TSDS…. 5.Wrath

4 Jun

Wrath, of sommer in plat Ingels, anger, kom van die Latyn, ira. Nou hier glo ek kyk ons na die mees algemene van al sewe die doodsondes. Daai ene wat jy elke dag mee deel, vandat jy ‘n ou pap babatjie is, tot die dag wat jou laaste asempie uitgeblaas word. TE is weereens hier die wagwoord, kyk, ons dra maar almal swaar aan ons gevoelens van kwaaigeid en demoeringeid elke dag. Nou daar is natuurlik trappe van vergelyking ook hier en ons kyk haar na enigiets vanaf ‘n klein irritasietjie tot die volskaalse uitbarsting van Mount Etna. Gewoonlik ook dan gepaardgaande met ‘n vinniger hartklop, verhoogde bloeddruk en hoër adrenalien vrystelling, en in seker gevalle blompotte, vuiste en naels!

 

Die probleempie hier is weereens natuurlik dat dit soms so moer groot en onbeheerbaar word, dat alle beheer verloor word oor jou gesonde denke en iets soos moord gepleeg word. Ah, hier is ‘n paar van die turksvye wat by ons teepartytjie aansluit. Ongeduld, bv. Met die gang van die reg en waar lelike dinge soos, die reg in eie hande neem en weerwraak kop uitsteek. ‘n Daadwerklike en onwrikbare teenstand van die waarheid kan ook uitvloeisel wees van jou kwaadgeid.

 

In ekstreme gevalle kan kombinasies van die gevoelens lei tot gevalle van massamoord en selfs volksmoord. Dink maar hier byvoorbeeld aan Hitler, en hoe hy heel slinks met die gebruik van die propaganda-masjien sy soldaatjies kon opsweep tot in so ‘n toestand dat hulle 6 miljoen Jode kon uitmoor. Meer onlangs, kry oom Bob dit reg om sy mense op te sweep teen die kolonialiste, wat vir alles blameer word, terwyl hy besig is om die land uit te roei, en indirekte volksmoord as gevolg van hongersnood gepleeg word.

 

In die meeste gevalle word jou kragdadige kwaaigeid dan gewoonlik teenoor ander persone gerig. Ongelukkig kan die tragiese dan ook hier uitvloei as dit persoonlik gemik word, en dit dan kan lei tot selfmoord.

 

Die gelukkige ding is dat ‘n groot persentasie van die beskawing, sielkundig volwasse genoeg is om hierdie kwaai gevoelens te hanteer. As dit nie so was nie sou jy strepe dooie taxi-bestuurders langs die paaie gekry het tesame met berge call-centre telefoon operateurs.

 

Die beste ding is natuurlik om jouself  op so ‘n manier te staal teen die gevoelens dat jy jouself nie toelaat om kragdadig te reageer nie.

Benjamin Franklin het gesê:

“Whatever begins in anger ends in shame.”

 

Tel tot 10, haal diep asem en glimlag. Meer kere as nie, gaan die situasie ontlont word en gaan jy ook sommer tonne beter voel. Die vinniger klop van die hart en die verhoogde bloeddruk plaas net onnodige stremming op jou liggaam. Daar is talle plekke in die Bybel wat ons waarsku hierteen, uit Spreuke byvoorbeeld:

“Envy and Wrath shortens the life” en “Anger can be an expensive luxury”

 

Daar is talle dingetjies elke dag wat die humeure wil laat opvlam. Van daai onverskillige taxi-drywer tot die over-eager ruitwasser by die verkeerslig. Leer jouself om eers te dink of dit die moeite werd gaan wees om ‘n vloer-moer te gooi. Benjamin Franklin het gesê:

“Anger is never without a reason, but seldom with a good one.”

 

Telkemale, en so ook al meer en meer, word daar deesdae blaam geplaas op wat in die verlede gebeur het, dikwels net as verdoeseling vir eie huidige tekortkominge. Vat maar byvoorbeeld apartheid in Suid-Afrika en kolonialisme in Zimbabwe. James Thurber het gesê (hierdie een is vir jou Emil):

“Let us not look back in anger, or forward in fear, but around in awareness.”

 

Nou hoe gemaak? Relax my vriende, sit terug en kyk eers die kat uit die boom, maak seker jy het nooit ‘n wapen binne handsreach nie en ‘n wag voor jou mond. Gooi maar ‘n glasie wyn en sit terug, net nie te veel wyn nie, want daar is ‘n ander aanhaling wat sê:

 

“A hangover is the wrath of grapes.”

Advertisements

13 Responses to “TSDS…. 5.Wrath”

  1. meermin Junie 4, 2008 at 8:16 vm #

    1 – 10 HAAL ASEM, NEE EK TEL AL TOT 1 000 000 en dit help nie eers nie!!

    Lekker dag vir jou!!

  2. BB Junie 4, 2008 at 9:26 vm #

    Dit hang seker af wat jou de moer in maak, nê? en hoe dit mens persoonlik raak ook. Maar ek stem so saam – dis net een van dié moeilikste dinge om (aan) te leer: tot 10 tel – die meeste van ons slaag darem Sub A – of dan Gr 1 – 1….2…..3….. *KABOEM*!!
    😆
    Ek kan vir ‘n ruk lank mense hanteer wat kort van draad is, maar op die lang duur ontgroei ek hulle en maak gewoonlik ‘n quiet exit uit die verhouding/vriendskap.

  3. Pikkelik Junie 4, 2008 at 10:29 vm #

    Dis baie ware woorde. Vergun my die geleentheid om gou hierdie storie te vertel. Donkiejare terug toe ek begin werk het, het ek saam met ‘n dame gewerk. Tannie Bessie. Nou Tannie Bessie kon kwaad word!!!! Iewers het sy ook gehoor van tel tot tien. Eendag kom ek heel onskuldig by haar kantoor in en hier sit sy : Een F@kken, Twee, F@kken drie, F@kken….. ens…. Ek het my amper slap gelag en toe is sy eers KWAAD!!!!

  4. Pikkelik Junie 4, 2008 at 10:30 vm #

    Ek dink wordpress het nou net my comment gespam…. oi alles is teen my… 😆

  5. Adrie Junie 4, 2008 at 10:50 vm #

    Die een wat eerste sy / haar humeur verloor, het verloor.

  6. demoerin Junie 4, 2008 at 11:01 vm #

    @ meermin..hahaha, teen 1,000,000 het jy seker al vergeet!
    @ BB, ek verkies ook om myself nie met sulke mense te omring nie…..sulke negatiewe goedjies vryf te vinnig af.
    @ pikkelik, solank dit vir tannie bessie gehelp het.
    @ Adrie, baie waar woorde….sjoe op al die blogs lat mense my dink vandag!

  7. Dellie Junie 4, 2008 at 12:18 nm #

    My liefie reken ek het ‘n gesplete persoonlikheid. Die studente kan aanjaag soos hulle wil, ek het nog nooit in amper 10 jaar my geduld of humeur met hulle verloor nie. Smile maar net en verduidelik weer en weer en weer… en maak hulle gemors reg… en verduidelik weer en weer en weer…

    Maar tuis is my draadjie soms baie kort. Seker maar alles wat ek in die sentrum opkrop wat dan moet uit! Ek het eenkeer vir Liefie met wortelslaai gegooi… 😳

  8. demoerin Junie 4, 2008 at 12:35 nm #

    @ dellie, hahahaha, ek het al van blompotte en dies meer gehoor..maar wortelslaai?

  9. Wipneus! Junie 4, 2008 at 3:03 nm #

    Ek het ‘n vreeslike humeur aan my, en kan dan ‘n tantrum gooi wat jou die hasepad sal laat kies, om 2 sekondes later aan te gaan of niks gebeur het nie. Maar ek moet sê dan kry ek vreeslik skaam. (Ek verloor ook gewoonlik net my humeur as ek mense wil beskerm teen seer)
    Maar ek hou maar my humeur agter geslote deure….. ek wil mos nou nie my naam met ‘n plank slaan nie. Lekker inskrywing met ware woorde.

  10. demoerin Junie 4, 2008 at 3:35 nm #

    hahahaha wipneus, ‘n undercover vloermoerer….

  11. Wipneus! Junie 4, 2008 at 4:57 nm #

    Net soos jy daar sê Demoerin….. ek kan lelik demoerin raak 😛

  12. Emil Junie 4, 2008 at 8:01 nm #

    Nou ja, ek moes hier gelees het voor my laaste kommentaar vir Botha!!

    Dellie, my draadjie is ook dun by die huis. Maar dis darem anders as weerwraak … of is dit nou? 😕

    Wortelslaai is gemaak om gegooi te word – geen mens kan dit eet nie!! 😮

  13. demoerin Junie 5, 2008 at 6:57 vm #

    @ Emil, ja nee, gister was maar ‘n wille dag op die blogosfeer..hehehehe. Na aanleiding daarvan gaan ons ‘n lekker groepie uitmaak…hehehehe, blykbaar is die straf vir wrath: “You will be dismembered alive”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: