TSDS…. 6.Envy

11 Jun

Die Groen Monster, daai ding wat knaag hier aan die binnekant tot jy uitgaan en ‘n tweede verband op jou huis uitneem, om as deposito neer te sit op ‘n stelletjie his and hers and kids quad-bikes. Die bure het sulkes…..we have to keep up with the Joneses.

 

Envy, van die Latyn invidia, is seker een van die doodsondes wat die meeste kere op jou alledaagse pad gaan voorkom. Nou waar greed gewoonlik te doen sou hê met geld, neem envy ‘n meer algemene vorm van begeerte aan, bv. Jaloesie. Daai begeertes vir wat ander het, want jy sien dit as ‘n tekortkoming by jouself.

 

Vanna Bonta het teregtelik uitgewys:

“Where you see valid achievements or virtue being attacked, it’s by someone viewing them as a mirror of their own inadequacy instead of an inspiring beacon for excellence.”

‘n Bietjie gesonde, let wel GESONDE jaloesie sou ek nou nie afskryf as ‘n verkeerde ding nie. Ek glo dat dit jou sal kan aanspoor tot selfverbetering, jou dryf om die beste te wees wat jy moontlik kan wees. Dit moet egter nie so ‘n allesverterende begeerte vuur word, sodat jy jou blik op die realiteit verloor, of wat jou alreeds beskore is, en jy aanhou mik na nog, tot nadeel van jouself en jou naaste nie.

 

Die advertensiebedryf weet presies hoe om hulle kaarte te speel. Gedryf deur hul wete dat ons elke dag nuwe toys by vriende en familie raakloop, of dit nou ‘n Plasma TV of die nuwe Weber braai is, en dat ons op ons daaglikse roetes nuwe karre al die pad werk toe en terug sien, word daar uur na uur op die TV, en bladsy na bladsy in tydskrifte mooi prentjies geskilder van hoeveel beter jou lewe met ‘n sekere nuwe item sou wees.

 

Harold Coffin het gesê:

“Envy is the art of counting the other fellow’s blessings instead of your own”

Ander mense is mos almal soveel gelukkiger, soveel slimmer en soveel meer aantreklik as wat ek is. Ons moet begin raaksien dat ons elkeen ons eie, unieke lewens ly. En dat as ek wel ‘n jobbie het, kos om tee eet en ‘n dak oor my kop – dat my bestaan nie so bad is nie, in teendeel, daar is miljoene daar buite in die wêreld wat die basiese begeer.

 

Thomas Fuller het gesê:

“Nothing sharpens sight like envy”

Die media speel op die amper minderwaardigheisgevoel wat posvat onder mense. Jy sien vir Jane Fonda met ‘n perfekte vel op ouderdom 60, en mamma moet uitspring winkel toe om daai roompie te gaan kry….min wetende dat Jane dalkies al ‘n face-lift of twee ager die rug het. Die ekonomie word gedryf deur advertensiehuise, met die uiteindelike doel om soveel moontlik geld vir hul kliënte te genereer, sodat hulle hul fooie kan regverdig. En jy is die een wat die geldjies uitgee!

 

Daar is sekerlik niks fout met jouself so nou en dan bederf nie, maar maak tog seker dit is iets wat jy nodig het….nie ‘n impulsiewe kopie want Sarie het so ‘n een nie. Ons moet begin raaksien dat ons elkeen ons eie, unieke lewens ly.

 

Bertrand Russell het geskryf:

“Envy consists in seeing things never in themselves, but only in their relations. If you desire glory, you may envy Napoleon, but Napoleon envied Caesar, Caesar envied Alexander, and Alexander, I daresay, envied Hercules, who never existed.”

Hoe ‘n ander persoon lyk, of wat hulle het of doen, is dikwels in die begeerte opgesluit. Ons volg soms blindelings ‘n persoon na, sit hulle op tamatiekissies en word verswelg deur die strewe om soos daai persoon te wees. Min wetende gewoonlik, dat daardie persoon tog maar net mens is, met hulle eie tekortkominge en dat jy heel moontlik nie bedoel is om op jou lewenspad ‘n Napoleon te wees nie, maar dalk eerder ‘n Ghandi?

 

Die ding is, JY is JY, en as jy tot jou volle potensiaal uitgestyg het, en die beste persoon is wat jy kan wees, of nog streef om te wees, het jy jou lewensdoel bereik. As jy bedoel was om ‘n Rothschild of ‘n Oppenheimer te wees, sou jy daai van gedra het. Verheug jou eerder in die voorregte wat jou beskore is, want daai dikwels basiese gelukkies, word deur miljoene ander begeer.

 

Ten minste weet ek ook nou ek het iets wat ander begeer, Oscar Levant, die Amerikaanse klavierspeler en skrywer het gesê:

“I envy people who drink – at least they know what to blame everything on”

Advertisements

21 Responses to “TSDS…. 6.Envy”

  1. Adrie Junie 11, 2008 at 9:17 vm #

    Jaloesie is verseker my doodsonde. Wat myne is, is myne – karring daarmee en jy kan dalk (verseker) jou lewe verloor.

  2. Wipneus! Junie 11, 2008 at 9:53 vm #

    Demoerin dis alles so waar. Ek is self skuldig hieraan, wel waar dit by die roompies kom. Ek het al vragte rome en duiwels drek op my spieëlkaste. Miskien moet ek maar daardie roompie probeer kyk hoe mooi lyk die girl se vel. Haaa!!! hulle vang jou alweer. Ek is ook vreeslik jaloers oor mooi skoene en handsakke…… ander goedjies pla my nie. Ek is maar ‘n stoute vroumens waar dit by die 3 goed kom. Dit help nie ek kan nie voorgee dat ek nie skuldig is aan dit waaroor jy vanoggend vir my vertel nie. Maar ek soek nog goeie berading….. 😈

    Lekker dag

  3. Emil Junie 11, 2008 at 10:00 vm #

    Uiteindelik ‘n sonde waaraan ek minder deel het. Nie 100% geen deel, maar darem net 1% deel 😉

    My telling is dan nou 5 uit 6 – daar is hoop op redding!

    Ek dink ‘n gesonde stukkie jaloese is goed – iewers moet ambisie ‘n oorsprong kry. Dit raak ‘n probleem as dit eers “all consuming” word. Maar dan weer, as ‘n mens diep gelukkig is in jouself is die begeerte om soos die Jones te wees seker nie sterk nie.

  4. Pikkelik Junie 11, 2008 at 10:41 vm #

    ‘n Mens moet die fyn onderskeiding maak tussen strewe en jaloesie. Ek strewe daarna om vir my kinders ‘n beter lewe te gee… Maar ek is nie jaloers op ander wat ‘meer’ het as ek nie. Op die einde van die dag het ek wat baie ander begeer. Vreugde, vrede, geluk, liefde, ens… Dis omdat ons menswees deesdae aan jou materieële gemeet word, wat jaloesie sulke afmetings aanneem…

  5. rosalindfranklin Junie 11, 2008 at 1:06 nm #

    Ek hou van Bertrand Russell, ek wonder of ek hom envy…??

    Nice post!

  6. Blixer Junie 11, 2008 at 1:38 nm #

    Envy-mmmmhhh! Okei ek sal dit erken-ek is baie male ‘envious’, maar is ons almal nie maar so nie………..

  7. demoerin Junie 11, 2008 at 1:39 nm #

    Cool, sien nou eers ek het my eerste mylpaal behaal…5000 hits. Elke geval, sjoe Adrie, dit is wild…hehehe. Wipneus, ek dink daaraan om ‘n dood-sonde ondersteuningsgroepie te stig….Emil as voorsitter..hehehe. Pikkelik, ja dit is die ewewig…om te besef wat jy het IS eintlik baie, gemeet aan dit wat miljoene daarbuite het. Dankie vir die kompliment Rosa!

  8. demoerin Junie 11, 2008 at 1:40 nm #

    Nee man Blixer…hoekom dan nou so? Absoluut geen rede nie sou ek sê!

  9. demoerin Junie 11, 2008 at 1:42 nm #

    Bietjie vergeet om julle van die strawwe vir Envy in te lig…hierdie week is daar twee, so pick the one that suites you best: Die toewerk van jou oë met draad, of gedompel in yswater.

  10. Blixer Junie 11, 2008 at 2:12 nm #

    Demoerin ek wil tog so graag ‘n ou babatjie he, maar ek sal maar envious bly… ek kies die dompel in koue water- sal surfing op Blouberg in Junie as koud genoeg bestempel word?

  11. Adrie Junie 11, 2008 at 2:48 nm #

    DMI

    Ek dink ek bly maar eerder ongestraf, Dankie.

  12. demoerin Junie 11, 2008 at 3:38 nm #

    @ Blixer, ek veronderstel dit sal bietjie erger as leeu-koud wees, en dan nog meer aanhoudend.
    @ Adrie, sover ek kon sien was daar net 2 opsies..hehehe

  13. Dellie Junie 11, 2008 at 4:36 nm #

    No comment. :mrgreen:

  14. Dellie Junie 11, 2008 at 4:42 nm #

    Ek wou dit nog altyd doen. :mrgreen:

    Ek dink mens raak jaloers op iets of iemand omdat jy onseker voel van jouself en jou situasie. Jaloesie tussen paartjies, kan hulle verskriklike goed laat “sien”. In ons vriendekring was daar so ‘n geval. Ons is nogal almal touchy-feely mense, gee graag drukkies en so aan. Toe hulle in ons groepie beland, wou die man elke keer blou aapstuipe kry as iemand sy vrou hello druk. En dis nou rerig nie dat daar aan haar gehang word nie. Hy het selfs ‘n paar keer sommer net pad gevat, eenkeer vanaf ‘n vakansie oord, en huistoe gehike. Eish, dit het nogal ‘n paar jaar en baie praat geneem voordat dit tot hom deurgedring het dat niemand sy vrou wil bed toe sleep nie, die drukkies is onskuldig!

  15. Adrie Junie 11, 2008 at 6:03 nm #

    Dellie

    Whahahahaha – lekker, kry vir hom.

    Ek weet van ‘n geval waar ‘n man sy dominee (‘n vrou) altyd teen haar sin ‘n soengroet het. Haar man (ook ‘n dominee) het die eendag besluit om die ou ‘n les te leer. Die ou soengroet weer vir Mev Dominee en steek sy hand uit na Mnr Dominee. Daar pluk Mnr Dominee hom nader en gee hom ‘n klapsoen op die mond.

    Die ou wil nogal verontwaardig raak. Mnr Dominee het net gese: As jy my vrou kan soengroet, kan jy seker vir my ook soengroet.

    Die ou het glo nooit weer enige een van die dominees gesoengroet nie.

  16. Emil Junie 11, 2008 at 9:09 nm #

    Ek sal moet filosofeer oor jaloesie!

  17. Wipneus! Junie 11, 2008 at 9:36 nm #

    Geluk met jou 5000 hits 🙂

  18. Jasper Junie 11, 2008 at 9:49 nm #

    Ek dink ek moet meer begin drink 😈

    envy klink soos ‘n pynlike affere

  19. demoerin Junie 12, 2008 at 6:50 vm #

    @ Dellie, snaaks hoe emnse nie partykeer iets net as vreindskap kan raaksien nie…
    @ Adrie, whahahaha, dit is so snaaks
    @ Jasper….ja, en dan sal jy nie omgee nie, en ander sal dit begeer!

  20. meermin Junie 12, 2008 at 7:15 vm #

    môre môre

  21. demoerin Junie 12, 2008 at 7:22 vm #

    Hi meermin, weer oppie been?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: