Swaar dra…al aan die een kant!

3 Jun

Wil ek ook nou bietjie aflaai hier vanoggend en ietsie op apartheid blameer. Nou voordat daar klippe gegooi word..hear me out.

Wonner ek toe nou gisteraand, hoekom dra ek so swaar aan ander mense se sorge en probleme. Het ek ‘n “ek-voel-sorry” virus by die vorige regering opgedoen, voor die 1994 verandering in regering? Of is ek maar net ‘n goed opgevoede Christen wat voel ek moet vir my naaste lief wees, ‘n goeie dosis van simpatie en empatie elke oggend met die eerste bekertjie boeretroos afsluk?

Kyk, ek het nou maar genoeg van my eie worries en probleempies. Party mense het seker meer, ander baie meer. Dieselfde geld dan obviously ook vir die met minder….en baie minder. Wel, ek weet nie waarvandaan nie, maar ek het definitief iets onder lede en dit maak nie saak hoe ek my hart somtyds wil staal nie, daar is altyd die glimmertjie van simpatie wat iewers daar in die donker dieptes van my gewete ‘n bon-fire aan die brand wil slaan.

Nou nie noodwendig ‘n slegte ding nie, maar die letterlike milieu van gee waarin ek, en ek is seker ander ook, my bevind is stadig maar seker besig om my af te piepie. Ek het ten minste al ‘n paar keer my kop gestamp, en dit sal sodoende heelwat vat voor ek vir iemand op straat iets gee. Maar dan is daar natuurlik ook die georganiseerde instansies waar jy in elk geval nie weet waar jou bydrae heengaan nie.

Ek het myself nou al so ver gekry om die kossies en geldjies by die kerk te doneer. Ek glo darem nie my goeie intensies sal hier van die wal af in die sloot beland nie. Maar dan sien jy weer aan die annerkant hoe kilogramme kos weggegooi moet word, want die misplaasde immigrante het besluit om op ‘n eetstaking te gaan. Verder word daar gestorm vir die geskenkde klere en so veel as moontlik gegryp…..never mind my brothers en sisters wat dit ook nodig het!

My bediende het aan my vertel Saterdag hoe die geskenkde klere vir ‘n appel en ‘n ui op straat gekoop kan word. Die mense het drankgeld nodig. Net so sê sy dat jy heelwat geskenkde klere in Krugersdorp se agterstrate te koop kry, vanaf die mense uit die “wit plakkerskamp”. En al weet ek van al die stories, en dat daar hier wel ook veralgemening betrokke is, kan ek myself nog nie so ver kry om net my skouers op te trek nie.

Ek is vasgevang in die gee-generasie, waar ‘n bak hand my dadelik skuldig laat voel as ek herinner word aan die kos in my yskas! Is daar ‘n dokter daarbuite, ek wil my voorskrif vir “Ek-voel-fokkol” hernu!

Advertisements

17 Responses to “Swaar dra…al aan die een kant!”

  1. meermin Junie 3, 2008 at 8:42 vm #

    Swaar dra – ons arme ou bleeksiele word blameer vir alles, van oorgewig mense tot aids gevalle!! Demoerin ek vat gereeld nuwe baba kleertjies en komberse en kos vir ‘n dame wat naby ons kinders inneem wie se ouers hulle weggooi!! My pa het altyd gesè ‘n hond gooi nie haar kleintjies weg nie hoe kan ‘n ma haar kind sommer net so wegsmyt! Weet jy wat maak my demoerin, die kinders hier in die stad wat bedel vir geld, vir wat? Vir die pa vir drank geld! Hier sit so bleeksiel in die stad wat afskrifte van resepte boeke verkoop, as jy NEE DANKIE EK STEL NIE BELANG sè, word jy gevloek soos jy nie kan glo ‘n bleeksiel ‘n dame kan vloek nie, die woorde kan ek beslis nie hier herhaal nie!!

  2. Pikkelik Junie 3, 2008 at 8:44 vm #

    Ek is ook al op-gegee. Ons het elke jaar ‘n sopkombuis by die winkel gehad waar arm mense dan 3 keer ‘n week (ek weet dit is te min) ‘n warm beker sop en brood kon kry. Hierdie jaar het ons weer begin en binne die eerste twee weke gestop! Die wetters het dit gevat, ‘n blok ver gedra en by ‘n spaza gaan verkoop!!! Nee wat, nou donate ek maar ‘n geldjie waar ek weet dit nodig is…

  3. demoerin Junie 3, 2008 at 9:11 vm #

    Die trick is seker maar om te gee waar jy weet dit maak ‘n verskil, bv meermin se baba-tannie. Maar nog steeds, al gee ek nie noodwendig nie, voel ek nog steeds skuldig. En kyk nou na Pikkelik se voorbeeld ook, gee jy dalk wel word dit in jou gesig teruggegooi. My rug het net plek vir soveel messe!

  4. neykie Junie 3, 2008 at 9:49 vm #

    arme man—- sy arms gaan breuk man. 😆

  5. Jaco Junie 3, 2008 at 10:00 vm #

    Ek het nie regtig ‘n probleem met gee nie, maar deesdae doen ons dit op ons terme. Ons weier altwee om geld anoniem te deponeer in bankrekenings etc. Ons wil sien wie het nodig om geholpe te raak, en dan sal ons help op so manier dat ons kan sien dat dit ‘n verskil maak.

  6. Wipneus! Junie 3, 2008 at 10:43 vm #

    Soos ek deur my lewe gaan sien ek baie mense wat regtig swaar kry en skenkingsl waardeer. Punt is ons werk almal hard vir ons geld, as ons iets skenk moet die mense dit waardeer.
    Maar ai! dit bly maar moeilik om nie te gee nie. Mens sit altyd met ‘n skuldgevoel as jy “nee” gesê het.

  7. Dellie Junie 3, 2008 at 10:48 vm #

    Ek soek ook van daai pilletjies as jy dit opspoor, asseblief!

    Ek koop elke jaar dagboeke en jaarbeplanners en allerhande k@k by organisasies wat ek nooit gebruik nie, sodat ek nie so skuldig moet voel nie. Dan het ek mos my goeie daad gedoen. Ja, right!

    Toe besluit ek hierdie jaar dat as ek net EEN mens regtig kan help met kos/klere/geld sodat sy weer op haar voete kan kom, gaan ek dit eerder doen. Dan weet ek ten minste dit word waardeer, en ‘n werklike behoefte word bevredig.

    Maar jy weet, ons kan ook nie vir almal sorg nie. Begin eers by jou eie mense.

  8. BB Junie 3, 2008 at 11:58 vm #

    Demoerin – ek stem met meermin en die Wosonki’s saam – ek doen dit ook persoonlik en op ‘n one-on-one basis – dan weet ek waar dit heen gaan – ek kan uitvind wat nog kort – en ek sal beslis vinnig besef as iets verkwansel is – daar is net ‘n fyn lyn ook – en dit is dat jy nie van jouself ‘n ‘slaansak’ maak – dus dat by wieookal jy betrokke is, nou nie erger raak as jou aangetroude ex-skoonfamilie wat tydig en ontydig skree vir hulp en bystand nie.

  9. Emil Junie 3, 2008 at 12:45 nm #

    Ek dink Dellie het so ‘n stukkie van die antwoord wat vir my werk. Mens kan nie meer blindelings gee nie – behalwe seker as jy ‘n onuitbare bankrekening het. Mens moet op iets fokus. Finansieël dra ons maandliks tot een spesifieke organisasie by. Verder gou ons bittermin dinge weg, behalwe nou vrot kos. Ons klere gaan vir ‘n spesifieke organisasie, en Robert se kleiner klere – die wat ons nou nie wil hou vir ‘n opvolger nie, maar ek sal eers bietjie aan vroulief moet werk om haar te oortuig – gaan Cotlands toe. Damn mense, dáár kan ‘n ou nou k@k en skuldig voel. My vrou het op ‘n stadium ook bietjie borsmelk geskenk. En dis al – ek dink ‘n raamwerk van waar ons gee maak die skuldgevoel minder.

    Ons gee bittermin, of eintlik glad nie, sommer so lukraak op straat nie. Ek dink regtig die spoor die probleem net aan.

    O ja, ons het wel ekstra gedoen vir die slagoffers van xenofobia in ons omgewing.

  10. ParkieVoes Junie 3, 2008 at 1:42 nm #

    Ek is mos lid van die NG kerk, jy gee, een gee, en gee, en gee

  11. Rustig Junie 3, 2008 at 1:48 nm #

    Ek moet eerlik wees ek gee maar swaar. Ek probeer eers die persoon leer ken en dan sien ek waar ek kan help. Gee ook nie geld nie. Voel ook dit sodar daar iest vir niks is dan waardeer ons dit nie baie. Ek het vriende wat ‘n organisasie het en gee altyd vir hulle. Ek weet waarnatoe dit gaan. World Vision en Operation Hunger kan maar gaan slaap. Die hoeveelheid geld wat hulle spandeer op admin en advertensies is asem rowend.

  12. sonkind Junie 3, 2008 at 1:48 nm #

    Demoerin, ek het my gee-strategie verander na “charity begins at home”. So, nou vind ek eers tussen my familie en vriende uit of hulle van iemand weet wat hulp nodig het, ek vergewis my deeglik van die omstandighede en dan gee ek. Ek is jammer, ek gaan nie meer sommer net gee nie. En vir hierdie besluit sal ek eendag self gaan verantwoordeing doen, as dit dan nodig is.

  13. demoerin Junie 3, 2008 at 2:20 nm #

    Lyk my ons het ‘n soort van konsensus bereik. Nav Wosonki’s, Wipneus, Dellie, Emil, Rustig en Sonkind kan ons die afleiding maak dat die probleem definitief nie die gee is nie, dit gaan oor gee waar jy weet en kan sien dit maak ‘n verskil.
    @ Neykie, ek kon nie ‘n prentjie kry wat beter uitbeeld wat ons elke dag op ons skouers moet dra nie…..geen wonder dit voel og ek in die grond ingemoer word nie…hahaha.
    @ Parkie, how wena..hahahaha. Al die gemeentes is darem nie so bad nie!

  14. lostong Junie 3, 2008 at 3:30 nm #

    Almal wil altyd hê ek moet iets gee … maar die ouens wil nooit eerste gee nie 😉

  15. demoerin Junie 3, 2008 at 4:14 nm #

    Jy vra seker net nie mooi genoeg nie lostong..hehehehe

  16. Roer Junie 3, 2008 at 4:45 nm #

    Man, ek haat dit om te gee en te vertel, want in hierdie land moet jy mos BEWYS jy voel nie ‘n veer nie en jy gee anders word jy gehamer met skuldgevoel praatjies. Deesdae is my vel dik. Al is dit so duidelik soos daglig dat iemand by my probeer uitvind waar skenk ek en of ek wel skenk, hou ek my mond. Ek skuld niemand ‘n verduideliking nie. God weet waar skenk ek, want ek vra eers vir Hom waar is nood en waar wil Hy he^ ek moet gee. NIE waar tannie Kotie van die kerk voel ek moet gee nie of waar oom Thabo voel dis die nodigste nie.

  17. Adrie Junie 3, 2008 at 9:27 nm #

    Ek het ‘n filosofie. As jy my geld steel met jou snikstorie, dan gaan jy dit daar Bo verduidelik. Ek probeer so ver as moontlik net vir organisasies gee. Ek voel ook nie gemaklik om my skenkings te openbaar nie. Dit traak niemand.

    Oor my blog projek, dit was ‘n projek wat ons verlede jaar gedoen het. Dit geskiet sover as moontlik anoniem.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: