanselfsprekend aanvaar. Eers later toe ek ‘n tweede keer daar verbygaan wonner ek toe nou oor die nommertjies. Kyk, R80 miljard is ‘n moerse klomp geld. As jy dit nou sou wou uitskryf lyk dit so, R 80,000,000,000.

Nou ongelukkig is dievolgende inligting ook deur die uwe Minister Sisulu bekendgemaak:

  • Vanaf 1994 tot Maart 2008 is 2,600,000 huise gebou
  • Dit het R80 miljard gekos
  • April 2007 tot Maart 2008 is 250,000 huise gebou
  • Gemiddelde Pryse van hierdie huise:
  • 1994 tot 1997 – R15,000
  • 1998 tot 2001 – R 16,000
  • 2002 tot 2006 – R 20,300
  • 2007 – R39,000
  • 2008 – R43,600
  • Met ‘n tipe van geweegde gemiddelde gee dit my R 18,892.86
  • Huise gebou tot Maart 2007, 2,600,000 minus 250,000, dws – 2,350,000
  • 2,350,000 huise teen gemiddeld R 18,892.86 kos dus ongeveer R44,398,221,000
  • Vir die 2007/2008 jaar het ons 250,000 huise teen R39,000, dus ongeveer R9,750,000
  • In totaal kyk ons dus hier na ongeveer R54,148,221,000, of ongeveer R55 miljard

Nou wonner ek net, liewe Minister Sisulu, het die mense rede om omgekrap te wees….volgens my sommetjies vermis ons ongeveer R25 miljard, ja R 25,000,000,000? Vyf-en-twintig met nege fokken nulle Rand!

 

16 Responses to “80 met nege nulle…?”

  1. Gatvol Junie 2, 2008 at 8:00 vm #

    Demoerin, dis nie net die somme wat ‘n probleem is nie. Ek het al foto’s gesien van die swakste bouwerk – mens kan jou oë nie glo nie. En vir baie mense is dit die enigste kans om in ‘n baksteen huis te woon.

  2. meermin Junie 2, 2008 at 8:43 vm #

    Eish ons ou landjie is so in sy moer in!! Bou werk laat veel te wense oor, die strate is nog steeds vuil, dit stink orals!! Hoe red mens nou so land?

  3. Adrie Junie 2, 2008 at 9:12 vm #

    Eish!!!

  4. Pikkelik Junie 2, 2008 at 9:38 vm #

    Kom ons wees nou eerlik sonder om gemeen te wees. Gee nou vir ‘n betroubare, gevestigde (lees pre-BEE) kontrakteur ‘n bedrag van R25 000 000 000 en gee hulle ‘n jaar en kyk bietjie hoeveel huise (Ordentlike) gaan jy kry!!!! Miskien is ek verkeerd, maar meer geld word aan bribes bestee as wat daar aan bouwerk bestee word.

  5. netjane Junie 2, 2008 at 9:40 vm #

    Demoerin for President!

    Ek wens die mense wie se eintlike werk dit is om die sommetjies te bekyk doen dit! Teen die tyd dat hulle agterkom daar’s iets fout is daai geld regtig verlore en dan bly almal tjoepstil.

  6. demoerin Junie 2, 2008 at 9:58 vm #

    Dis juis die ding julle, het die mense enige idee wat met die geld gedoen word? Wat van dit word? Kry hulle ordenklike goedgekeurde bouers..of is dit weer Mpho se sussie, se maatjie se nefie se kleinniggie?

  7. Roer Junie 2, 2008 at 10:06 vm #

    Jip, dis Mpho se sussie, se maatjie se nefie se kleinniggie en voila! Nog miljarde rande in die spreekwoordelike drein af. Onbevoegdheid is ‘n bitch.

  8. TristonJ Junie 2, 2008 at 11:03 vm #

    Eish😯

  9. Emil Junie 2, 2008 at 11:16 vm #

    demoerin het ook my nominasie vir president!

    Skrikwekkend. Dit kom nou as vryheidsvegters skielik politici word vanweë hulle bydraes tot die stryd eerder as hulle bevoedgheid in ‘n spesifieke area. Dit is nie ‘n wit-swart probleem nie – die verklaring dat die regering ophou huise bou het in 1960 wys ons dat daar te min huise is – dit kwalifiseer nie outomaties die regering om niks te doen nie. Hulle is aan bewind juis omdat hulle belowe het hulle kan dinge verbeter – dit help nou niks om die blaam op iemand anders te wil plaas om jou eie onbevoegdhede te verbloem nie.

    Bloomin bloodsuckers. Robin Williams sê ook politici is soos doeke – dit moet gereeld geruil word ander stink die stront net.

  10. Wipneus! Junie 2, 2008 at 11:18 vm #

    Ek stem saam Pikkie, die geld gaan alles in bribes in. Ek weet.

    Demoerin vir president!

  11. demoerin Junie 2, 2008 at 11:29 vm #

    Emil, ja dit bring ons nou weer by die praat(blameer), en min DOEN situasie. Ons weet daar is ‘n probleem, doen flippen iets daaraan.
    Ek weetie of president so ‘n goeie ding vir my sal wees nie, ek sal permanent op amptelike besoeke aan Italië wees…hahahaha

  12. ParkieVoes Junie 2, 2008 at 12:51 nm #

    Ek het al gehoor van hierdie sogenaamde “bouers” van hierdie huise kan ‘n huis van fondasie grou tot intrek binne ‘n week doen

  13. ParkieVoes Junie 2, 2008 at 12:53 nm #

    Met daai R25 000 000 000 kon hulle 50% MEER huise gebou het as wat hulle gedoen het, dan was die behuisings probleem al ‘n bietjie ligter gewees. Hulle steel eintlik van die mense wat hulle probeer help

  14. Pikkelik Junie 2, 2008 at 1:05 nm #

    ParkieVoes, eintlik steel hulle van ons as belastingbetalers en probeer ander mense help.

  15. demoerin Junie 2, 2008 at 1:25 nm #

    Parkie en Pikkelik, julle het dit albei reg daar. Daar word sekere bedrae van die belastinggeld toegewys tot projekte. Tog moet dit in die eerste plek vir juis dit bv. huise, en in die tweede plek so goed as moontlik aangewend word, ast ware waarde vir geld spandering. Ek het nie ‘n probleem dat my belastinggeld aangewend word vir huise nie, my probleem is juis die manier waarop dit aangewend/ nie aangewend word nie.

  16. ParkieVoes Junie 3, 2008 at 12:03 nm #

    Dieselfde gebeur met ons paaie, ons betaal BAIE geld vir ons voertuie en jaarlikse lisensies, tog moet ons deur MOERSE slaggate ry, en dit nadat hulle ook nou orals tolhekke het. Ek hoor daar kom nou 9 nuwe tolhekke tussen JHB en PTA

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: