Die lewe van ‘n jet-setter…

9 Jun

Met alle goeie voorwendsels is ek Vrydag by dei werk weg, met die idee om vroeg in die kooi te kom. Ha, daai voorwendsels is toe nou sommer vinnig-vinnig by die venster uit en ‘n bottel Johnnie Walker Black, op eishhh, later is demoerin toe nou omtrent eers 11 uur in die bed. Ek het darem nie die bottel alleen gepolish nie, nog geen rede dus om die AA-polisie oor te stuur nie!

Saterdag-oggend 4 uur op, en teen 5 uur oppad lughawe toe. Nou kyk, ek het nie die beste track-record sover dit betyds wees vir vlugte en so meer nie aangaan nie. Ek was toe nou natuurlik heel trots op die feit dat ek in my sitplekkie vasgegordel was nog voor opstygtyd. Ek moes geweet het dit is te goed om waar te wees, en dat vlieg nooit bedoel was om vir my so ‘n smooth-flying experience te wees nie. Nadat ons so bietjie rondgesit en wonner het, bulder die air-hostess met so ‘n regte trompetter stem daar van voor af dat die PA sisteem foutief is, en dit moet reggemaak word voor ons kan vlieg.

Na nog so ‘n rukkie kom die pilot se stem, tot ons groot opgewondenheid oor die PA-system. Geluk was egter van korte duur, want die PA-system vir die air-hostesses werk toe nou nog nie. Nadat hulle toe nou een of ander boksie vervang het, en die vliegtuig afgeskakel en weer opgestart het was daar nog geen lewe in die stelsel nie. Hoe nou gemaak, nee, ons moenie worry nie, daar is ‘n vliegtuig so 2 doors down. OK, maak maar al jou goedjies bymekaar en vat die pad, op met die sky-bridge, deur departures en weer af in die ander sky-bridge. Daar staan ons toe nou. Die ander vliegtuig het net nou-nou gearriveer en is nou besig om skoongemaak te word. Die bagasie, kos en so meer moet ook nou oorgeskuif word.

So vyftien-minute later maak een van die ACCSA tannies weer haar verskyning, en sê dat ons oorspronklike vliegtuig nou weer gefix is, eendjies-eendjies-stap-in-‘n-ry….hier gaat ons toe nou weer. Uiteindelik arriveer ons toe nou 2 ure later as verwag in Durban! My hele doel vir die afgaan was om die Durbs fandamily te verras, en sodoende daarmee my neef se 2 dogters se dedication by te woon. Die seremonie verloop glad, en na die tyd geniet ons toe nou ‘n paar snackies en so aan. Hulle vra ons moet toe weer sit….

Die neef gaan toe af op sy knieë en vra die groot woord. Genugtig, was ons geskok…ons wag al 10 jaar vir die dag. Om dit toe nou nog erger te maak, die tweetjies beplan die ding toe nou skelmpies vir ‘n week, en hulle kondig aan dat terwyl die dominee daar is, gaan die troue gebeur.

Kyk soveel van onbeheerde snot en trane het ek nou lanklaas aanskou, en dan natuurlik die feesvieringe daarna…seker maar oor die happy-geid, maar ook om die skok te verdrink. Toe was daar natuurlik nog rugby ook en ek was definitief nog goed aangeklam toe ek die aand 8.30 op die airie klim. Die goeie punt was dat dit seker my korste vlug in history was, want die air-hostess moes my wakker maak om van die vliegtuig af te klim, hulle het selfs my ‘n rolstoel aangebied. Ek was so 11 uur in die bed…fodde.

Gister oggend vroeg op vir kerk en toe natuurlik ‘n vriendin se 60ste verjaarsdag lunch waar die Pomgratz champers en Springfield SB vrylik gevloei het, daarna nog ‘n after-party by vriende se huis.

Ek voel darem heel ok vanoggend, ek dink wel egter my alkohol telling is nog vêr oor die limiet. Ek dank egter my sterre vanoggend dat ek nie ‘n onuitputbare geld-put het nie, ek is nie aanmekaargesit vir die lewe van ‘n jet-setter nie!

In the mean time I will continue to bask in Bacchus’ favour for the next few days, whilst the torrents of alcohol are slowly drifting through my blood.

16 Responses to “Die lewe van ‘n jet-setter…”

  1. Gatvol Junie 9, 2008 at 7:47 vm #

    Lekker uitrus hierdie week🙂

  2. Jaco Junie 9, 2008 at 8:10 vm #

    Na so naweek moet ‘n man werk toe kom om ‘n bietjie te rus

  3. Adrie Junie 9, 2008 at 8:38 vm #

    Demoerin

    WHAAAHAHAHAHAHA!!!!! Lyk my die ouderdom tree erg in.

    Ek wens ek kon die gaste se gesigte op die troue sien. My idee van hoe ‘n troue moet wees.

  4. Emil Junie 9, 2008 at 9:00 vm #

    Nice storie. Pasop dat die moraliste jou nie tackle oor slegte drank gewoontes nie! Hemels, ek sal vakansie moet neem na so eskapade. Goeie keuse van wyn, daardie. Het self gister ‘n paar champers geklap wat my toe noop tot filosofie. Ek probeer self vanoggend die kloutjie by die oor kry oor my onlangse inskrywing.

    Rus die week maar goed uit, want die volgende naweek is al weer ‘n lang een. En daar is weer ‘n paar wynproewe gereël, en sommer net lekker drink-sessie. Ek het ‘n spesifieke wyn wat ek wil probeer en ‘n resensie oor skryf. Dit is nie Springfield nie!

    Lekker rus!

  5. Rustig Junie 9, 2008 at 9:05 vm #

    Dankie Emil! Ek wou hom mooi vertel het van die euwels van drink, maar ek sien jy gaan dit sommer volgende naweek doen.🙂
    Demoerin: dit is altyd die onbeplande dinge wat die lekkerste is.

  6. netjane Junie 9, 2008 at 9:29 vm #

    😆 @ die rolstoel aanbied! Klink of dit ‘n uitstekende naweek was!

  7. demoerin Junie 9, 2008 at 10:30 vm #

    Ek gaan rerig bietjie probeer rus Jaco & Gatvol, maar nou ja, there is never rest for the wicked!
    Adrie, pasop vir jou!, ek kan eerlikwaar sê dit was een van die lekkerste troues ooit.
    Emil, ek moes vanoggend baie hard dink toe ek jou post lees, dit was amper eintlik seer! hahaha
    Netjane, so snaaks as wat dit was, was ek nie impressed nie! hahaha
    Rustig, die wonderbaarlikste is dat ek alles kan onthou, wel ek dink so? Ek hoor net iemand van die troue party sê iets van 250 “Blue Steel”-look foto’s. Ek kan nie daai so lekker onthou nie…en blykbaar het ek van hulle geneem. Sal maar wag en sien!

  8. Pikkelik Junie 9, 2008 at 11:26 vm #

    Nou wonder ons net, jy het nie dalkies iewers in jou Bachus-omswerwinge ook die jawoord gevra nie??? Whahahaha!!! Toe vlieg jy hoog terwyl jy hoog vlieg!

  9. demoerin Junie 9, 2008 at 11:29 vm #

    hahaha Pikkie, nie waarvan ek kan onthou nie, die naam Carrie kom egter gereeld in my brein op maar ek dink dit het iets met daai blue-steel foto’s te doen! hahaha

  10. Rustig Junie 9, 2008 at 12:15 nm #

    Ek hoop nie dit is dieselfde Carrie van Stephen King nie! Dan het jy ‘n probleem.

  11. demoerin Junie 9, 2008 at 12:32 nm #

    hahaha @ Rustig, die bietjie wat ek wel onthou…glad nie!

  12. Wipneus! Junie 9, 2008 at 12:32 nm #

    😆 Jy het feeste gehad met jou jet-setter naweek!!

    Lekker week vir jou!

  13. BB Junie 9, 2008 at 12:40 nm #

    :mrgreen: – Watta weekend!!

  14. TristonJ Junie 9, 2008 at 12:51 nm #

    lol… maar jy kan darm n storie vertel, ek is nogal bekomerd oor die hoeveelheid bloed in jou alcohol stroom

  15. Zee Junie 9, 2008 at 11:20 nm #

    AA, wat is dit nou weer. DMI, klink of jy dit darem lekker geniet het, en dis eintlik al wat saakmaak, hoe voel jy nou na n daggie terug by die werk, al bietjie uitgerus?😛

  16. demoerin Junie 10, 2008 at 6:54 vm #

    Mense, met so ‘n begin vir die week, kan dit net goed eindig. Dit is nogal sad dat ek die week nogal besig by die werk gaan wees…..nou ja, kan seker nie altyd rondsit en niks doen nie…hehehehe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: