In die maalstroom…..

10 Jun

Demoerin bevind hom in ‘n maalstroom die week, ek word deur werk weggevoer en spartel vir al wat ek werd is om kop bo water te hou.

Nou wie ooit gedink het dit gaan beter wees om vir geld te werk, om sodoende die benodigde te kan aankoop, en dan op die manier die ekonomie van die wêreld aan die gang te hou….moes aan erg poepholisme gely het.

Ek dink dan verder dat ek ‘n uistekende minister sou gemaak het. Lekker salaris, nie te veel te doene nie…wel doen maar net wat jy wil in elk geval, en lees papiertjies voor wat deur al jou indiaantjies voorberei is. Toer die wêreld vol en sê wat jy wil, want jy kan dit more deny asof dit nooit oor jou lippe gekom het nie.

Ek moet seker dan maar nou skouer aan die wiel sit en ophou moan, ek hoop ten minste ek wek ‘n greintjie van simpatie op daar buite in die blogosfeer.

Ek sou nog heel happily my 4 tamaties vir jou 1 pampoen geruil het.

18 Responses to “In die maalstroom…..”

  1. Roer Junie 10, 2008 at 7:35 vm #

    Dis nie te laat om ‘n Minister te word nie. Bribe of bevark iemand.😉

  2. Adrie Junie 10, 2008 at 8:27 vm #

    Cheap skate

    My pampoen is meer werd as jou 4 vrot tamaties. 😆

    Erenstig, ek is bly dat ek kan werk. Anders moes ek sokkies gestop het.

  3. Jaco Junie 10, 2008 at 8:47 vm #

    Troos jou aan die feit dat jy nie alleen is nie. Maar werk is sooooooo previous regime. Ek is seker dis apartheid se skuld.
    Wat bied jy te ruil vir my emmer boontjies?

  4. René Junie 10, 2008 at 8:52 vm #

    my hart bloei vir jou!

  5. demoerin Junie 10, 2008 at 9:11 vm #

    @ Roer, ek dink eintlik nie ek sou ‘n goeie minister wees nie, te veel staatsbesoeke aan Italië.
    @ Adrie, dan maak ons dit nou maar tomato-paste vir jou pampoen…hehehe
    @ Jaco, emmer is dalk te veel, maar ek dink dalk ek sal ‘n liter vars melk kan afstaan!
    @ Rene….dankie, moet net nie te veel bloed verloor nie.

  6. platterfuss Junie 10, 2008 at 9:32 vm #

    *grinz* ek het perdemis te ruil vir… whatever?

  7. Emil Junie 10, 2008 at 9:45 vm #

    Tough life😕

  8. demoerin Junie 10, 2008 at 9:51 vm #

    @ platter, glo nie perdemis is goed vir enigiets nie…maar ek wil wil nou van daai Steve CD ontslae raak…hehehe
    @ Emil, ek moes die sarkasme eers van dei screen afvee voor ek kon lees..hehehe

  9. netjane Junie 10, 2008 at 10:05 vm #

    /strek behaaglik op die bank uit.

    Het ek al genoem hoe lekker dit is om nie te werk nie?:mrgreen:

    Jy moet vir jou ‘n vroulike weergawe van ‘n husbank kry DMI.😉

  10. Pikkelik Junie 10, 2008 at 10:35 vm #

    Dmi – ek het veevoer en mieliemeel te ruil (amper vergeet ek, moer baie skuld ook) wat kan ek daarvoor kry – ‘n pakkie peanuts miskien…

  11. Emil Junie 10, 2008 at 1:19 nm #

    😆 ja bietjie verskuilde sarkasme. Die een oomblik post jy oor jou exiting jetsetting lewenstyl, en dan … karplanks is jy in die maalstroom! Toe wonder ek net … jou eiei toedoen?

  12. BB Junie 10, 2008 at 2:53 nm #

    Ek haat die rat-race met ‘n passie – maar ‘hulle’ sê mos eers werk jy om te hê en as jy het moet jy werk om dit te hou… ek persoonlik sal met gemak in ‘n ou vissershuisie by die Weskus gaan bly en met net die noodsaaklikste lewe… maar toe’t ek loop staan en kinders maak en hulle willie soos ek willie:mrgreen:
    NetJane – waar kry mens ‘n husbank???

  13. netjane Junie 10, 2008 at 3:24 nm #

    ‘n Husbank BB? Op die internet.:mrgreen:

  14. demoerin Junie 10, 2008 at 6:39 nm #

    Netjane, as daar enige sugarmammies met geld daar buite is, ek kan ‘n huisman word! Pikkie, ek hoop daai skuld kom saam met geld, anners soek ek dit nie..hehehe. Emil, as dit my eie toedoen was, sou ek myself gebliksem het, nee die deadlines en goed werk maar snaaks hier by ons. hahaha @ BB, can’t have it all?

  15. demoerin Junie 10, 2008 at 6:40 nm #

    Sugggg….van verligting….nou gaat ek huis toe!

  16. Wipneus! Junie 10, 2008 at 7:51 nm #

    Demoerin ek hoop môre gaan ‘n beter dag wees vir jou😆 Dit gaan net so rof met my, dis hoekom ek eers so laat hier instorm.

  17. demoerin Junie 11, 2008 at 8:06 vm #

    Ag, demoerin voel sommer beter vandag. Snaaks hoe ‘n post jou ‘n nuwe uitkyk kan gee!

  18. Blixer Junie 11, 2008 at 1:54 nm #

    Ek ken die gevoel- dit is ‘n gevoel van stop die wereld ek wil af!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: