Objects in the rear view mirror….

5 Jun

Na aanleiding van Meatloaf se liedjie titel, Objects In The Rear View Mirror Appear Closer Than They Are, het ek nou bietjie teruggesit en dink. Die dink gedeelte is elk geval al klaar ‘n sege vir ‘n Woensdag-aand.

Alles in die rear view mirror is dan natuurlik ook nie noodwendig iets slegs, wat besig is om jou soos ‘n lawa-rivier in te haal nie. Telkemale word ek op die blogosfeer herinner, en dankie aan die skrywers, dat ek ook maar bietjie moet terugsit en my seëninge tel. Ja, en ek kan jou belowe dat jy meer as jou eie tien vingers en tone vir hierdie oefening gaan benodig.

Ongelukkig raak die goeie in die hier en nou, soms dan ook bietjie oorskadu deur die Jumbo-Jet in jou spieëltjie wat lyk of hy jou DALK mag inhaal. Ons vergeet dat die wondere wat ons vandag beskore is….nou hier is, in die hede, en dat daai ongelooflike grootse ding in jou spieëltjie net ‘n moontlikheid is vir iets wat dalk in die toekoms mag gebeur.

Net soos wat ons baie bekommerd is oor die toekoms, sleep ons ‘n volgelaaide karavaan van die verlede agter ons ou karretjie saam. Elke dag laai ons nog bietjie by. Ons sleep al so swaar dat ons amper agteruit beweeg, en die wondere wat vandag het, en die toekoms dalk mag inhou word agterweë gelaat.

Ek probeer myself elke dag aan dievolgende herinner: Daar is altyd iemand, iewers wat dit slegter afhet as ek. Ek kon ‘n honger Zimbabwiër gewees het, Ek kon die hawelose onder die brug gewees het, Ek kon die soldaat in die Gaza-strook gewees het, Ek kon die man gewees het wat 9/11 in die Twin Towers gewerk het, Ek kon ‘n Jood in 1940 in Poland gewees het…Ek kon…Ek kon

Die wonder wat die sonsopkoms van elke nuwe dag bring, behoort genoeg te wees vir my om te sê “Dankie”, en dan opstaan en die beste van daai dag maak. En mag die sonsondergang ‘n herinnering wees aan waar jou dag te kort geskiet het. Ek lewe in die hier en nou, more sal wel ook eendag ‘n vandag wees.

15 Responses to “Objects in the rear view mirror….”

  1. meermin Junie 5, 2008 at 7:55 vm #

    Baie mooi hierdie hoor!! Ons haal asem, ons het darem nog kos op die tafel, ek het my twee lieflike wonderlike kinders, ek kan loop waar ek wil wees, ek kan hoor, ek kan sien!! LEEF ELKE DAG ASOF DIT MY LAASTE DAG IS!! Lekker dag vir jou!

  2. Adrie Junie 5, 2008 at 8:22 vm #

    Demoerin

    Dit was ook my lewensfilosofie (een van die baie) dat daar altyd mense is wat slegter af is. Intussen het ek besef dat ek een ongelooflike bevoorregte dame is. Ten minste 50% van die wereld is slegter af as wat ek is. Dit het my laat dink . . .

    Wie is slegter af as die honger jong ma van 3 honger kinders onder die ouderdom van 7 wat sterwend is van vigs met geen hoop vir haar of haar kinders nie? Is daar altyd iemand slegter af?

  3. Dellie Junie 5, 2008 at 8:50 vm #

    Jy laat my diep dink vanmore. Ek het so baie om voor dankbaar te wees. Thanx.😉

  4. Eendjie Junie 5, 2008 at 8:51 vm #

    Hou op dink aan wat ek wil hê en sê liewer dankie vir dit wat ek REEDS het. En ja, tien tone en tien vingers gaan NIE genoeg wees nie!

  5. BB Junie 5, 2008 at 8:59 vm #

    Wow! Jy’t my stil… (virre ruk😉 )

  6. demoerin Junie 5, 2008 at 9:09 vm #

    More almal, voel net demoerin moet bietjie van sy positiewe kant ook ten toon stel…hehehe.

  7. Emil Junie 5, 2008 at 9:10 vm #

    Carpe Diem! Mal oor jou konklusie.
    Pragtig – ek is ook stil.

  8. netjane Junie 5, 2008 at 9:12 vm #

    “more sal ook wel eendag ‘n vandag wees”. Dis so mooi gesê. Ek mis ook baie keer die “vandag” omdat ek so besig is met more en (elke nou en dan) gister.

  9. demoerin Junie 5, 2008 at 9:17 vm #

    Ek hoop nie julle is stil omdat julle verbaas is nie…hahaha, not just another pretty face you know….hahahaha

  10. Pikkelik Junie 5, 2008 at 9:21 vm #

    Ai maar jy is ‘n diep seun demoerintjie, Goed gesê. Hoop jou vandag is ‘n dag van dae!!!!

  11. Wipneus! Junie 5, 2008 at 11:05 vm #

    Voorwaar nie net ‘n “pretty face”, jy het jouself oortref met hierdie inskrywing. Ek het dit baie geniet Demoerin.

  12. Zee Junie 5, 2008 at 11:09 vm #

    Jy laat mens darem maar aan die dinke gaan hoor!!

  13. Emil Junie 5, 2008 at 11:40 vm #

    Pretty face?😯

  14. demoerin Junie 5, 2008 at 11:46 vm #

    BLy julle geniet die post.
    Emil, ek het myself belowe vandag is die dag wat ek nie vloek nie…..gister het dit nie so lekker gewerk nie….hahahaha

  15. TristonJ Junie 6, 2008 at 8:03 vm #

    pragtige inskrywing! en so waar… ons is vers te geneig om in die verlede te lewe… en al daai baggage saam te sleep deur die lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: