Die week in ‘n neutedop….

6 Jun

Nog ‘n week het sy gat gesien, en dit lyk my in die blogosfeer het xenophobia uiteindelik nie hierdie week feesgevier nie. Daar was wel nog ondertone hier en daar tussen die lyne te lees, maar niks om oor huis toe te skryf nie. Verder het die week eintlik ‘n heel positiewe ondertoon uitgestraal en kon jy op ‘n hele paar plekke bietjie daarvan lees.

Sonder om nou te veralgemeen of te stereotipeer, ‘n vrou bly nou maar eenmaal ‘n vrou, en dieselfde held vir die kinders. Gee nou byvoorbeeld aan haar 150 europese bokke, vir klere terwyl jou tas op soek is, en dan vlieg die praktiese by die venster uit en ons gaan koop lingerie, en al wat ‘n rok dra in die blogosfeer dink dit is baie oulik…hehehe.

Kinders sal ook nou maar duiweltjies sonder sterte bly, en ek kon net weer terugdink aan my, my neef en niggies se manewales as kinders. Ongelukkig kan stories nie herhaal word terwyl ons ouers nog leef nie, daar is telkemale polisie, ambulanse, fake-grafte ens. betrokke. Glitter-disco-boude en alcohol induced parenthood het vir ‘n smile gesorg. 

Ek kon agteroor sit en ‘n PC-reisiger wees deur Stockholm, en terugsit en deel in die vreugde van ‘n nuwe baba RickyLouw, klein Mandla..o fok, sorry, ek het gesê die naam gaan stick…klein De Wet. Ek het ook weereens onthou hoekom ek skeer haat, met ‘n moerse passie..maar ek het darem nog nooit soos ‘n bees ter slagting gelyk nie….maar aan die anderkant sal ek dit verkies om nie ‘n girl met ‘n snor of baard te soen nie, hahaha, pasop vir die baard-burns girls!

Na aanleiding van ‘n tag, is daar baie oor die belangrikste dinge in mense se lewens gefilosofeer, en liefde het totaal al al geseëvier. Daar blyk ook ‘n ander persoon in die blogosfeer te wees wat die skoot moer hoog deur het met ‘n uit-die-catalogue girl! Hierdie was nou maar net 1 link, maar julle kan enige van die week se posts gaan lees! So gepraat van dink en denke, mense ons breine moet ook geoefen word, moenie alles sommer net so op die oog af, of uit die perd se bek aanvaar nie. Kennis, en die soeke daarna MOET gepaard gaan met ‘n vrydenkende brein. Gebruik jou grysstoffies.

Kyk , ek verjaar nou op 4 Februarie, en dit maak my ‘n Aquarian, vir wat ookal dit werd mag wees. Ek glo ongelukkig nou nie in die sterre-voorspel besigheid nie, maar het wel ‘n paar interessanthede oor die dag van my geboorte opgespoor. Ondermeer deel ek en Natalie Imbruglia genoortedag en datum, ook 4 Feb babatjies is Mnr Beethoven, Charles Lindbergh en Noodles (ja, noodles ‘n kitaarspeler vir The Offspring). Op hierdie dag op besoek aan België, is Bill gates dan ook deur ‘n Belg aangeval, ja wag vir dit…met ‘n flippen roomkoek! Kyk die aanvaller was definitief nie ‘n Aquarian nie, ons doen dinge ordenkilk of ons los dit!

Haat, rassisme en fundamentalisme het ook hier en daar kop uitgesteek. Kyk, en natuurlik daarmee verdraagsaamheid en ander wyshede. So ook groepering, en die antagonistiese houdings teenoor mense as gevolg van assosiasie. Die Afrikaner is hier ook dan oor die kole gehaal, en ek sal maar verdraagsaam en positief bly, of ten minste my bes probeer. En al vrek die osse, en ek moet uitklim en die wa stoot….êrens gaan ons kom! Ons moet dan ook maar probeer om die humeure te beheer en ‘n wag voor die mond te plaas. Woorde vloei partykeer vinniger as die Vic-falls, sonder om te dink aan die gevolge. Ek pleit skuldig.

Aliens het blykbaar ‘n peeping-tom probleem, en vir verstrooidgeid is daar geen pilletjies nie. Sterkte, neem maar ‘n alkoholiese versnappering, ten minste sal jy dan nie meer worry oor die verstrooidgeid nie! So gepraat van alkohol, snaaks hoeveel keer so ‘n verversingtjie betrokke is as daar iets snaaks gebeur.

Ek het ook geleer Martha Stewart moet ‘n kak kok wees, wie de hel het ooit wyn oor om te vries? Die waarde van ware vriende moet nooit onderskat word nie, jy mag hul nodig kry op die snaakste tye. Wonder bo wonder kon ek ook die woorde “lekker” en “koue winter reën” in een sinnetjie lees, eishhh?

Daar is verder dan nog huishoudings waar spieëls ‘n rare kommoditeit is…of dit is van daai nuwes wat wys wat jy wil sien. ‘n Ander stukkie het my weer geleer dat ons bitter min weet van wat agter ander se geslote deure aangaan, maar dat daar tog mense is wat omgee as hulle weet. ‘n Klein dingetjie kan ‘n moerse verskil in iemand se toekoms maak.

Ek het geleer daar is blykbaar nie ‘n deadline op trou nie, en as die ouderdom die plumbing ingehaal het is daar darem blou pilletjies beskikbaar. My grootste verbasing hierdie week was dat ek BAIE meer van wiskunde en ingenieurswese af weet, as wat ek gedink het! Al die kak wat op SABC uitgesaai word het dan heel moontlik iets met jou toilet te doen, nogal ironies?

Pieter de Villiers het dan verder ook sy spannetjie aangekondig, en ek gaan hom die benefit of the doubt gee tot na die eerste game! Sterkte aan die bokkies vir more!

Ek gaan afsluit met my huiswerk wat deur Meermin uitgedeel is, wat is die belangrikste vir my? Ek sal myself dan ook skaar by die familie, vriende ens. sieninge wat ek oral raakgelees het, maar meer belangrik is dat ek die absolute beste van elke God-gegewe dag maak. As my lewens-movie op my sterfbed voor my oë afspeel, moet dit Oscar materiaal wees. Every day to the full, no regrets, but learn from your mistakes.

Nou stuur ek ‘n skietgebedjie op dat al die links werk, en bewaar julle fokken siele as dit nie gebruik word nie! En o ja, enige ekstra hits wat julle kry, sal ek later royalties voor kollekteer…. hahaha.

Geniet die naweek, lekker rugby kyk!

28 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. Rustig Junie 6, 2008 at 9:42 vm #

    Goeie en lekker naweek vir jou met die voete hoog en rus vir die siel.
    😉

  2. neykie Junie 6, 2008 at 9:48 vm #

    Spot jy dalk met my? whahaha😆

    Wel is dit nie lekker om koud te kry nie? Die idee is dat jy moet uitsien na ‘n warm lyf wat jou kan warmhou in die aande…..

    Lekker naweek vir jou

  3. krista Junie 6, 2008 at 10:05 vm #

    Baie goed saamgevat!

  4. netjane Junie 6, 2008 at 10:13 vm #

    Hierdie weeklikse inskrywings van jou is vir my Oscar materiaal!🙂

    Lekker naweek – ons hou alreeds naweek, vandag Swede se nasionale dag.

  5. Emil Junie 6, 2008 at 10:21 vm #

    Alweer briljant raakgevat. Like veral die Alien verwysing – dit bly ‘n grillige affêre daar by kaalvoet😉

  6. demoerin Junie 6, 2008 at 10:41 vm #

    @ Rustig Saterdag=heen en weertjie na durban=neefs=alkohol=rugby=eishhhh=definitief ogelukkig nie rus vir my siel…hahaha
    @ neykie, waarheid kon nog nooit spot wees nie? Haat koud kry, maar seker ok maar net omdat ek ‘n bed met myself deel…meeste van die tyd elk geval.
    @ netjane, nog meer jaloers!
    @ emil…hahaha…Big Brother is watching us….en lag seker hulle gatte af vir die klomp earthlings!

  7. Dellie Junie 6, 2008 at 10:51 vm #

    Aaahhh, dankie, ek het my fix gekry.:mrgreen: Nou is ek reg vir die naweek.

    NS. Het jy Fokk en Kakabooi se voorgestelde “vigilante” beweging gesien by BP? Jy het ook ‘n joppie…😆 Dis by die vroumense-vrek-nie-so-maklik-nie pos.

  8. Pikkelik Junie 6, 2008 at 10:51 vm #

    Hiiiiieeeeeehaaaaa! Links!!! Dankie Demoerin ons diepseun. Jy het nou net my dag gemaak! Wag laat ek gaan lees… 😆

  9. Wipneus! Junie 6, 2008 at 10:52 vm #

    Ek het net gou my weeklikse “fix” kom haal, en jy het nie teleurgestel nie.
    Die week het uiteindelik lekker uitgedraai, lyk of die baklei klaar is (Sjoe wipneus vee die sweet van haar voorkop af)

    Dankie Demoerin!
    Lekker naweek vir jou ook!

  10. Roer Junie 6, 2008 at 10:54 vm #

    Dankie DMI. In plaas van deur alle blogs gaan om te sien wat’s nuut en/of interessant, kan ek sommer nou hier kom lees elke Vrydag. Hoop jy hou aan hiermee.

  11. Zee Junie 6, 2008 at 11:03 vm #

    Cool!!!

    Het ‘n hele paar inskrywings gemis die week, maar nou vang ek hulle gou op deur ons weeklikse “fix”😛

  12. Emil Junie 6, 2008 at 11:29 vm #

    😆 ons sal jou moet terugbetaal vir die ekstra hits!! Miskien ook weekliks na jou toe link😉

    Soek nog steeds ‘n toekomsblik!

  13. Eendjie Junie 6, 2008 at 11:32 vm #

    Weereens welgedaan! Ek gaan nou gou lees oor die aliens…..

  14. demoerin Junie 6, 2008 at 11:48 vm #

    En hierdie fix is for free, dan kan julle die gespaarde geldjies op lekker wyn uitgee. Dit is juis weer naweek, heeltyd, speeltyd!
    @ Emil, moenie worry nie, dit is Vrydag en ek is in ‘n goeie luim, die hits is for free..hehehe

  15. sonneblomseplekkie Junie 6, 2008 at 11:55 vm #

    Hi Demoerin, eerste keer wat ek hier loer. Lyk my jy maak die blogwereld makliker vir ons hehehe…ek gaan ook nou eers lees oor die aliens. Lekker naweek
    Sonneblom

  16. neykie Junie 6, 2008 at 12:11 nm #

    demoerin dan moet jy verseker iemand kry om jou warm te hou op kou dae?

  17. Von Junie 6, 2008 at 12:13 nm #

    My eerste keer hier Demoerin – jou blog is handiger as INFO. Ek dink jy’s die weeklikse HERALD van die blogruim. Lekker gelees! Geniet waarmee jy jou ookal hierdie naweek gaan besig hou.

  18. Scorpio Junie 6, 2008 at 2:44 nm #

    Ook ‘n 1ste vir my en sal beslis weer hier kom loer.

  19. costello Junie 6, 2008 at 3:59 nm #

    Nou toe nou- reis veilig…mag die bokke wen…mag ons nog slimmer volgende week wees.

  20. demoerin Junie 6, 2008 at 5:53 nm #

    Hallo almal, neykie werk nog aan daai een. Glo dit of nie, 6 uur en nog by deiw erk besig met een of ander Greece crap. Elk geval, lekker naweke en sien julle volgende keer!

  21. Da Mario Junie 8, 2008 at 8:42 nm #

    Aquarians is goeie mense.😀

  22. demoerin Junie 9, 2008 at 6:52 vm #

    DM, Aquarians is BAIE goeie mense..hehehehe

  23. BirgitB Junie 9, 2008 at 8:03 vm #

    Baie BAAAAAAIE goed, ja DM😉 – Masters of Disaster ‘n all that jazz…..

  24. BB Junie 9, 2008 at 8:04 vm #

    Og, wat ek eintlik wou sê – great post DM’in:mrgreen: – dis nogal snaaks soms, hoe mens ‘n inskrywing lees en dan ‘n eier onderaan wil lê en die een of ander comment sidetrack jou en… ja ok, BiekieBlond v’ogint!!

  25. René Junie 9, 2008 at 8:59 vm #

    /me voel bietjie afgeskeep😦
    :mrgreen: Oulike post!

  26. platterfuss Junie 10, 2008 at 7:58 vm #

    (((((((((((((demoerin)))))))))))))))

  27. Johan Swarts Junie 11, 2008 at 1:11 vm #

    hehe, ‘n baie goeie opsomming. jy het my nou lekker laat glimlag.

  28. demoerin Junie 11, 2008 at 8:12 vm #

    Ek sien al klaar uit na die week se post! Altyd pret.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: